Volgens Beeld is Gary Botha oppad terug Pretoria toe. Hy kan selfs nog ‘n rol vir die Bulle in die res van die Curriebeker speel.
Botha speel die afgelope twee jaar sy rugby in Engeland by Harlequins rugbyklub. Harlequins was onlangs in die nuus oor die groot “Bloodgate” skandaal waarin hulle geskorste afrigter, Dean Richards, deel was. Deans is uiteindelik vir drie jaar geskors.
Botha het glo ’n klousule in sy kontrak wat sy voortgesette betrokkenheid by die klub koppel aan Dean Richards.
Met Richards weg, het Gary Botha die keuse om die klub te verlaat, en hy is van plan om dit te doen.
Dit is uitstekende nuus vir die Bulle was juis ‘n kwaliteit haker nodig het. Derick Kuun is ‘n paar jaar gelede vanaf flank na haker verskuif maar het nooit die invloed op die Bulle voor, wat Botha destyds gehad het nie. Daar is baie wat meen, Derick moet weer oopkant flank begin speel en dat hy ‘n baljagter is. Chilliboy Rallepelle is ook gereeld op toer saam die Bokke.
Gary Botha is ‘n sterk skrumwerker en die Bulle het dit nodig aangesien hulle voorry die afgelope jaar swaargekry het. ‘n Haker wat sterk skrum maak dit makliker vir die stutte rondom hom waar Werner Kruger vir die Bulle sukkel.
In nog nuus het Ian Schwartz, die Bulle se mediabestuurder, erken dat Jaques-Louis Potgieter moontlik terugkeer na die Bulle toe, maar nog niks is onderteken nie.
@bdb – Daai wiel gaan nie net draai nie, hy gaan bearings slaan en sommer afbliksem!!
121@KingPaul – WP se wielle het laaaankal afgebliksem… hulle koop nou nuwe, ou wielle… hehehehe
Gary is net wat die dokter vir die Bulle bestel het. Met hom innie mirrel van ons skrum is dit so goed soos superglue, en ek hoor daar word gefluister oor ‘n paar ander interessante aanwinste in die ganhe by die Fort. Van hulle gaan die asem wegslaan, en ander gaan angina-aanvalle trigger. Glo my, ek kan al die kore hoor sing en nie alles gaan Halleluja wees nie.
Kom ons wag en sien!
Gaan hy en Anton Leonard ‘n woonstel deel?
123@Bluebeard – 🙄
Dit klink nie goed nie… hopelik koop die Bulle, benewens Gary, ‘n monster vaskopstut, ‘n sterk buitesenter… die res van die aankope is minder belangrik… hulle sal nie baie speelkans kry nie…
Solank die Bulle net nie nog spelers verloor nie.
@Bluebeard – Wat, gaan die Bulle vir Wikus Blaauw en Brok Haris koop?
Gaan seker die hele fokk@n fs span koop
Die Bulle koop nie spelers nie.
Die spelers staan tou voor Loftus en smeek vir werk. As as jy lui of oorlams raak dan jaag ons jou Kolonie toe…..
@Stan – Ja ek is seker steyn en stegman het na matriek pta gery en vir n jop gaan vra omdat da nie werk in bloem was nie guthro het seker ok saam gery lol
Mmmmm, bit quiet….. 🙁
Naand ?
@smallies72 –
In ruil vir hulle twee het ons vir julle Demas, JLP, Daniller, JP Joubert en Strauss gestuur.
@bdb –
Naand Bul.
132@Supa Die Bloubul – veral jammer oor strauss, goeie haker daardie. Maar as Gary wel terugkom, lyk dinge baie beter.
@bdb –
Ja en Gary is maar 28. Hyt nog n goeie paar jaar oor. Ons kort nou net n lekker vaskop soos BJ of CJ.
Sien opskrif by rugby365 “Bulls Bok move to France”, en toe dink ek: Bakkies, nie weer nie ? … sien toe dit is Polisieperd wat weggaan.
Was goed in die beginjare, maar daardie gewig van agter moes hom een of ander tyd inhaal.
135@Supa Die Bloubul – dink BJ het nog ‘n jaar of twee oor in Ierland, weet nie van CJ nie. Behalwe die twee, is daar iemand anders ?
As ons nie goeie SA vaskop kan kry nie, moet ons maar maak soos die ander provinsies, en ‘n huursoldaat invoer: wat van Carl Hayman ?
@Supa Die Bloubul – in daai groepie is daar 1 gebore pretorianer as ek reg is ek sou eerder vir steyntjie terug wou he as jlp.
@bdb –
Ja wat, hy kan maar gaan. Ek wens hom alle sukses toe. Hoop nou net die Bulle sort ons skrum uit voor die s14. Ons het basies dieslfde squad as hierdie jaar behalwe vir Habana en Gerber. En minstens het die jongelinge nou n jaar se CC agter die rug.
@smallies72 –
En al die Cheetahs is natuurlik in Bloem gebore ne? Geboorte beteken niks. Dan speel 80% van die spelers nie vir hulle eie provinsie nie.
@bdb – hy gaan sukkel met die taal
@smallies72 –
julle het nooit Steyn gebruik nie, ons moes hom leer rugby speel.
@Supa Die Bloubul – ons aas ma rond want ons jong talent word mos gepoatch lol
@Supa Die Bloubul – As hy nie kon speel nie sou jul hom noooooit gekoop het nie lol
@smallies72 –
Dit gebeur maar oral jong. Maar ons moet vrede maak daarmee. Grey lewer elke jaar top spelers op. Flippen goeie skool daai.
141@smallies72 – ja, dit is interessant dat die bulle basies nooit oorsese spelers kry nie. Hul kry wel ‘n paar namibiërs (soos Kees en Burger), maar hul is so te sê saffas wat goed inpas op Loftus.
@smallies72 – ]
Dis nie ons skuld Morne wou in Pta kom studeer nie!
Moet sê, Morne Steyn het my mond toetentaal toe gespeel hierdie seisoen. Ek het nogself tot voor die sharks wedstryd (S14) so bietjie getwyfel in sy BMT. Nou is dit sy sterkpunt !
@Supa Die Bloubul – net jammer die ander unies het dit agter gekom grey was altyd die vrystaat se lewens aar saam met die shimlas ma nou word daai laatjies al in st 9 gekoop
@bdb – Pta en bloem het mos ma n ding met uitlanders die plekke is nie kosmopolitaans genoeg vir hulle nie
Users Online
Total 342 users including 0 member, 342 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,831,277 Page Impressions
_