KingPaul, WP korrespondent
Die Westelike Provinsie se Curriebeker-rugbyspan het ’n groot terugslag beleef voor sy wedstryd vandag hier teen Griekwas.
Die Streeptruie se losskakel, Willem de Waal, is beseer en kan tot twee maande lank buite aksie wees. Peter Grant is vandag hier op GWK-park die losskakel vir die WP.
Die Streeptruie is een van die spanne wat die Noord-Kapenaars op hul tuisveld bloedneus kan gee, maar met De Waal se besering boet die besoekers heelwat taktiese skopvernuf in.
Met Grant die losskakel, sal Morgan Newman nou binnesenter speel.
Sarel Pretorius (skrumskakel), Naas Olivier (losskakel) en Riaan Viljoen (heelagter) sal Grant onder dieselfde soort druk wil plaas as wat vir “Generaal” De Waal beplan is.
Die WP het sy een weg-wedstryd tot dusver vanjaar verloor en is daarom onder druk om nou ’n weg-sege te behaal.
Die WP het Griekwas verlede seisoen met gemak op Nuweland geklop, maar die Diamantstad was op sy beurt ’n begraafplaas vir die Streeptruie.
Die voormalige WP-haker Charl Marais meen die besoekers sal opgewasse wees.
“Die WP behoort die knoop deur te hak. Dit is myns insiens een van Griekwas se groter toetse dié. Dit gaan ’n baie taai wedstryd wees. Griekwas sal hope selfvertroue hê. Sy gestruktureerde speelstyl maak van hom ’n gevaarlike teenstander,” het Marais gesê.
’n Fisieke voorspelerstryd word voorspel. WP het onder andere Chris Jack (slot), Brock Harris (stut) en Tiaan Liebenberg (haker) wat die pap voorlangs dik kan aanmaak. Griekwas kan hom ook voorberei vir ’n rolmaal-aanslag deur die Streeptruie en sal by die afbreekpunte beproef word deur Luke Watson, Duane Vermeulen en Francois Louw.
Jonathan Mokuena (agtsteman en kaptein) en sy flanke, Davon Raubenheimer en Rohan Kitshoff, het hulle reeds bewys en hul tweestryd met die WP-lostrio beloof om rugby vir die fynproewer op te lewer.
Edrich Lubbe, ’n voormalige senter van die Poubloues, meen Griekwas het ’n baie goeie kans om die WP te klop. “Hulle is goed op dreef en het wen-momentum; en die span het baie karakter en min swak punte.
“Hulle het twee sterk unies, die Vrystaat-Cheetahs en die Leeus, weg van die huis af geklop en is op die kruin van die golf,” het Lubbe gister gesê.
Die spanne is:
Griekwas: Riaan Viljoen, Egon Seconds, Jaco Bekker, Barry Geel, Bjorn Basson, Naas Olivier, Sarel Pretorius, Jonathan Mokuena (k), Davon Raubenheimer, Rohan Kitshoff, Jacques Lombaard, Brendon Snyman, Ruaan du Preez, Rayno Barnes, Albertus Buckle. PLAASVERVANGERS: Andries Kruger, Steph Roberts, Heinrich Stride, Sean Plaatjies, Hanno Coetzee, Gavin Passens, Dewald Pretorius.
Westelike Provinsie: Joe Pietersen, Tonderai Chavhanga, Juan de Jongh, Morgan Newman, Gio Aplon, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Puke Watson (k), Duane Vermeulen, Francois Louw, Anton van Zyl, Chris Jack, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw. PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, JD Möller, Adriaan Fondse, Conrad Hoffman, Paul Bosch, Frikkie Welsh.
Skeidsregter: Craig Joubert.
479# Cuzzy nee, noggie.
bdb, ja ek ook
Cuzzy
Hoekom nie?
Pietman,
Jy moet kyk of jy dit kan download op n manier, dan kan ons cam skype vir so 10min of so broer!
K9
Hoe laat begin Loffie se gig? Gaan jy nie laat wees nie, of hou hulle vir jou plek?
Pietman
Moenie val vir daai een nie. Hyt Supa so gevang. Supa moes sonder sy hemp skype hehehehe
K9
Hoekom nie wat nie?
479# Cuzzy,
Maar ek kan jou bel, soos in nou.
As jy my n landlynnr op (012) gee.
#476 Cuzzy
Ek weet nie
Hoekom het ‘n haan nie hande nie……
K9,
Want n hen het nie tiete nie…
486# K9
Dankie bru!
Was close…amper val ek wel.
Darem goed n man het pelle.
25-6 vir V
Amper op 500 kerels, dan moet ons oor skuif na die Bulls Thread to, waar almal sence moet praat asb 😆
Want n leeu het te veel tiete
Dit moet n Bul wees
500 !!
Issit ek
500
Pietman,
Hy lieg sonder om te bloos!!! Nee ernstig, jy moet kyk of jy kan skype kry, sal nice wees om jou bietjie te sien, het jou mos die begin van die jaar gemis!
K9,
Jou tietkop, Pietman glo jou!!
Dit is
495# Nou toe.
Laat ons skuif, lyk my ek gaan my eie bier betaal….
Dankie doooose ek se mos ek drink Jack!!!!!!!!!!
Heeeeeeeeee Haaaaaaaaa
VIX INNIE MIX!!!!!!!!
Oor na BB thread
Dankie ek gaan daar ook 500 kry!!
Cuzzy.
Ek skuld jou my maat.
n Mylpaal is pas behaal, en dis te danke aan Ed en GBS se harde werk.
Ek betaal met graagte vir jou drankie, nie omdat ek ryk is nie, maar omdat ek n besondere geleentheid wil vier, al moet ek jou dop afbetaal.
Tjeers broer.
Manne, dis lekwar om te sien ONS geniet dit almal hier…
Goooooooooi Mieliessssssssss !
Users Online
Total 275 users including 0 member, 275 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,440,437 Page Impressions
_