Volgens Beeld is Gary Botha oppad terug Pretoria toe. Hy kan selfs nog ‘n rol vir die Bulle in die res van die Curriebeker speel.
Botha speel die afgelope twee jaar sy rugby in Engeland by Harlequins rugbyklub. Harlequins was onlangs in die nuus oor die groot “Bloodgate” skandaal waarin hulle geskorste afrigter, Dean Richards, deel was. Deans is uiteindelik vir drie jaar geskors.
Botha het glo ’n klousule in sy kontrak wat sy voortgesette betrokkenheid by die klub koppel aan Dean Richards.
Met Richards weg, het Gary Botha die keuse om die klub te verlaat, en hy is van plan om dit te doen.
Dit is uitstekende nuus vir die Bulle was juis ‘n kwaliteit haker nodig het. Derick Kuun is ‘n paar jaar gelede vanaf flank na haker verskuif maar het nooit die invloed op die Bulle voor, wat Botha destyds gehad het nie. Daar is baie wat meen, Derick moet weer oopkant flank begin speel en dat hy ‘n baljagter is. Chilliboy Rallepelle is ook gereeld op toer saam die Bokke.
Gary Botha is ‘n sterk skrumwerker en die Bulle het dit nodig aangesien hulle voorry die afgelope jaar swaargekry het. ‘n Haker wat sterk skrum maak dit makliker vir die stutte rondom hom waar Werner Kruger vir die Bulle sukkel.
In nog nuus het Ian Schwartz, die Bulle se mediabestuurder, erken dat Jaques-Louis Potgieter moontlik terugkeer na die Bulle toe, maar nog niks is onderteken nie.
148@bdb –
Ja, John Galt op keo het ook gese hy het nie BMT nie, toe vra ek hom om n VB te noem, toe kan hy nie.
Net daarna toe speel hy great teen die Haaie, drop die Saders moeg en shape in die finaal. En toe later die Britse Leeus en drie nasies!
@smallies72 –
Die Cheetahs het vir Trevor Leota gehad!
@Supa Die Bloubul – fsru het n lelike toets met hom gedop
@Supa Die Bloubul – Genadiglik nie lank nie.hy was n rassie-isme en rassie is ok te kosmopolitaans vir bloem
153@smallies72 –
Ja, en hy het tog Vrystaat Craven week gespeel, so hulle moes van hom weet. Bulle kan eintlik dankbaar wees hy het so lank agter Derick gespeel. MAar hy was nie altyd so konstant toe hy jonger was nie. Lyk na baie gawe ou Morne, het hom al n keer of wat by Moreletta Park gemeente raakgeloop.
154@smallies72 –
😆
Ja, klink my Rassie het by respek verloor in daai wereld. My oom is n groot Cheetahs, by Bloem geswot en werk nou al 20 jaar daar en hy se die mense like hom nie meer so baie nie!
154 @smallies72 – moet maar een van daardie goed koop wat golwe kan maak vir BFN, want lyk my almal wil net see toe (Durbs) !
@Supa Die Bloubul – hy is plat op die grond sy pa is in poliesman en sy ma skool juf as ek reg is.fs het toe mos vir de waal gekoop en het nie verder ar hul neuse gekyk nie
@Supa Die Bloubul – hy is erger as n hanrkakie broer en dis nie die eerste keer nie toe die tvl hom nie mee wou he nie het ons hom ma gehelp en kyk nou
@bdb – Die wat nie kan rooitaal praat nie bly ma agter of gaan pta toe lol
158@smallies72 –
Ja, jy is reg oor De Waal. De Waal het darem goed in die CC vir hulle gedoen, maar op s14 vlak sukkel hy maar.
Oi oi julle kan dinges praat oor die Bulle se aanwinste. Die groot ding is nie om te koop nie maar om reg te koop. Bulle koop baie min duds.
159@smallies72 –
Ja, hy het nog glad nie oortuig daar in die kaap nie. Al sy energie gaan in spelers koop, plaas bou hy goeie strukture daar.
@Supa Die Bloubul – hy moes nie frankryk toe gegaan het nie
@smallies72 –
Wie dink jy gaan wen? AB of Aus?
Mooi! Bulle het Bees Roux gekoop vir vaskop!!
@Supa Die Bloubul – waar sien jy dit?
@superBul – Dis omdat ian schwarts uit die vrystaat kom chom ek en sy sus werk saam
@Supa Die Bloubul – hy wil mos waai
@Supa Die Bloubul – Die blacks gaan weghol met die aussie
Op die Bulls website. Manne, ek het n nuwe garing oopgemaak. Kom ons gaan gesels daar!
@Supa Die Bloubul – Jy sien hy het vir die cheetahs s14 gespeel n yster nietemin sal jul skrum versterk
Users Online
Total 363 users including 0 member, 363 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,826,598 Page Impressions
_