Noises from Durban are getting louder that the star flank of the Cheetahs and the Bokke will play for the Sharks in the Super 14 next season.
From the Shark Tank however there is only silence about the question whether the Cheque book has been hauled out to get Brüssow to the Shark Tank.
Mr Rudolph Straeuli, who is responsible for the contracting of players for the Sharks, did not want to comment about the possible move of Brüssow to the Sharks.
“There will be more clarity next week about contracting of players”, is all he said.
However, from Durban we hear that Brüssow was indeed there lately to have talks with the bosses of the Sharks.
It is clear that he still has a valid contract with the Cheetahs for next season (2010) which would keep him in Bloemfontein, but the Sharks are apparently prepared to pay up to R2 million to buy Brüssow out of his contract with the Cheetahs.
It was even mentioned two week ago, before the Currie Cup semi that he might be on his way to the Sharks and this week these rumours surfaced again.
The people from KwaZulu Natal might also have to search for a new Currie Cup coach, because John Plumtree apparently is not keen to be involved with both the Super 14 and the Currie Cup.
*****************************************************
Die geluide uit Durban word al hoe meer dat hierdie sterflank van die Cheetahs en die Springbokke aanstaande seisoen vir die Haaie in die Super 14-rugbyreeks gaan uitdraf.
Uit die Haai-kamp word daar egter nog soos die graf geswyg oor die vraag of die tjekboek uitgehaal is om Brüssow volgende jaar in die Haaitenk te kry.
Mnr. Rudolph Straeuli, wat betrokke is by die kontraktering van spelers by die Haaie, wou hom nie uitlaat oor Brüssow se moontlike skuif na Durban toe nie.
“Daar sal volgende week meer duidelikheid wees oor die kontraktering van spelers,” is al wat hy wou sê.
Tog word daar uit Durban verneem dat Brüssow glo onlangs daar was om samesprekings met die Haaie se rugbybase te voer.
Hy het wel nog ’n kontrak met die Cheetahs wat hom tot die einde van aanstaande seisoen (2010) in Bloemfontein sal hou, maar die Haaie is blykbaar selfs bereid om tot R2 miljoen te betaal om Brüssow uit sy kontrak te koop.
Daar is selfs voor die Curriebeker-halfeindstryd twee weke gelede genoem dat hy dalk op pad na die Haaie toe kan wees, en vandeesweek het daardie gerugte weer kop uitgesteek.
Die KwaZulu-Natallers sal dalk ook aanstaande seisoen ’n nuwe Curriebeker-afrigter moet soek, want John Plumtree is glo nie meer lus om by die Super 14- én Curriebekerspan betrokke te wees nie.
57: Ed, ek sien Alberts en Ludik is in die Leeu groep … tot wanneer ?
bdb, Louis Ludik bly definitief by die leeus. Willem Alberts is so 95% tjarkie nou.
Hellooooooooo
Janee, Inbrekers gevang, gearresteer, vervolg, verhoor en galgtoue toe gestuur…. hehehe
60: al die Bulle het kontrakte by die see, visvangkontrakte.
62: bly vir julle part oor Ludik. Goeie heelagter. Jammer as Alberts gaan, kyk hoe het RP, FS, Bismark en Jannie se rugby agter uitgegaan toe hul af see toe is. Nou gaan dieselfde met hom gebeur, dit is jammer, hy kon springbok geword het by die leeus.
62 – Hulle moet nou maar hierdie goed klaar kry dat ons ondersteuners weet wat aangaan. Dit is ‘n gemors as jy my vra.
Naand manne.
67: Supa. Naand oom.
62# Ed
So Alberts gaan wragtig? Dis jammer…hy gaan nie elke game daar begin nie. Stupid skuif, hy moet baie geld kry.
68 Ed
Ek is nie jou oom nie, Jurie Els is jou ‘oom’. 🙄
67: Naand Supa.
Weet nie of julle weet nie, maar die Bulle is s14 en CC kampioene!
71 BDB
Geluk met jou span, dis darem n lekker span daai! Jy is seker baie trots!
bdb – Uit jou negatiewe skrywe oor die Sharks kan ek seker maar aanvaar dat jy hulle met ‘n passie haat. Dit is jammer, want dit is moeilik om met iemand wat ‘n vooroordeelde negatiewe houding teenoor jou span het te gesels.
Supa is ‘n moerse bul ondersteuner, maar sal darem positiewe komentaar lewer oor ander spanne as dit hulle toekom.
Supa, nog nie 100% nie. DM het lank met hom gepraat gister.
Dan maak dit jou my nefie, want hy Jurie Els is mos jou pa.
74# Naand snoek
Ek is maar n n objektiewe ondersteuner..jy weet dit! 😉
Bdb is n nice ou man, net soos jy. Kom ons gesels lekker in goeie gees.
Dis altyd die beste om WP gas te gee, almal hou ewe min van hulle…hehe
74: Snoek, ontspan, jou span is nie so sleg as wat hul speel op die veld nie.
73: ja, was ‘n mooi jaar, nou moet ons 3/4 maande wag om weer oor groot rugby te gesels.
#75 Steve is my pappa, nie Jurie nie.
75: beteken dit dan nou jy is Robbie Clay se broer en Supa is sy oom ?
Oraait manne..praat weer later.
Onthou, in ons harte is ons almal Bulle! 😆
78: nou gaan ons nooit uitvind wie jou mamma is nie ! 😉
Ek is ‘n Leeu in hart en siel.
82: jy klink nou soos een van daai ouens by ‘n AA vergadering. hehe
gbs
is jy lus vir bietjekak praat?
Nee Tjom, ek is lus vir ‘n rol in die bersies nou….. ek gaan nou in en vir Handbriekie opwen… hehehe
85
Nou maar geniet!!
Ek sien al weer moerse uit na die naweek en komende Bok games! One Nation, One Team!!
86@ Koningkie – Nou kan Julle WIEPIES, Lions en Tjarks ook weer rugby begin kyk…. hehehehe
Ja, ons is al uitgehonger!!!
88@ Koningkie – Cheers, laat ek ingaan.
Fukken poachers, you can’t buy a team.
Users Online
Total 276 users including 0 member, 276 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,826,026 Page Impressions
_