England (14) 21 / 24 (11) All Blacks (Final Score)
England and the New Zealand All Blacks did battle in the End Of Year Tours at
Twickenham, London at 16:30 SA Time (14:30 GMT, 03:30 Sunday NZ Time).
This was the live match discussion Article.
The match was broadcast LIVE on SuperSport 1 & CSN on TV in SA.
*******************
Scorers:
England:
- Penalties – Owen Farrell (3)
- Drop Goals – 0
- Tries – Jonny May (1), Penalty Try (1)
- Conversions – Owen Farrell (1)
All Blacks:
- Penalties – Aaron Cruden (2), Beauden Barrett (1)
- Drop Goals – 0
- Tries – Aaron Cruden (1), Richie McCaw (1), Charlie Faumuina (1)
- Conversions – 0
Teams:
England |
New Zealand All Blacks |
8 November at 16:30 | |
|
|
Predicted weather: Overcast with 80% chance of rain, high of 13, wind of 25 kph
Referee: Nigel Owens (Wales)
Assistant Referees: Jérôme Garcès (France), Dudley Phillips (Ireland)
TMO: Simon McDowell (Ireland)
MacroBok wrote:
What happened?
205 @ MacroBok:
Ek sal moet begin briek aandraai op Superbru, 19 plekke op vandag, netnou spring ek bo af!
211 @ Pietman:
Nee was net bad hoe die engelse captein n sitter drop op die aanval.
Pietman wrote:
Onthou julle nog die wedstryd teen Tucuman?
Die bere met groot pere
2011-05-21 16:47
Louis de Villiers
Dolores kuier uit Argentinië.
Ons is 17 jaar boesempêlle, ken mekaar van ’n rugbywedstryd op ’n ander planeet af. ’n Ander rugby-planeet, altans.
Ook goed sy’s hier, want my geheue raak onbetroubare spatsels en Google ek “Battle Of Tucumán”, land jy by ’n regte veldslag in 1812, nie by ’n rugbywedstryd in 1993 nie. Als was nie destyds op TV nie. Niks was op die internet nie. Ek verbeel ’n eindtelling van 40-12, maar dis bysaak; dit was mal, brutaal, glorieryk en skreeusnaaks en dit het daai piepklein geleentheids-patriotjie in my binneste behoorlik laat blom.
“Dolores,” vra ek, “wat onthou jy van die Slag van Tucumán?”
“Ek onthou die knaende gespoeg,” sê sy. “Fok, man, ek onthou die gespoeg en die gesing. Nie die telling nie. Ek onthou nie eens dat hulle rugby gespeel het nie.”
Almal wat ek uitvra, onthou ewe min. Dalk sukkel ons om ons geheues te vertrou. Dalk vrees ons net ons verbeel onsself hoe vuil dit was – was ’n eersterangse rugbywedstryd ooit rêrig so vuil as die Slag van Tucumán?
November, 1993.
Die Springbokke kom vir die eerste maal in Argentinië aan. Ian McIntosh brei ’n klomp lekker ouens waarvan talle oor die volgende dekade legendes gaan word, maar nog nêrens naastenby as sulks aangesien word nie.
Ruben Kruger, Chester Williams, Joost van der Westhuizen en Henry Honiball gaan vir die eerste maal toetskleure kry. Mark Andrews, Ollie le Roux en Naka Drotske is pas uit hul tienerjare en hier as beleggings vir later. Francois Pienaar gaan die eerste maal ’n Bok-span na ’n reeks-oorwinning lei. Eendag gaan Clint Eastwood ’n fliek oor hom maak, maar dis nou ’n bisarre idee.
Buenos Aires is die sagste kultuurskok denkbaar. Die steaks is dik en sag soos botter. Die res van hul kookkuns konsentreer op kaas en aartappels. Mense is vriendelik, meisies mooi en almal geniet ’n nasionale middagslapie.
Maar sommer al met die aankoms hoor die Bokke van Tucumán.
Tucumán, provinsiale kampioen, wat hul vuiste as strategie inspan. Tucumán, wat hierdie strategie doeltreffend genoeg gebruik het om Engeland en Frankryk pakslae te gee, ’n paar nasionale titels op ’n streep te wen en selfs die All Blacks al tot ’n verbysterende gelykop uitslag gebliksem het.
Tucumán, sal Dolores my eendag vertel, is Inka vir “die einde van die wêreld”. In Tucumán is rugby nie vir die stywe bolippe, soos elders in die land nie.
Almal kyk. En dis nie al wat hulle doen nie.
Die Bokke kry hul eerste proeseltjie Tucumán toe Pablo Bleckweddle, ’n skeidsregter uit die einste stadjie in die noordwestelike gopse, hulle van die veld af blaas teen Buenos Aires-provinsie, wat die toerspan met 28-27 troef.
Dolores is die nimlike Pablo Bleckweddle se sekretaresse en dogter van ’n man wat op sy dag vir die provinsie vuisgeslaan en gestelskop het. Sy vertaal vir my koerantknipsels oor vorige toerspanne se lot hierso. Steke en harsingskudding, merendeels.
Dolores sê die gewildste maneuver is die cabezaso.
Kopstamp. Dis hoe jy ’n regte bakleiery hierso herken, verduidelik sy afkeurend.
Tucumán is een van daai verk*kte plekke wat jy hittete met die intrapslag weet jy eendag lief voor gaan wees by herinnering, juis vanweë sy eiesoortige verk*ktheid. Do-oe-er is die Andes-voetheuwels, maar van hier tot daar staan die bôggerôl honderde myle orent, met welige bosse bougainvillea in elke kleur om die droogte te verfraai.
As die aand van doe wedstrud kom, is ek bekommerd. Oor die moontlikheid om nog slegte nuus huis toe te moet stuur. Oor die Bokke se rekord. En, bowenal, oor hul veiligheid.
Dolores wag buite die stadion.
As ons in die middel van die hoofpawiljoen sit kry tussen die mindere mindere VIPs, is die plek al vol.
Die veld is agter ’n tienvoet-draadheining en daar’s ’n sloot ook om te keer as die pawiljoene oorkook. Die skare dreunsing al by voorbaat: “HIII-JO DE PUTA! HIII-JO DE PUTA!”
“Hulle sing Seun van ’n Hoer,” vertaal Dolores, onnodiglik. Uit 28000 Suid-Amerikaanse kele in ’n stadiontjie in ’n stadjie in die middel van nêrens sou dit Braveheart laat bibber.
Die skare hou aan Hijo De Puta as die Bokke op die veld kom; daar’s ’n paar ander skurwe snedes om die mees robuuste plaaslike ondersteuners besig te hou en Evan Speechley, die Springbok-fisioterapeut, se hele rug is binne minute sopnat gespoeg waar hy teen die draadheining sit.
Met die eerste skrum dôner Keith Andrews die Tucumán-loskopstut dat die kranse antwoord gee. En die kranse is ver.
Andrews is die vriendelikste man in ’n vriendelike span, ’n skreeusnaakse grapjas en iemand wat al my maere gaai op sy dag van ’n loesing of twee gered het.
Hy’s ’n ouskool-stut ook. Hy hou daarvan om die bal te hanteer, te skrum en te hardloop en hy hou daarvan om ’n paar wederregtelike bôlle te rol ook.
En vanaand is Keith se aand.
Almal vertel al drie dae vir Keith Andrews hoe die Tucumán-loskopstut hom vanaand gaan foeter en dié het, volgens berigte, self so geskimp.
Toe dôner Keith Andrews maar eerste.
Skuus, Ma, maar ek móét sê dôner. Hierdie warm aand in die middel van Suid-Amerika slaan hulle nie vuis nie, hulle dôner.
Toe die skeidsregter eindelik die dônerende agttalle na sowat ’n minuut of twee se skermutseling uitmekaar getrek kry, is die skare rasend en voel dit soos extreme sport net om op die pawiljoen te sit.
Die skeidsregter vra Tiaan Strauss, wat hierdie B-erige span aanvoer drie dae voor die eerste toets, om sy spelers te kalmeer. Strauss, ’n klip van ’n man met ’n yslike hart en die gesonde verstand van ’n Boesmanlander, maak kringetjie.
HIII-JO DE PUTA!!! HIII-JO DE PUTA!!! dreun dit.
In die dieptes sê Tiaan Strauss vir sy span: “Nou dôner ons hulle.”
En jy kan jou laaste sent wed Tucumán se kaptein sê daar onder in hul dieptes dieselfde ding.
Volgende skrum, derhalwe, selfde storie. Die eerste helfte is ’n bakleiery.
Die spel begin, iemand slaan iemand anders, ’n dosyn ander spelers storm in en slaan lustiglik saam; iemand kry ’n skrum of iemand kry ’n strafskop; hulle begin speel, iemand slaan iemand anders ensovoorts.
Die skeidsregter bied aan om die wedstryd te staak, maar albei kapteins sê aikôna.
Van die kantlyn af probeer Pienaar vir Strauss oorreed om die span van die veld te lei, maar dit was nie hoe die Leeu van die Kalahari sy bynaam gekry het nie. Hy ignoreer Pienaar se versoek, voer sy span met voorbeeld aan.
Tiaan Strauss is ’n harde speler, nie ’n vuile nie, maar dis onnosel om aan hom te slaan en vanaand gaan ek nog dikwels wonder hoeveel rugbyspelers ’n reguiter regter het.
Op die pawiljoene raak dinge mal.
)))))))))))))))
Met die omdraaislag – midde-in amperse onluste in die pawiljoene en ’n Iguassu-volume speeksel op die toerspan op pad kleedkamer toe – is die Bokke 12-6 voor. Vier strafdoele teen twee, as jy werklik wonder.
Die slagting is voorhande.
Agterna sal Tucumán se kaptein erken: In die eerste helfte wóú ons hulle bliksem, maar na rustyd nie meer nie. Maar toe hou hulle stééds nie op nie.
Dis min of meer in die kol.
Honiball bereik vanaand die keerpunt in ’n grootse loopbaan.
Oor 17 jaar sal ek my voor my rekenaar sit en my vaagweg verbeel of herinner hoe hy ’n vuiluil-flank met die vuis afstamp onderweg doellyn toe, hoe Drotske soos ’n Asterix-karakter thonk-thonk-thonk op ’n Tucumáno se kop slaan, hoe die gemoedelike Strydom en sy slot-teenstander van die veld gejaag word na ’n uitstaande vertoning van sowel speel as baklei.
Maar oor 17 jaar sal ek die vuishou der Springbok-vuishoue nog baie goed onthou, want later vanaand gaan ek in die hotel oor David van der Sandt van die SAUK se skouer loer en hom minstens 17 maal vra:
“David, wys vir my weer DAAI vuishou, asseblief!”
Sy Tucumán-teenstander kopstamp Keith Andrews onverhoeds en die Bok-vaskopstut val ver genoeg dat hy sy val met sy regterhand moet stuit.
Maar dis net ’n kwessie van balans – die WP-voorryman trap agtertoe vas en druk homself onmiddellik orent met sy regterhand.
Hy begin swaai daai einste regter dadelik. Sommer so ’n paar duim van die grond af.
Sewentien jaar van vanaand af sal ek nie meer sy teenstander se naam onthou nie.
Die versoeking is groot om te lieg sy naam was Pablo Iemand – elke tweede ou in Argentinië heet Pablo Iemand – maar selfs oor 17 jaar sal ek onthou Keith Andrews se vuishou verg nie leuens nie.
Die Onbekende Stut Van Die Pampas staan ewenwel vanaand hier aan die ontvangkant van ’n hou wat, volgens my konserwatiefste berekeninge, ’n goeie meter moes getrek het op pad na sy kakebeen, met ’n silwerskoon deurswaai daarna.
Nadat hy gelawe word deur die noodhulpmanne, word Die Onbekende Stut Van Die Pampas en Andrews albei van die veld af gejaag en die 13 oorblywende Springbokke druk vier drieë teen die 13 oorblywende spelers van Tucumán se nul.
As die eindfluitjie blaas, staan ’n kaboedel plaaslike manne van Tucumán tou om blad te skud.
“Sud-Africanos!” lag hulle beïndruk. “Muy hombres.”
Ek aanvaar hul gelukwensinge onverdiend, maar bra verlig.
“Hombres con cojones,” sê een ouballie. Ek verstaan genoeg Spaans dáárvoor.
“Bere met groot pere,” gaan ek dit môre in my wedstrydverslag vertaal.
Vanaand het ek daai bere ’n yslike tree na die volgende Wêreldbeker sien gee, maar 17 jaar gelede in Tucumán, was so ’n gedagte nog verspot.
Hierdie is ’n verkorte weergawe van De Villiers se bydrae tot die boek Rugbymal wat pas by Tafelberg verskyn het.
– Rapport
@ Victoriabok:
MacroBok wrote:
Dis hy daai
Die goeie ou dae, lastige spelers soos McCaw sou lankal getrap en gebliksem gewees het onder in ‘n losskrum
@ Victoriabok:
Deur heel onskuldige kalahari boerseuns soos Tiaan Strauss haha
Users Online
Total 96 users including 0 member, 96 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,343,680 Page Impressions
_