Rugby-Talk is ‘n trotse mede-borg van die Delas Rugbyklub Rugbydag op 22 Februarie 2014.
Klubrugby in Suid-Afrika gaan gebuk onder druk van alle kante, waar die owerhede, Suid-Afrikaanse Rugby Unie (SARU) en vermoënde borge maar min geld beskikbaar stel vir hierdie uiters belangrike komponent van rugby in Suid-Afrika.
Delmas Rugbyklub hou jaarliks ‘n Rugbydag en hierdie keer is dit al hul fyfde suksesvolle Rugbydag in ‘n ry in 2014.
Daar is 38 spanne, 19 wedstryde en wonderlike pret en plesier by die wonderlike byeenkoms. Ons nooi ieder en elk uit om saam met ons te deel in die genot van rugby op die platteland.
Daar is ‘n vlooimark, tonne vermaak en kunstenaars wat gaan optree… en natuurlik is ons ook daar saam met Radio Oos Rand Stereo (93.9 FM), Big Bang Events & Marketing Solutions, Phoenixian SA en die borge van die dag en die spanne.
Ons skeep ook nie Super Rugby af nie, want die 2 wedstryde van die oggend en die 2 middag en aand Super Rugby wedstryde word lewendig op die “Big Screen” aangebied, van waar Rugby-Talk dan ook lewendig oor die tellings en verloop van Super Rugby sal rapporteer.
Rugby-Talk het oor die afgelope ruk met rasseskrede gegroei danksy getroue rugbyondersteuners soos diegene wat klubrugby speel en ondersteun en diesulkes wat getroue volgelinge van rugby reg oor die wêreld is en Rugby-Talk het in 2014 besluit om ook ‘n kommersiële element van stapel te stuur, ten einde die webwerf nog meer treffend te maak.
Rugby-Talk is klaar een van die wêreld se besigste rugby nuus en rugbybesprekingsforums en ons deel graag ons kennis en insig met Delmas Rugbyklub.
Delmas het ‘n sterk Afrikaanse gemeenskap en Delmas Rugbyklub vorm deel van die Valke Rugby Unie se klubstruktuur, derhalwe het ons besluit on hierdie Rugbydag uitsluitlik in Afrikaans te hanteer.
Gedurende die oggend konsentreer ons op Super Rugby, maar gedurende die sowat 5 ure tussen Super Rugby se oggend en laatmiddag wedstryde, gee ons direkte aandag aan die verrigtinge op Delmas. Ons gaan tellings van klubwedstryde met u deel, onderhoude voer met spelers, kapteins, afrigters en borge (indien moontlik) en ons gaan blykbaar self ook deur Radio Oos Rand Stereo (93.9 FM) lewendig op radio ‘n onderhoud doen oor ons wonderlike webwerf.
Daarbenewens hou Rugby-Talk ook ‘n kompetisie, waaraan alle persone wat by die Rugbydag teenwoordig is, genooi word om fotos van hulle avonture en belewenis van die dag met ons te deel, deur daardie fotos eenvoudig op Rugby-Talk se Facebook blad te gaan plaas, tesame met hul naam en telefoonnommer. Die beste fotos van die dag gaan op Rugby-Talk geplaas word en ons gaan ‘n wenner kies, wie na ons mening die beste foto ingestuur het en daardie wenner gaan aan die einde van die Rugbydag se verrigtinge ‘n prys ontvang by die Na-funksie (After Party).
Hou hierdie artikel dop en neem deel saam met ons aan hierdie dag.
Aan al die getroue Rugby-Talk lesers en bydraers versoek ons om mal te gaan met die kommentare oor die Rugbydag, en as u Engels is, moenie skaam voel nie, u kan maar saampraat in u beste Engels ook.
Ons sien uit na al die plesier!
Enjoy it!
GBS will keep up the god work for our site.
Sterkte en hoop die dag is ‘n moerse sukses op alle vlakke!
Geniet hom GBS.
Klink omtrent na n vol dag se program
GOOI MIELIES Delmas rugby!
Mag hierdie dag die begin van n lang verbintenis wees met ons R-Ts, dis lekker om deel te wees van julle formidabele program ter bevordering van plattelandse rugby.
Ons almal hier op rugby-talk.com is in gees saam met julle, wens ons was daar!
Good luck to all teams.
Unfortunately I have to work on Saturday’s but will follow events from here.
Hellooooooooooo vanaf Delmas Rugbyklub se Rugbydag!
Bly om te sien die manne wat lees ondersteun ons in murg en been!
Hier by die Rugbydag gaan dinge nog rof met die laaste voorbereidings… laaste lyne wat gekalk word, vlooimark stalletjies nog in wording….
Rugby-Talk se mooi posters is op, dankie vir die ontwerp, Corien!
Die trailer met ons promosionele PVC Banner is op by die hoofhek… besigheidskaartjies is gereed.
To our International readers.. this is an Afrikaans article about the Delmas Rugby Club Rugby Day… in a very Afrikaans community in SA, where Rugby-Talk is one of the co-sponsors of the event… just comment and enjoy it with us!
They play rugby in Delmas?
Jokes aside hope Delmas rugby day is a huge success, I have friends there that own an Engineering works, god Christian folks, So all teams play hard play well but play safe.
@ Sharks_forever:
God = Good
Geniet die Ruppy Delmas en forwards onthou SCRUMSAAM
@ Scrumsaam:
I told you I was gonna do some catching up with the Landers match
@ Sharks_forever:
yea you did, hopefully it was just a hick-up for me on that one.
@ grootblousmile:
Wish I was there…to help you braai and down a few drams of that Delmas homebrew, mielie mampoer…..
Die eerste wedstryde is aan die gang… die manne spaar mekaar nie in klubrugby nie… en kaarte word nie sommer uitgedeel nie!
Rugby-Talk se besigheidskaartjies is al halfpad uitgedeel!
16 @ Pietman:
Ja, ek wens ook jy kon saam met ons kuier!
Dit gaan lekker raak hier!
Hallo Delmas se rugby mense hoop julle dag is ‘n moerse sukses!
@ grootblousmile:
Dag se mnr GBS lekker dag daar. Het jy daai trailer agter jou beamer gesleep tot daar?
Onthou Delmas goed het baie maal deur gery in die ’90s van Pretoria noord af daar verby Krygkor en die ou spook huis oppad Sasol se kant toe. Baie mielie velde en die Kosmos was ook mooi al langs die pad.
Kyk na die fotos wat ons solank opgelaai het… op die slider in die middel van die Artikel!
22 @ grootblousmile:
Ja ek sien hulle dit lyk goed ou pel! As ek die program kyk lyk my daar is 3 games op ‘n slag aan die gaan meeste van die tyd, so dit is seker moeilik maar sal die resultate van hulle op wees?
23 @ Bullscot:
Gaan netnou begin resultate van die games kry en opsit
More – in my best Cumbrian accent! Best of luck, GBS, hope its a great day, and enjoy it.
24 @ grootblousmile:
OK, so paar van die wedstryduitslae ontvang… kom maar stadig in, want die mense kuier hard en aanhoudend hier in Delmas!
Sasolburg O/21 14 / 5 VUT O/21
Benoni O/21 19 / 19 Elsburg O/21
Ons het ‘n onderhoud gereel met die Valke Rugby Unie… staan by…
Doing good work there GBS hoop die onderhoud gaan goed. Before I go if you get chance to watch some of the games will be keen to hear thoughts on how the scrums go, the guys who are close to club rugby this side said early in the season that the club sides coped really well with the rule changes and there were not nearly as many resets as they do in the PRO games.
Ons wag vir die Rugbybestuurder van die Valke Rugby Unie, Gesie van der Merwe om met ons te kom gesels, sodra sy klaar is met haar radio onderhoud met Oos Rand Stereo, 93.9 FM.
Users Online
Total 77 users including 0 member, 77 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,788,260 Page Impressions
_