Oud-Bok John Knox sterf aan kanker
Die voormalige Springbok-rugbyspeler John Knox (55) is Vrydagaand oorlede.
Volgens sy dogter, me. Jessica Knox, is keelkanker net meer as twee maande gelede by haar pa gediagnoseer.
“Die dokters het hom in daardie stadium so drie tot ses maande tyd gegee, maar dit was korter,” het sy gistermiddag gesê. Sy woon in Australië, maar het sowat ’n maand gelede na Suid-Afrika gekom om by haar pa te wees. Haar broer Jason, wat in Skotland woon, is ook reeds in Suid-Afrika.
Knox het in die 1970’s as senter en vleuel vir Noord-Transvaal, Natal en die Suid-Afrikaanse o.21-span gespeel.
Wynand Claassen, voormalige Springbok-kaptein, het Saterdag namens die oudspelersvereniging ’n e-pos aan vriende en oudspelers gestuur wat lui: “Vir diegene wat nog nie gehoor het nie, wil ek almal maar net hiermee in kennis stel dat John Knox gistermiddag (Vrydagmiddag) om 17:28 oorlede is. Ons eer sy nagedagtenis en dink aan die plesier wat hy aan almal op die rugbyveld met sy voortreflike spel verskaf het (vir die Blou Bulle, Natal, SA Oribi’s en Oostelikes en Harlequins). Vir almal wat ’n bydrae gelewer het om John te ondersteun sê ons baie dankie.”
Jessica en Jason het Vrydagaand ook ’n SMS uitgestuur wat lui: “We will always remember you John Knox, and you will be in our hearts every day. We will celebrate your life and not mourn your death.”
Knox word Vrydag om 13:00 vanuit die NG gemeente Ooskerk oorkant Loftus Versfeld in Pretoria begrawe. – Wolfram Zwecker
Rus in Vrede John, jy het my baie plesier verskaf.
Vyf Curriebeker eindstryde, tweekeer vir die Bulle teen die Britse Leeus (1974 en 1980) en deel van die SA o.21 span in 1975
It is with sadness and regret that we have to inform you that the former Northern Transvaal player John Knox has died.
Knox, who passed away at the end of last week, played in 67 matches for the Blue Bulls from 1973 – 1980 and he also represented Natal as well as the SA Oribes.
John spent his last couple of days with his kids, Jason and Jessica and they distributed the following sms to his friends after their father has died.
“On Thursday (5 Nov) at 17.28 a loving father and a faithful friend passed onto a better place.
“We will always remember you John Knox, and you will be in our hearts everyday.
“We will celebrate your life and not mourn your death. Love you always daddy.”
The Blue Bulls Company (Pty) Ltd would like to use this opportunity to send their sympathy to John’s family and friends in this extremely difficult time and we trust that the Lord will comfort you in the months and years to come.
Good player, John, long flowing black mane….
RIP.
He came down from Zim, I recall.
Was a member of the NTvl team that beat the All Blacks in 1976, with Joos le Roux kicking the winning penalty.
John and Tjokkie vd Merwe were the centres, Wilhelm Stapelberg on the wing, Tonie Roux fullback, Thys Lourens captain, Moaner van Heerden……
Awesome team that was!
Hi Pietman
Ek het gister terug gekom van n dorre laaang naweek in die Klaserie. Mens moet die omgewing ken om sulke extreme kondisies te verstaan. So sleg soos dit nou lyk kan dit binne 2 weke na n goeie reenbui of 2 drie verander in die dig beboste gebied denkbaar.
Maar vir die huidige , ons kan doen met n bietjie reen, die lammers moet nou kom vir die Rooibokke.
SuperBul @4
Dis maar die natuur se manier.
Hier is die wereld mooi, suide van Suidwes, tot die Visrivier het water vir die eerste keer in jare.
Namib blom!
Ons is op Ai-Ais, ek en nefie en Pampoen, hy het n klomp hikers deurgebring hier na die canyon toe en vlieg ons maar saam, gaan die naweek terug noorde en SS toe, praat hopelik weer met die wedstryde weer hier op RT, my internet is af en ek blog maar so by die ander manne se kantoor pc’s, tussen die kuiers deur.
Cheers eers, groete vir D’tjie.
A great centre.
I remember him well when he played in Durban.
Was brilliant for NT before that with Tjokkie Van de Merwe.
Rest in peace John.
Rest in piece John Knox…. part of the reason I love rugby so much stems from your generation… I was a boy in the stands watching you and Tjokkie in midfiled, watching my hero, Thys Lourens.. the greats of Frik & Moaner & Louis Moolman…
You were born for rugby.
To the remaining family… your father was a giant in our eyes, he played for the love of the game, he will be remebered with dearness!
John is well remembered from my days in RSA.
Rest in peace, mate.
Condolences to John’s loving family.
Users Online
Total 516 users including 0 member, 516 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,828,318 Page Impressions
_