Die Sharks was so gelukkig as wat hulle ooit was. Baie dinge het my beïndruk. Laat my voor begin. Ek was vooraf bekommerd oor ons voorry maar ons was skitterend.
Kevin Buys en J C janse vanRensburg was FORMIDABEL. Ek het lanklaas sulke goeie skrumwerk by die Leeus gesien….. Jannie du Plessis en Mtawarira kon niks doen nie. In die vastelos was hulle skitterend. Hulle was my manne van die wedstryd.
Ons slotte het hulle deel gedoen. Kan hulle op niks fouteer nie. Soos die kommentators gesê het, Franco is seker die mees onderskatte speler in SA. Ek stem saam.
Dan die flanke…. Cobus, Derek, Willem en later Clever was absolute ysters. Dis al wat ek kan sê.
Chris Jonck was baie goed. Ons het mooi diepte op skrumskakel. Hy kry volpunte by my.
Herkie Kruger het ‘n goeie dag beleef. Wil sê op die dag net so goed so die Puma Hernandez.
Dan ons senters….. met Doppies en Jannie B (wonder waar was hy al die tyd) en later Walter Venter wil ek sê Jaque Fourie moet sy rugby in die Kaap geniet. Ons sal hom nie mis nie. Jammer hy kon nie al Saterdag vir sy nuwe span speel nie. Ek sal graag teen WP wil wen MET hom daar.
Ek was baie bly om Michael Kilian weer daar te sien. Hy het net min kanse gekry. Wonder ook net waar was hy al die tyd. Kon sien die outjie is lus vir rugby.
Earl Rose….. die ou het baie goed gespeel. Ek dink hy begin aanpas by ‘n vinniger tempo en begin al hoe beter lyk teen sterker opposisie. Neewat ek dink mense is partymaal hard op hom. Hy probeer ten minste dinge doen en maak maar foute in die proses. Die ou wat niks probeer nie maak nie foute nie.
Dan moet ek Kaplan se naam noem. Die ou was baie goed en vir my om dit te sê vat baie. Die wedstryd was goed hanteer en hy was baie konsekwent. Miskien is dit een rede hoekom ons so goed gespeel het. As ek na die outjies kyk wat gespeel het sal ek hulle almal weer ‘n kans gee. Ons is besig om mooi diepte op te bou.
Ed, just think how strong your scrum will be when Heike Jan Der Merwe comes back from injury.
Die Leeus het goed gespeel….. maar steeds verloor…
Wee die dag dat ek swoon oor ‘n verloorspan se wyse waarop hulle verloor het….
Jannie Boshoff was injured. Everybody knew that. The Lions need some gamebreakers. Vermaak is one gamebreaker they have. Actually the Lions really needs Jacque fourie as a gamebreaker.
@Loosehead – We are going to have a good front row next year.
Ek swoon nie GBS. Lees weer. Ek sê hoe die ouens gespeel het.
@Ed_the_Lion – 4
Jou span het goed gespeel Ed_the_Lion. Sharks was baie gelukkig om die een te wen.
:yawn:
@SA Barbarians – verkeerde thread, was vir ‘n ander een bedoel 🙂
Uitstekende artikel Ed!!!!!!!!!
Hoe goed was Doppies nie en Alberts het weereens gewys hoekom hy die mees gevreesde no8 in SA is.
9@K9-MonsterLeeu – Ek stem weereens saam met julle, die Leeus was goed…….. maar hoe de fokkkk kry hulle dit dan reg om te verloor as al 15 spelers enpaar subs so goed was?
Iets klop nie…..
Iets rym nie….
Was die Sharks kak maar steeds beter?
Gaan lees bietjie TIGHT HEAD se nuwe Artikel… daar sal ‘n paar antwoorde dalk uitspring.
Myns insiens was die Leeus beter as in ‘n lang tyd maar nog steeds nie goed genoeg nie.
9 @K9-MonsterLeeu – selfs beter as Luke ?
@bdb – 11
Strate beter as Luke. Luke lyk net goed omdat hy agter daai pak speel.
Hoe kon jou slotte hul deel gedoen het as hulle ‘n hele paar lynstaan balle verloor het en die een slot op ‘n kritieke stadium ‘n geelkaart gekry het?
@KingPaul – Ek sê dit soos ek dit sien KP.
12@Mr-T – selfs beter as Spies ?
14@Ed_the_Lion – ja, moenie groet nie. Ken julle Leeus mos al so …
@bdb – Hello my ou maat BDB. Goed om jou weer hier te sien.
@bdb – baie. hy tackle! hehe
@Ed_the_Lion – hehehe
So jy was elke keer besig om ys onder uit die deepfreeze te vis wanneer daar ‘n lynstaan was?
@KingPaul – Nee ek was nie. Hulle algemene spel was goed. Die lynstane kon beter gewees het. Ek het die game eers gister gekyk. Was op ‘n privaat golfbaan wat vir 16 van ons geboek was gewees.
18@Ed_the_Lion – middag Ed. Alberts het baie goed gespeel, so ook Doppies en selfs Rosie. Dink jy jou span gaan gemotiveerd wees om saterdag te wen, noudat hul uit die semi’s is ?
@bdb – Ek sal baie bly wees as hulle die naweek wen. Jammer hulle het so laat begin goed speel. Nou sien ek uit na volgende jaar se vodacom cup 🙂
22@Ed_the_Lion – jul sal ‘n goeie losskakel moet kry, die wat nou daar is, is gemiddeld.
23@bdb – Ek wil nou nie snaaks wees nie… maar Herkie is alles behalwe gemiddeld…
Burton Francis is gemiddeld, Francois Brummer is gemiddeld, Rose is gemiddeld, Peter Grant is gemiddeld….
Herkie is plain kak !
24 @grootblousmile – probeer maar vir ou Ed hoop gee ! 😀
25@bdb – Onthou, die GROOT boek sê ons mag nie lieg nie… hehehe
26 @grootblousmile – dit was ‘n noodleuen gewees ! 😉
27@bdb – Noodleuen = Lieg met versagtende omstandighede……………… eishhhhhhhhh
@bdb – 15
Nee ek sal nie dit se nie, maar hy is besig om sy stempel af te druk, en dink hy is baie naby aan die nr2 agtste man in Sa rugby
Users Online
Total 167 users including 0 member, 167 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,445,487 Page Impressions
_