With courtecy to Stephen Nell and News 24 ( die Burger ) , A Afrikaans article regarding the latest news on the Alberts , Ludick move to Durban

It seems a simular pattern will follow to that of  J Fourie. 

Alberts en Ludik wil Haaie word
2009-10-27 22:58

KAAPSTAD Louis Ludik en Willem Alberts wag vir vrystelling-sertifikate van die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) om hulle aanstaande week by die Sharks in Durban aan te sluit. Die spelers se prokureur, Wilhelm Botes, het Ludik en Alberts se planne aan Sport24 bekend gemaak. Hul agent, Peet van Zyl, het bevestig dat albei vrystelling-sertifikate van die (GLRU) versoek het. “Die Leeus frustreer ons met die uitreiking van die sertifikate en dit kan tot regsaksie lei,” sê Botes. Volgens Van Zyl was daar nog geen reaksie uit die GLRU se geledere hieroor nie. Indien die GLRU versuim om die sertifikate te verskaf, kan die aangeleentheid dieselfde roete as Jaque Fourie se saak volg. “Ons sal in so ’n geval dringende regstappe oorweeg,” sê Botes. Fourie was in ’n dispuut met die GLRU gewikkel oor die geldigheid van sy kontrak. Dit het eindelik tot arbitrasie gelei en daar is bevind dat hy nie ’n afdwingbare kontrak met die GLRU vir 2010 het nie. Dit staan hom nou vry om hom by die Westelike Provinsie aan te sluit. Volgens Van Zyl het Ludik en Alberts dieselfde kontrak as Fourie wat aanstaande jaar vir die Stormers gaan speel. Botes het die spelers se voornemens as “beroepsbesluite” bestempel en bygevoeg dat aanbiedinge van die Leeus nie die spelers van besluit sal laat verander nie. “Ek glo nie hulle sal enige aanbod oorweeg nie. “Hulle wil Haaie toe gaan,” sê Botes. Van Zyl glo die spelers se kanse om hul Springbok-drome te verwesenlik, sal beter wees by die Sharks. “Die kwessie kom nie van gister af nie – en daar is ’n klomp dinge wat ’n rol speel,” sê Van Zyl. Hy het gesê hy vergader môre (Donderdag) met die Leeus oor sy ander kliënte wat glo soortgelyke onafdwingbare kontrakte as dié het. Alberts en Ludik se vertrek sal vir die Leeus ’n reuse-verlies wees. Ludik was puik as heelagter in vanjaar se Super14-reeks, maar het sy knie ernstig beseer in die wedstryd teen die Britse en Ierse Leeus. Alberts het as stormram-losvoorspeler sy stempel gedurende die seisoen afgedruk. Hy is moontlik in die Springbok-keurders se planne vir die jaareind-toer na Europa, die Britse Eilande en Ierland. Manie Reyneke, uitvoerende hoof van die GLRU, het gister aan Pieter Jordaan gesê hy het nog geen versoeke vir dié vrystelling-sertifikate van die spelers gekry nie. “En ons het ’n geldige kontrak met hulle. “Jaque se kontrak was ook geldig. “Maar hul kontrakte is totaal anders en ons sal elkeen op meriete beveg.” Reyneke sê ook dat die Fourie-uitspraak nie slegs die aanspraak van ander unies op Leeus-spelers vergroot nie. “Enige speler in die ganse land se kontrak is nou ook sommer in gevaar.” – Die Burger

10 Responses to Alberts, Ludick vs the Lions ” who will win “

  • 1

    First of all. Sorry to my Lion supporters mates here.

    Feel sorry for the Lions to be losing their players. Always against players moving from union to union. We used to do this in the early days of Super Rugby and our teams just never done well. A team that is settled and play a few years together will always have the advantage.

    Then as a Shark supporter pleased they may come to the Sharks. Sounds like I have double standards here but if they have to move then I would rather see them at the Sharks. Also if they do come to the Sharks hope that is it and they settle there for a few years.

    We do need a FB. Stefan getting on now. Alberts too is a great player.

    I feel that Muir will start to bring in the youngsters to the Lions from the U21’s and start from scratch there with a team of his own. Just like he done with the Sharks and done well that first year doing that. Good luck to the Lions and once again if these players do come to the Sharks, sorry about it.

  • 2

    FB position of course would go to Ludick if he came to the Sharks. Would he play from the bench? Or would Stefan? Lots of questions there.

  • 3

    Forgot. Good morning to everyone here.

  • 4

    Calling all JANNE! Here is the pool code for Superbru European tours for ALL RT BLOGGERS. Who will make history to become the FIRST RT BLOGGER SUPERBRU CHAMPION?

    Come join my pool in SuperBru End of Year Tours, the ultimate End of Year Tours prediction game! It’s easy – just go to the website and enter the pool code givewaxy to join my pool, RT Europe.

    Website: http://www.superbru.com/endofyear
    Pool code: givewaxy
    Pool name: RT Europe

    4 days to go!

  • 5

    Ludick move to Durban

    Ja, en die CB moev na Loftus Currieveld !

  • 6

    Plunder the weak and poor!

  • 7

    good day people

  • 8

    Vrystelling sertifikate??
    bwahahaha
    Klink my die Lions beter f@kken vinnig al hul spelers se kontrakte nagaan!!

  • 9

    Ek sien eerder die twee Sharks toe gaan as kak wp. Mens hoor mos nooit weer van die ouens wat wp toe gaan nie. John Plumtree moet net seker maak Rassie “loophole’ Erasmus is nie ook besig om met hulle te praat nie.

  • 10

    #9 good day ed edd and steady eddie ^5 hope you are doing good

    and ty i know if they do end up in durban they will be well treated

Users Online

Total 202 users including 0 member, 202 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm