Jesse Kriel

Jesse Kriel

Regular captain and No 8 Pierre Spies is back at the helm of the Vodacom Bulls when they take on the Hurricanes at Loftus Versfeld on Friday in Round 2 of the Vodacom Super Rugby competition.

Spies takes over the captaincy from Victor Matfield and the No 8 jumper from Arno Botha, who picked up an injury in the Vodacom Bulls tournament opener last weekend against the DHL Stormers.

The regular Bulls leader was eased back into action off the bench, but is now fit to start in a team that shows 4 changes to the starting line-up and 6 all-together from the one that started their campaign with a disappointing loss against the Cape side.

Spies comes in for Botha, with his place on the bench taken by rookie loose forward Hanro Liebenberg, who could earn a first start should he take to the field.

The injury to Werner Kruger also resulted in a front row shuffle. Trevor Nyakane will move from the left side of the front row to the right and Morné Mellett off the bench into the No 1 jersey.

A fit-again Dean Greyling will take Mellett’s place on the bench.

The other unforced change is at fullback where Jesse Kriel will start, with Jurgen Visser moving down to the bench in a straight swop with the Junior Springbok player.

This will be Kriel’s first start after 2 appearances off the bench.

Vodacom Bulls coach Frans Ludeke admitted that the forced changes to his pack will add to the pressure that resulted from last week’s poor result.

“There is always pressure and the fact that we have 5 frontline props out with injury does not make it any easier. We have good depth though and we back our junior structures, so I am comfortable that we will be a very competitive outfit on Friday.”

Spies also backed the young guns in the team.

“Yes, we have a couple of younger guys in the team, but they are definitely good enough to play here. They bring lots of energy in the mix and we will need a healthy dose of that to compete on Friday against the Hurricanes, who will be full of confidence following their win last weekend.”

A step-up from last weekend was also not negotiable, he insisted.

“We know we were not good enough. We did not play the important moments well and made silly errors that cost us dearly. Everyone is ready to make the step-up,” the captain said.

 

Vodacom Bulls – caps in brackets: 15 Jesse Kriel (2), 14 Bjorn Basson (72), 13 JJ Engelbrecht (50), 12 Jan Serfontein (29), 11 Francois Hougaard (73), 10 Handré Pollard (14), 9 Piet van Zyl (45), 8 Pierre Spies (104, Captain), 7 Lappies Labuschagne (28), 6 Deon Stegmann (80), 5 Victor Matfield (139), 4 Jacques du Plessis (16), 3 Trevor Nyakane (43), 2 Adriaan Strauss (106), 1 Morné Mellett (25)
Replacements: 16 Callie Visagie (39), 17 Dean Greyling (54), 18 Dayan van der Westhuizen (0), 19 Grant Hattingh (35), 20 Hanro Liebenberg (0), 21 Rudy Paige (8), 22 Jacques-Louis Potgieter (56), 23 Jurgen Visser (26).

 

Milestones:

  • There are 3 centurions in the squad line-up. Victor Matfield 139 (Bulls 131 & Cats 8); Adriaan Strauss 106 (Cheetahs 97, Bulls 9) and Pierre Spies 104 (all Bulls)
  • Coach Frans Ludeke will extend his Vodacom Super Rugby as most experienced coach ever – He has coached the Vodacom Bulls in 110 matches and the Cats in 24 for a tally of 134.
  • Victor Matfield will extend his Vodacom Bulls record as their most capped Super Rugby player to 140. It also is his 16th season of Vodacom Super Rugby, a record he shares with Tony Brown and Tana Umaga.
  • Should he take to the field, Dayan van der Westhuizen will make his Vodacom Super Rugby and Vodacom Bulls debut.
  • Should he take to the field, Hanro Liebenberg will make his Vodacom Super Rugby and Vodacom Bulls debut.

 


Sy gereelde kaptein en Nr 8, Pierre Spies, is weer op sy pos en sal die Vodacom Bulls Vrydagaand op Loftus Versfeld op die veld lei in hul Vodacom Super Rugby wedstryd teen die Hurricanes.

Spies neem die kapteinskap oor van Victor Matfield en die Nr 8 trui van Arno Botha.

Botha is in die openingswedstryd van vanjaar se reeks verlede naweek teen die DHL Stormers beseer en Spies, wat as plaasvervanger begin het, skuif op tot in die beginspan. Hanro Liebenberg neem Spies se plek op die bank en kan sy debuut vir die Vodacom Bulls in die kompetisie maak.

Die Vodacom Bulls-afrigter, Frans Ludeke, moes ‘n nuwe voorry kies vir die stryd teen die Hurricanes, met Werner Kruger wat weens ‘n enkelbesering ‘n geruime tyd buite aksie sal wees.

Trevor Nyakane skuif van loskop na vaskop en Morné Mellett word van die bank bevorder om op loskop te sak. Dean Greyling is weer fiks en begin as plaasvervanger-stut.

Die enigste ongedwone verandering is op heelagter waar Ludeke vir Jesse Kriel laat begin en Jurgen Visser wat afskuif bank toe. Dit is Kriel se eerste keer in die beginspan na 2 verskynings as plaasvervanger.

Ludeke erken daar is bykomende druk na die span in sy openingswedstryd vasgeval het en ‘n rits stutte krank is.

“Daar is altyd druk en die feit dat soveel soos 5 van ons stutte nie beskikbaar is nie, maak dit nie makliker nie. Ons het egter goeie diepte en ons onderskryf ons junior strukture om spelers deur te bring, so ek is vol vertroue dat ons mededingend sal wees,” het die breier gese.

Spies het ook sy vertroue in die jonger spelers uitgespreek.

“Daar is ‘n hele paar van hulle, maar hulle is beslis goed genoeg, anders sou hulle nie hier wees nie. Jongelinge bring altyd nuwe energie en entoesiasme en ons gaan beide nodig he teen ‘n Hurricanes-span wat vol selfvertroue sal wees na hulle wen verlede naweek.”

Die Vodacom Bulls sal ‘n beter vertoning lewer, het Spies verseker.

“Dit is nie eens debatteerbaar nie, ons moet eenvoudig beter wees. Teen die Stormers het ons nie die belangrike oomblikke van die wedstryd benut nie en sagte oomblikke gehad wat ons gekos het. Almal besef ons moet beter.”

 

Vodacom Bulls – wedstryde in hakkies: 15 Jesse Kriel (2), 14 Bjorn Basson (72), 13 JJ Engelbrecht (50), 12 Jan Serfontein (29), 11 Francois Hougaard (73), 10 Handré Pollard (14), 9 Piet van Zyl (45), 8 Pierre Spies (104, Kaptein), 7 Lappies Labuschagne (28), 6 Deon Stegmann (80), 5 Victor Matfield (139), 4 Jacques du Plessis (16), 3 Trevor Nyakane (43), 2 Adriaan Strauss (106), 1 Morné Mellett (25)
Plaasvervangers: 16 Callie Visagie (39), 17 Dean Greyling (54), 18 Dayan van der Westhuizen (0), 19 Grant Hattingh (35), 20 Hanro Liebenberg (0), 21 Rudy Paige (8), 22 Jacques-Louis Potgieter (56), 23 Jurgen Visser (26).

 

Notas:

  • Daar is 3 spelers met meer as 100 wedstryde. Victor Matfield 139 (Bulls 131 & Cats 8); Adriaan Strauss 106 (Cheetahs 97, Bulls 9) en Pierre Spies 104 (almal Bulls).
  • Afrigter Frans Ludeke is in beheer van sy 135ste wedstryd, ‘n toernooirekord. Hy het reeds in 110 Super Rugby wedstryde die Bulls afgerig en die 24 vir Cats, vir ‘n groottotaal van 134 Super Rugby wedstryde).
  • Victor Matfield speel in sy 140ste wedstryd (‘n SA rekord) en sy 132ste vir die Vodacom Bulls, ‘n franchise rekord. Dit is sy 16de seisoen van Vodacom Super Rugby, ‘n rekord wat hy deel met Tony Brown en Tana Umaga
  • Sou hy speelkans kry, sal Dayan van der Westhuizen sy Vodacom Super Rugby en Vodacom Bulls debuut maak.
  • Sou hy speelkans kry, sal Hanro Liebenberg sy Vodacom Super Rugby en Vodacom Bulls debuut maak.

100 Responses to Super Rugby: Bulls – Kriel at No 15, Trevor at No 3, Spies as captain… for Canes clash

  • 61

    Gaan basson en hougie die naweek vir savea en kie

  • 62

    @ nortie:
    Maar dit kom weer terug by die Bulle bestuur, Matfield hardloop half die show. Hoe deurmekaar was almal verlede jaar toe Flip kaptein was maar matfield was speler/kaptein/coach gewees dieselfde tyd.

    Daar is nie meer disipline nie en spelers word VERSEKER gefavor by die bulle… dit is hoekom almal loop, dit gaan nie oor geld of hoeveel junior spelers hulle kontrakteer nie.

    Die bulle was goed oppad na n home finaal toe in 2013 toe Spies nog kaptein was, hy was in die weke voor sy besering die top verdediger in die span gewees.

  • 63

  • 64

    Tjeers, manne

    Dit is selde so sleg soos teleurgestelde ondersteuners dink:

    SuperRugby is tot oorlopens toe vol onverwagse uitslae …

    Hoekom kan die Bulle se verlies dan nie op hierdie stadium bloot as ‘n onverwagse afwyking beskou word nie?

    Nee manne, ondersteun jul span – dis veels te vroeg in die seisoen vir ‘n kruisigingspartytjie.

  • 65

    @ Angostura:
    verskoon ons, ons het maande laas werklik n rugby gesprek gehad op rugby-talk.

  • 66

    MacroBull wrote:

    Ja Spies en Matfield was bietjie lig in die broek, maar hulle kon die bulle tot superrugby titels gelei… die vraag wat ons moet vra is, wat het fout gegaan?

    Ouderdom, Victor is te oud en Spies is ‘n bang gat

    Spies sal moet hard speel die jaar as hy ‘n kotrak wil hê om oorsee wil speel, hulle gaan nie ‘n loafgat huur nie

  • 67

    @ Angostura:
    Ai dis lekker om ander mense so te hoor kla,ek het darrem nog twee weke se bliss oor voor ek weer worry

  • 68

    @ Victoriabok:
    Veral in france hard en vuil soos klubrugby was

  • 69

    @ Victoriabok:
    Die ander spelers moet eers hul game lig voor iemand kan se spies is “die softie”

  • 70

    62 @ MacroBull:
    Too many chiefs, too little Indians. Dit gaan nog die Sharks met hulle 4 kapteine en 6 afrigters se probleem ook wees.
    Spies het skaars gespeel sedert 2013, so ek weet nie hoekom die verwagtinge van hom so hoog was nie.
    Arno dra nog doeke in vergelyking met n hardebaard soos Duane, het n jaar laas gespeel, maar word van verwag om te kan kompeteer met hom?
    Julle het te veel geld gehad na die 7 vet jare, het n klomp spelers gaan koop, en is nou verplig om julle pond vleis uit daai beleggings te kry.
    Hoe drop n afrigter n ou wat baie meer verdien as n ander outjie wat in sy plek moet kom sonder dat almal dan besef hulle het soos hulle gatte gekontrakteur nie?

  • 71

    @ nortie:
    Ek dink nie daar is baie verwagtinge op Spies se skouers nie 😆

  • 72

    @ MacroBull:
    😆
    Ek wil nooit weer hoor dat jy OOIT weer praat oor EmoWorld nie, ek het daar gaan loer op die Bulls website na Saterdag, en goeie hemel, hulle laat daai Sharkvarkie supporters so tough soos die Hells Angels klink 😉

  • 73

    nortie wrote:

    @ MacroBull:

    Ek wil nooit weer hoor dat jy OOIT weer praat oor EmoWorld nie, ek het daar gaan loer op die Bulls website na Saterdag, en goeie hemel, hulle laat daai Sharkvarkie supporters so tough soos die Hells Angels klink

    Die Sharkievarkies het gemoan totdat hulle van Plumtree ontslae geraak het, nou het hulle ‘n coach en vir Brendan

    As ek reg onhou het julle gemoan totdat julle van Fester ontslae geraak het?

    Dis nou ons beurt

  • 74

    73 @ Victoriabok:
    Ja, maar na Plum was Jake en na hulle verloor Saterdag mis hulle weer vir Plum 😆

  • 75

    nortie wrote:

    73 @ Victoriabok:
    Ja, maar na Plum was Jake en na hulle verloor Saterdag mis hulle weer vir Plum

    Hulle sal regkom

    Julle het ook maar vir AC gevloek nadat Rassie weg is

    Die verskil is AC en Gold het slim ouens wat hulle kan lei, Gert en Brendan

    Stadige Frans het niemand wat hom kan help nie, hy doen wat Victor hom sê en dit help nie

  • 76

    @ nortie:
    haha ja ek weet. ag dis fstreerend. en ons moet dit nie n habit maak om te kla of om almal se kop te eis nie. maar ons kry die geleentheid om oor iets te praat waaroor ons pasievol is (en jy sal goed weet 😉 ).

  • 77

    75 @ Victoriabok:
    Is so, ons was glad nie gelukkig met AC nie, maar hopelik nou dat hy net op een ding kan konsentreer geniet hy dit ook meer.
    Hy hoef nie meer oor die Direkteur se issues en die CC te worry nie, so dit sal sy lewe makliker maak

  • 78

    @ nortie:
    waar is die facebookpetisie om Jake terug te bring?

  • 79

    MacroBull wrote:

    @ nortie:
    waar is die facebookpetisie om Jake terug te bring?

    Hulle mis vir Plum 😆
    Ek dink hulle soek net vir Jake terug omdat hulle klaar die gallows gebou het en die tou mooi geknoop het, maar toe verdwyn hy voor hulle hom kon hang

  • 80

    77 @ nortie:
    Hoe gaan dit DIE week op die regte EMOworld, waar die Sharksaanbidders uithang?

    Kla hulle nie maar ook nie?

  • 81

    smallies wrote:

    @ Victoriabok:
    Veral in france hard en vuil soos klubrugby was

    Ek sal geld betaal om te sien wat Britney Spies doen as ‘n vuilgat Franse speler hom hard moer

  • 82

    grootblousmile wrote:

    49 @ Angostura:
    Nee flok, Jake the Snake moet wegbly van die Bulls af, willie daai sponsparra naby die Bulle hê nie.

    Maak hom direkteur van afrigting

    Hy sal baie regkry in ses maande

  • 83

    80 @ grootblousmile:
    Ha ha, wanneer kla hulle nie?
    Hulle het nou darem gekalmeer.
    Ek sien die Rob ou het tot vir Cheetah4ever of iets uitgekak en moering geraak, lekker suur gewees Saterdag 🙄

  • 84

    82 @ Victoriabok:
    Nee, flok vir Jake… daai ou is laer as slangkak!

  • 85

    nortie wrote:

    80 @ grootblousmile:
    Ha ha, wanneer kla hulle nie?
    Hulle het nou darem gekalmeer.
    Ek sien die Rob ou het tot vir Cheetah4ever of iets uitgekak en moering geraak, lekker suur gewees Saterdag

    Haha daai ou was kak suur. Dis beter as 7e laan daai plek.

  • 86

    MacroBull wrote:

    @ Victoriabok:
    Ek dink die Bulle praat hulleself so op asof hulle tough guys is wat op reputasie speel en almal moet bang wees vir hulle…spanne is al jare nie meer bang vir hulle nie.

    Daar is nie een harde man in die span nie

    Ons het nie meer Bakkies, Pakslae, Pedrie of Derek Kuun in die span nie

    Wors prober maar een ou kan niks doen nie

    Ons gaan altyd in die los gedomineer word

  • 87

    Jean deysel was moer goed die naweek

  • 88

    @ Victoriabok:
    Wel ek sal maar nog bly glo. Ons het net baie hoe standaarde.

  • 89

    83 @ nortie:
    Mens verwag dat met ‘n nuwe afrigtingstruktuur soos die van Gary Glitter en Brendan Venter, dit ‘n rukkie sal vat om weer in te settle en goeie rugby te speel, so ek dink nie die Sharks hoef te veel te kla nie.

    Die Bulls het rede om te kla, want niks verbeter nie, nie in jare nie.

    Die Lions lyk nie sleg nie, al het hulle verloor, hulle het baie fassette oorheers en kan die ander goedjies uitsort… dit was naiiwiteit wat hulle Vrydagaand laat verloor het, nie ‘n gebrek aan mongrel, passie en poging nie.

  • 90

    @ grootblousmile:
    Mens het baie meer van die Bulls en Sharks verwag, veral tuis.
    Meeste mense, myself inkluis, het geglo hulle sal wen en ook uitspook vir die Conference, so die naweek moes soos n hou in die maag gevoel het.
    Dis nou maar een week, so baie rugby om te kom, en dalk maak hulle dit nog

Users Online

Total 79 users including 0 member, 79 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm