- Team: 15 Israel Dagg, 14 Sean Maitland, 13 Robbie Fruean, 12 Sonny Bill Williams, 11 Adam Whitelock, 10 Daniel Carter, 9 Andy Ellis, 8 Kieran Read (C), 7 Matt Todd, 6 George Whitelock, 5 Sam Whitelock, 4 Chris Jack, 3 Ben Franks, 2 Corey Flynn, 1 Wyatt Crockett
- Replacements: 16 Quentin MacDonald, 17 Owen Franks, 18 Brad Thorn, 19 Jonathan Poff, 20 Willi Heinz, 21 Matt Berquist, 22 Tom Marshall.
|
- Team: 15 Pat McCabe, 14 Henry Speight, 13 Adam Ashley-Cooper, 12 Robbie Coleman, 11 Francis Fainifo, 10 Matt Giteau (C), 9 Josh Valentine, 8 Ita Vaea, 7 Colby Faingaa, 6 Mitch Chapman, 5 Mark Chisholm, 4 Ben Hand, 3 Dan Palmer, 2 Steve Moore, 1 Ben Alexander
- Replacements: 16 Huia Edmonds, 17 Salesi Ma’afu, 18 Peter Kimlin, 19 Julian Salvi, 20 Patrick Phibbs, 21 Matt Toomua, 22 Christian Lealiifano.
|
gbs news 24 het vir brussow vd walt en johnson met jurries op die bench kan jy dalk vir ons uitvind wat aangaan
1@ smallies72:
Dit is inderdaad so
nou bewe daai transvalers se broekspype !!!!!!
3@ smallies72:
Ek dink nie juis so nie… Brüssow was maar average in sy 40 minute van die Vodacom Cup game.
Dit sal hom klompie weke vat om weer behoorlik aan die gang te kom
Dis ‘n moerse game hierdie tussen die katte-brigade… 1 span gaan sy verlore stop, die ander gaan aanhou verloor.
Dis ‘n taamlik bepalende game vir altwee Unies.
Ek hoor die Lions gaan dalk so bietjie meer konserwatief speel om nie ALLES vanuit hulle halfte van die veld te probeer nie…
Ek wonder hoe om hier te pick…
Of soos my een werker altyd sê, “Nou ek verwonder myself!”
dalk is sias net die ou om doe cheetahs backs te unlock,ek kan nog die dag onthou toe doe vs cravenweek span teen wp te staan gekom het in stellenbosh,die wp het daai cravenweek oorheers maar aan die einde van daai game het hulle 50 punte af gestaan,die flyhalf daai dag was sias eberson en robert was die buite senter,hulle twee het die wp stukkend gehol,ons sien dalk saterdag die begin van iets groots
@ grootblousmile:
Die sielkunde faktor is daar ou,en hy het huge bmt
7@ smallies72:
Ja, dalk sien julle iets groots…. of ‘n moerse flokkoppie..
Wees maar nervous, ek sien jy is.
Funny that 3 Super Rugby Teams have a bye at the same time this week… Bulls, Reds, Waratahs.
Only 6 games this weekend, 3 on Friday, 3 on Saturday.
die cheetah span lyk goed sonder die name van phillip burger en naas olivier in die begin 15.
@ Piet visagie:
Piet jou robbiesh los tog nou vir burger of is dit nou jalosie omdat julle superster branana sleg deur benjamin uit gestof is in daai reisies van hulle
@ grootblousmile:
Eerder nervous as oor opttimusties soos n sekere blou span se fans laasweek
Daardie burger is nie eers op vodacom cup standaard nie,julle kan bly wees hy is beseer,julle kans om die lion te wen is soveel beter sonder hom.habana is vrot die laaste ruk maar daar poolman vent is nog swakker.
@ Piet visagie:
ja daai nr14 senter van ons het poolman swak laat lyk, maar dan het hy die bulls se mighty wings ok maar heavy gemiddeld laat lyk
13@ smallies72:
Hey, daai klomp Bucketheads vannie Landers is behoorlik omgesukkel en moer fisies die jaar jong… weet net nie hoe lank hulle so kan aanhou nie, totdat die ander spanne opvang met hulle en hulle dalk verbyvat nie.
As ek ‘n Stormer is, slaap ek nie juis goed die week nie…
Maar nouja, die kans is ook daar dat die Stormers hulle goed opflok!.
Stormers defence sal beter wees as die Bulls s’n teen die Landers… maar ek vermoed dat Brok so effe korter gaan wees na die naweek met so ernstige bruin ring om die nek, soos hy elke keer sy eie nek uit sy eie hol moet pluk…
Wat die Cheetahs aanbetref, dink hulle defence is ook OK en dalk is dit hulle medisyne om die Lions behoorlik te knoop. As ek die Cheetahs is maak ek die game moer stadig en slaan woes met die voorries teen die Lions wat nie juis ‘n wafferse vaste 5 het nie.
Aan die anderkant, as ek ‘n Leeu was… spoeg-spoeg…. dan val ek al die kanale aan rondom Skrumskakel, Losskakel en Buitesenter teen die Staat… dis waar julle span suspect is.
VRYSTAAAAAAAAA AAAAAAAA AAAAAAAAAAAAAA AAAAAAAAAAAAA AAAAAAAAAA AAAAAAAAAAAAA AAAAAAAT!
@ grootblousmile:
Dis nou die selle buite senter wat al vir spies terug getackle het en sy broer wat al rooi kaarte gekry het vir robuuste spel en sarel the tank pretoors
19@ smallies72:
Kommaan, jy’s sekerlik nie ernstig dat Robert Ebersohn ‘n moerse verdediger is nie, of dat Sias Ebersohn nie ernstige flaws op verdediging het nie…. en oor Sarel die Tank… hehehe, wat ‘n kak naampie, jy doen hom nie juis ‘n guns daar nie.
Sarel se angel lê op aanval, nie op verdediging nie.
@ grootblousmile:
Laat ek gou dink die bulle wp en sharks se senters kon nie regtig iets maak teen ons liggewig buite senter en monster binnesenter fdp het gescore na n vinnige strafskop toe die cheetahs al reeds heel oor hoops was,wp se bok senters kon nie deurkom nie en die sharks se senters ook nie,so ek reken ons midde veld se verdediging is heel ok die jaar
terwyl ons van die middeveld praat kan jy nie vir ons n montage saamstel van die bulle se kookwater binnesenter se beste oomblike laas saterdag nie,of is daar nie juis gewees nie
20@ smallies72:
Kom nou Smallies… na drie verlore in ‘n ry kan selfs jy nie blind genoeg wees en dink die Staat het nie flaws, foute en swakpunte nie…
So, hier’s jou geleenthied… waar sê JY is die Staat se swak plekke?
Kom ek vertel jou waar is die Bulls se swak punte… Loosies nie comitted genoeg nie en laas naweek was hulle swak op die breekpunte, Wynand Olivier hardloop te veel crash ball en versprei die bal nie genoeg of reg nie, Jaco Pretorius en / of Dippenaar op buitesenter is ‘n definitiewe swakpunt (met ander woorde buitesenter is ‘n probleem). Verdediging hang te veel terug in plaas van om IN DIE GESIGTE van die opposisie te verdedig. Complacency en gemaksug moet mynsinsiens ook ‘n rol speel.
Mens moet jou span net so krities kan beoordeel soos wat jy die teenstanders oordeel of aanvat… en by the way ek ondersteun die Staat as 2de keuse na die Bulls, maar dammit ek is nie blind vir hulle foute nie.
21@ smallies72:
Nie nodig om so te verdedig dat jy die Bulle aanvat nie, dis nie persoonlik sodat dit nodig is dat jy die Bulle moet down-run nie… ons praat nou oor die Staat se swakpunte… sien my kommentaar op die Bulle se flaws in #22, voor ek nog eers geweet het van jou kommentaar hier by #21.
Die Bulle speel nie eers hierdie naweek nie, so wat het hulle anyway in hierdie argument met die prys van eiers te doen??
Kommaan, hou die oog op die bal…. ek weet jy kan, ek weet jy kan….
@ grootblousmile:
Staat se swak punte na sarel op scrummie niks naas is nie die regte flyhalf vir ons nie en sias het te min ervaring,juan is beseer,wp en coenie die enigste kwalityd stutte,caldo is niks werd nie,die diepte wat ons het sal ek eerder beskou as vlakte,vleuls is ok maar mis n regte game braker soos hougaard,naka en hawies is te konsewatief dis kort om ons probleme,sien ek is nie blind nie maar the eternal optimist
Smallies, kom nou, moenie hol nie… kom vertel ons hoekom is die Staat perfek maar kry steeds reg om te verloor…
@ grootblousmile:
Maar bulls bashing is dan so n lekker ding om te doen as hulle plat is,en die kanse om dit te doen is maar min so ek moet my kans vat,jy het seker nie gedink julle gaan nie sonder kneusplekke deur die twee weke kom nie?
24@ smallies72:
OK jy het geantwoord, maar dis maar ‘n wishy-washy antwoord om basies alles op Naas Olivier se skouers te hoop jong… en op diepte te blameer…
Seersekerlik is die beginspan ook nie perfek nie, anders was hulle elke game 40 nul voor, voor hulle plaasvervangers dit vir hulle kom opflok.
26@ smallies72:
Die Bulls het die verloor verdien… niks sal daaraan verander nie.
Die Staat sal NOU moet uithaal en wys…
@ grootblousmile:
Maar ons was gerieflik voor teen julle tot die subs opgekom het
29@ smallies72:
Hey, ek het gesê, ogie oppie bal… die Staat wassie innie game teen die Tjarks nie en het verdien om te verloor teen ‘n Stormers span wat absoluut stomp op die aanval was…. met hulle beginspan en al.
Users Online
Total 223 users including 0 member, 223 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,818,280 Page Impressions
_