Another great McLook(back) article.
When i saw this article i could not resist the temptation to put it up here. I know we are a long way off in deciding the finalists for the Super 14 title. But the Suer 14 game of the year in the South African context might just be the old North vs South rivalry on the 15th of May 2010.
Add to it a possible repeat in the playoffs. Mouth watering prospects
WP teen Noord-Transvaal?
This blog is about the Springbok versus All Black rivalry with the focus primarely on tours but the Stormers performances the last two weeks inspired me to do something different just for once. This session is on two classical games played between Northern Transvaal and Western Province in 1977. It is in afrikaans as it was written by Louis Wessels and was printed in a magazine called Topsport in 1977; it is well written and a joy to read here it is just as it can be found in the Topsport magazine of 1977.
Nuweland – Julie, 1977 – Dit was mos rugby!
Baie drieë en doelskoppe sal nog behaal word voordat die Curriebeker-kompetisie in Suid-Afrikaanse rugby vanjaar beklink is, maar ’n wedstryd soos die tussen die Westelike Provinsie en Noord-Transvaal die afgelope Saterdag op Nuweland sal onvergeeflik bly. En dat hierdie kragmeting voortaan onder die grotes tussen hierdie sterprovinsies in SA rugby gereken sal word, is ’n uitgemaakte saak. Dit was mos Rugby!
Willie du Plessis druk die WP se eerste drie.
Christo Wagenaar druk Noord-Transvaal se drie op Nuweland
Die lang wyster van die horlosie op Nuweland was al in die groen kwart toe die eindfluitjie geblaas is. Verby was tagtig meesleurende minute van die Curriebekerstryd tussen Noord-Transvaal en Westelike Provinsie, verby die alles-in-die-stryd-aksie wat veral in die laaste tien minute meedoënloos was. En meteens is daar geen keer aan die duisende om die veld nie. Dieselfde skare wat ’n half-uur tevore spontaan waardering vir ’n groot speler getoon het terwyl Thys Lourens, kaptein van Noord-Transvaal, die veld met ’n gesig vertrek van die pyn verlaat het, het in oorverdowende applous ontplof.
Thys Lourens verlaat die veld met ‘n gesig vetrek van die pyn
In die toejuiging wat die lug gevul het, het vreugde oor die streeptruie se oorwinning en die waardering vir die ligbloues se teenstand soos dop-en-dam gemeng. ’n Onvergeetlike wedstryd, een van die grootstes in die stryd tussen hierdie twee sterprovinsies en in die geskiedenis van die kompetisie om die Curriebeker.
Selfs die telling –sestien punte vir die WP teenoor veertien vir NTVL– verraai iets oor die dramatiese stryd, waarin die span en dan daai span voor was.
Vir ’n Nieu-Seelandse besoeker op die paviljoen was dit ’n openbaring. Opeens was dit vir hom duidelik waarom die All Blacks verlede jaar teen die twee spanne vasgeval het. “Niemand kan hulle klop nie” het hy in ’n ekstatiese oomblik laat val.
Tog was daar ’n wenner en ’n verloorder. Op die dag se spel het die WP verdien om te wen, maar dit kon so maklik andersom gewees het. En wie sou kon gekibbel het as die bloubulle se finale aanslag ook die uiteindelike verskil van twee punte uitgewis het? So naelskraap was dit.
Dat die streeptruie van Morné du Plessis gewen het, het hulle net te danke aan die meedoënlose spel van die WP-agttal tot in die doodsnikke van die stuwende wedstryd en die dodelike verdediging van sy agterspelers.
Louis Moolman en die res van die gevreesde bloubulpak van 1977.
Niemand het verwag dat die vaste vyf voorspelers van die WP hulle man so goed teen die sterkes van die Noorde sou staan nie. Voorlangs was daar nog net die losvoorspelers en niemand sal kan ontken dat Morné en sy maats die grondslag vir die WP-oorwinning gelê het nie. Soos skaduwees het hulle mekaar gevolg en niemand het beter gespeel as Piet Veldsman nie. Onvergeetlik en deurslaggewend was die manier waarop hy die bal uit die losskrum gekry het wat tot Agie Koch se drie gelei het. Vasgevat om sy bene en met sy rug na die skrumskakel het hy agteroorgeval en die bal in Divan Serfontein se hande gegee. Uit na Blair, na Ortlepp. . . . na Morné du Plessis uit die niet op senter. . . . na Koch.
Piet Veldsman besig om die bal vir Dvivan Serfontein aan te gee. Veldsman was uitstaande op Nuweland en het die bal gewen wat tot WP se tweede drie gelei het.
Daar was geen keer aan hierdie swartkop wat ’n mens al hoe meer laat dink aan Jan du Preez op sy beste. ’n Drie in die hoekie. En ’n manjifieke doelskop deur Robbie Blair van die kantlyn af. Twee waardevolle punte. . . die twee punte wat die WP voor op die puntelys geplaas het in die Curriebeker-stryd.
Agie Koch die WP blits wat op Nuweland ‘n onvergeetlike drie gedruk het
Wie sal vergeet wat daarna gevolg het? Pierre Edwards telkens in die lyn, Christo Wagenaar wat deur Bossie Clarke met ’n lang arm gevang word. ’n Verlore drie. Aanvalle links en regs. Verdediging wat jou mond laat oophang. Die spanning terwyl die horlosie aanstap. Weer links, weer regs. En toe weer links, Willie Kats het oorgeplons. Naas Botha se vervyfskop trek verby.
Afgesny op die foto druk Willie Kats sy dirie met Thys Burger wat agterna duik.
Die horlosie stap aan.
Die eindfluitjie blaas. Die WP wen. . .
Dit was mos rugby!
Loftus Versfeld – September 1977- Is die stories waar?
“Die eindfluitjie geblaas is. Die WP wen . . . Dit was mos rugby!” So het ek twee maande gelede geskryf oor die eerste kragmeting vanjaar tussen die ligbloues en die streeptruie op Nuweland. ’n Onvergeetlike wedstryd.
Nou is die herontmoeting op Loftus Versfeld ook geskiedenis. ook die feit dat die span van Thys Lourens as oorwinnaars van die veld gestap het – na ’n wedstryd wat ewe onvergeetlik sal bly.
Loftus Versveld in 1977
Wie kan dit vergeet? Die volgepakte stadion, die verbete stryd tussen die voorspelers – in die skrums, in die lynstane en in die los – en die spanning terwyl die spanne om die beurt voorloop.
En die plettervat . . . .
Daar was nog net 10 minute speeltyd oor. Die WP was met een puntjie voor: 13-12. Die ligbloues speel soos besetenes, voor en agter. Die streeptruie gooi wal so wat hulle kan om te keer dat Noord-Transvaal weer oor hulle doellyn bars.
Naas Botha met ‘n chipskoppie terwyl Bossie Clarke probeer keer. Morne du Plessis in die agtergrond.
Twee mooi drieë het die toeskouers al gesien. Eers het Robbie Blair, swartkop-losskakel van die maties, gaan druk nadat hy die hele Noord-Transvaalse verdediging met ’n verbysterende breek vlak langs die skrum geflous het. Sy vervyfskop was mis, maar dit het die WP met 10-6 laat voorloop.
Robbie Blair druk vir die WP op Loftus Versveld
Noord-Transvaal se drie was puik. Agsteman Wynand Claassen het die bal soos ’n wafferse skrumskakel met ’n duikaangee na sy agterspelers laat loop. Christo Wagenaar het soos seep deurgeglip en die bal met ’n lang aangee na Pierre Spies laat loop. Die atleet-vleuel het dit met die een hand bemeester en weggeskiet. Bossie Clarke het hy met gemak geklop. Morné du Plessis was by om te keer maar met ’n binneswenk het Spies die WP-kaptein laat stilstaan en agter die pale gaan druk.
Wynand Claassen bemeester die bal op Loftus.
Christo Wagenaar wat Spies se drie gemaak het met ‘n seepgladde breek.
Pierre Spies (Snr) op volle vaart hier teen Oos-Transvaal. Spies het ‘n uitstaande drie teen die WP op Loftus gedruk.
Die vervyfskop was raak en die ligbloues was met 12-10 voor. Toe kry Robbie Blair weer kans om pale toe te skop. En soos twee keer in die eerste helfte is hy in die kol.
Robbie Blair wat homself basies die dag op Loftus in die Springbokspan -wat in 1977 teen ‘n wereldspan sou speel- ingespeel het. Blair het gedruk en sy lyn- en stelskopwerk was uit die boonste rakke.
Die syfertjies links op Loftus se netjies telbord sê hoeveel speeltyd nog oor is. Plus beseringstyd. Noord-Transvaal is op die aanval. ’n Losskrum. Tommy du Plessis kry die bal en laat loop na Naas Botha. Die ligblou-driekwarte is reg. Morné du Plessis sien hier is moeilikheid. Hy rek sy treë. En hy duik.
Die plettervat . . .
Welliswaar nie Naas wat hier deur Morne geduik word nie maar dit is min of meer hoe dit gelyk het toe Morne vir Naas in die hande gekry het.
Ian Gourlay blaas die fluitjie.
Naas Botha bly lê op die geel-groen gras en krul van die pyn.
Op die paviljoene spring die toeskouers met gebalde vuiste in die lug.
Daar word gejou.
Noodhulpmanne. ’n Draagbaar.
Thy Lourens sit sy hand op Morné se kop en vryf sy hare. ’n Gebaar.
Die liefling-seun van Loftus word afgedra.
Morné wil hand bysit.
Morne du Plessis hande op die knieë met Naas Botha wat op die grond lê na die plettervat
Weer bereik die gejou ’n crescendo. Twee toeskouers hardloop op die veld en skreeu op die WP-kaptein. Dan beduie die skeidsregter die strafskop. Pierre Edwards stel die bal. Dis oor . . . en uit die duisende kele knal ’n gejuig.
Noord-Transvaal is voor. Die telling is 15-13. Daar is nog beseringstyd! Maar uit die bloute blaas die eindfluitjie!
Die konstabels kom haal Morné op die veld, omring hom, vat hom weg. Noord-Transvaal wen. By die onthaal word daar in groepies gesels . . . terwyl nog duisende mense op hulle TV-stelle na die wedstryd kyk. En die plettervat sien. Hulle kry kans om weer te kyk, stadig te kyk. Was dit gevaarlike spel? Skeidsregter Ian Gourlay hou voet by stuk teenoor almal wat hom bydam.
Prof. Fritz Eloff en nog twee grootkoppe van Noord-Transvaal kom gesels met Morné. Die WP-kaptein sê hy verstaan. En dankie. Iemand vra stilte. . . Thys Lourens wil iets sê. As ’n reël is daar nie tyd vir toesprake op onthale na Noord-Transvaalse wedstryde op Loftus nie. Maar Thys het iets op die hart. . .
“Ons is almal rugbymense hier bymekaar, altans ek hoop ons is almal rugbymense” val hy weg. “En u meng almal met mense in u eie kringe. U moet maar gaan vertel wat ek vanaand hier sê. “Ons het vanmiddag hier buite ’n ding gehad waaroor die mense ontsteld was. Die mense het vir Morné uitgejou. Maar nou wil ek net sê dat ek in die eerste Carlton-wedstryd hierdie seisoen presies dieselfde ding gedoen het, hier op Loftus. Ek het ses punte teen my span gekeer. Toe was daar nie ’n gejou nie. . . En as Morné vandag vir my span gespeel het, dan het, het ek dieselfde van hom verwag. En as hy dit in ’n Springbok-trui gedoen het, dan sou hy nie uitgejou gewees het nie; dan was hy ’n held. So, Morné, moenie dat vanmiddag se ding jou onderkry nie en onthou , die Noord-Transvaalse rugby-unie en die Noord-Transvaalse span het geen grief teen jou nie.”
Thys Lourens just looked so mean, what a player. Must be the Blue Bulls best.
Flok, daai Morne Tackle op Naas was hard… maar dis rugby!
Thys Lourens was my hero toe ek jonk was… en hier kan julle sien hoekom. Hy was hard, toegewyd, regverdig en eerlik…. ‘n baie groot gees in Bloubulland!
Now this is more my time. I remember this game well.
Only will have to read this article on it, over here a few times to understand it 100%. My reading of Afrikaans not bad but a long article like this will have to read it another time to understand it proper.
Loved the old photos of, Morne du Plessis, Naas, Wynaand Claasen and also P. Spies (snr).
Really enjoy these old rugby articles.
Just look at those long side burns……hahahahaha.
Also Loftus then only covered on one stand. How times have changed.
Users Online
Total 85 users including 0 member, 85 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm