Net ingeval julle nie die grappige gevoel kry nie, hierdie is net ‘n grap, en nie bedoel om ernstig opgeneem te word nie!
Gister het ons n artikel geplaas van Frans Ludeke se “brief aan Oom Murray”.
Ons het egter dit net regverdig gevind om darem nie ‘n vooroordeel te wys teen die Bulls nie, so hier is ‘n “brief” wat Allister al vroeg in die Super Rugby seisoen ook aan Oom Murray geskryf het.
Geniet hom!
MeneerTV
Beste Oom Murray,
Dis koud en nat in Nieu-Seeland en ek verlang huistoe na ’n gatsby* of twee.
Sien, my span speel ál hoe kakker en ek dink die mense is besig om dit agter te kom. Kyk, ek weet ons is nie groot op drieë druk nie, want dis te moeilik om ouens te leer. Buitendien vergeet Fleckie in elk geval elke oefensessie wat hy wou doen.
Het Oom al sy hare gesien? Hy vergeet dan selfs om dit in die oggende te kam.
Ons het laasjaar besluit om ’n meer aanvallende game te begin speel (nudge-nudge, wink-wink) omdat mense ons wéér beskuldig het dat ons die minste drieë van almal druk.
En Thelo “Two breakfast” Wakefield, my tjommie en WP se rugbybaas, het my laat weet dat hoewel hy altyd vir my sal cover, maak nie saak hoeveel kak ek aanjaag nie omdat hy en sy familie Crusaders-supporters is, hy weet dat daar ander mense in die Kaap is wat actually wil hê die WP en Stormers moet vir ’n slag ’n beker wen.
Maar net om mense te fool, het ons laasjaar voor die Currie Cup Final begin met ’n nuwe manier van oefen. Ons het by die Caltex refinery in Table View 15 dromme gaan leen en hulle swart en wit geverf sodat hulle soos die Sharks lyk.
Ek en Fleckie het eers met ’n paar agterlyn moves begin en na ’n week het ons teen die dromme begin oefen. Alles het moerse goed gegaan en ek dink ons was akkuraat met die uitvoering van ons spelpatroon en ons het gehou by ons strukture.
Die enigste probleem was dat die dromme 17-6 gewen het. Maar ek is trots op die manne. Dis hoekom ek positief is oor vanjaar. Want as alles goed gaan, gaan ons weer die Nieu-Seelanders help. Help net met raad dat die lojale WP-ondersteuners nie my meesterplan agterkom nie.
Allister vannie Kaap
Oom Murray antwoord:
Ja-nee ou swaer, ek voel jou pyn. Laat ek jou eerstens geluk wens met jou span se kak vertonings die laaste paar jaar.
In vier jaar, waarin julle in ’n Superrugby-final, semi-final en ’n paar Curriebeker finals gespeel het, het julle net een Curriebeker gewen.
Met al die talent tot jou beskikking is dit ’n fenomenale prestasie. Knap gedaan!
Jy het een van twee keuses: Maak doodseker dat Thelo jou aanhou back, want dan kan julle aanhou om Kaapse rugby skouspelagtig op te fok en Nieu-Seelandse rugby nóg gunste te bewys. Of jy kan bedank. Ek is seker dat ander rugby-unies jou gaan opraap. Nes met Pieter “Snorre”de Villiers gebeur het.
Want hoe anders verklaar jy dat beide Nick Mallet en Rassie Erasmus elkeen na ’n kort rukkie hulle tasse gepak en gefokof het uit WP Rugby?
Groete uit Stilbaai.
Oom Murray
* So lyk ’n Gatsby!
Die Gatsby, uitgespreek ghêtsbie, is ’n gewilde Kaapse fast-food gereg en uitstekend vir comfort eating wanneer jou span alweer op sy moer gekry het.
Brilliant
@ ryecatcher:
Brilliant Dan.Not me.
Lol, it must be hard for AC having to work with the legendary “Laid back” Robbie, “Two breakfast” Thelo, “Whole day breakfast” Matt, “Silent” Gert and “Sigmund” Gericke amongst others. They only need to appoint “Silver tongue” Divvie to complete the circus.
Waar is Nakkie se brief?
As dit vol spelfoute is, sal ons verstaan.
Daai Gatsby lyk moosa lekker hoor, amper so lekker soos Fern se ‘katkop’ (bunny chow).
We received an Official Complaint from the WP Rugby Union!
They have made objection to the contents…
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
They say the Picture of Allister Coetzee knitting is inappropriate, it is from a private collection of Allister’s, and not for public consumption!
Hahaha
PS! Just joking!
From that pic, if AC could coach as well as he knits scarves – without even having to look at what he’s doing noggal, we’d be in a much better place right now.
In another sense, perhaps if he didn’t spend so much time knitting, and perhaps spent a little more time on coaching, we might be in a better place right now.
NO, forget it, if he would only stick to knitting, and just fark off, we WOULD be in a better place right now.
@ grootblousmile:
Daai Oom Murray lyk nes JagseJurieJapie se pa op Baardskeerdersbos, ek se jou!
Lyk hy my hy na-aap nou vir Anton, vandat die ou roker ook daar in GooseBay rond drentel met sy kitaar. Ek gaan daai foto vir Sersant stuur en hy wat se hy, hy ken daai koloniemense. KingPaul ook, sy Oom Manie is die burgemeester en konsertinaspeler daar.
10 @ Pietman:
Bwahahaha
Nee, ek weetie waar kry Nortie die ou se fototjie vandaan en of die ou regtig van daai kontrei is nie!
@ Just For Kicks:
A lot of rugby folk down in the Cape knit things, Keith Andrews used knit in the dressing room before a match to relax while most of his team mates listened to music on their walkman head phones. It beats sucking on papsak, I guess, as some youngsters down there tend to be doing nowadays when they get pre-match jitters, just as well they don’ t enforce breathalyzers tests before the match
12 @ Pietman:
Doen hulle brei- of knoeiwerk?
Ek dink die lot hier bo ken net “tolletjie-brei”… hahaha
grootblousmile wrote:
Hulle is rugbybreiers….my pa het altyd gepraat van die span se “breier”, maar ek glo hy het bedoel”afrigter”, nie soos AC in daai foto nie…
@ grootblousmile:
Tolletjiebrei! Al vergeet van daai…
Guy Kebble was another knitter in the change room before matches, I once read.
Looking forward to the other letters, from the other coaches, Nortied.
Oh stop it, you guys have got me in stitches!
@ Lion4ever:
There was a nice one about the Lions, not a letter, but I’ll put up the link especially for the Lion supporters.
http://www.meneer.tv/well-done-laaaaiuuuuuns/
This was just after you klapped the Stormers.
Users Online
Total 93 users including 0 member, 93 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,849,849 Page Impressions
_