Waarom kry die Boland-rugbyspan dit so dikwels reg om die Westelike Provinsie te ontsenu?
Kyk ’n mens na die spanlyste voor elke Curriebeker-derby tussen dié buurspanne – en vandag s’n hier in die Boland-stadion is dieselfde ou storie – kan jy niks anders nie as ’n groot sege vir die Streeptruie voorspel.
“Ek dink nie dis enigiets sielkundig nie. Verlede jaar het spanne gesukkel om op Boland se tuisveld bonuspunte te kry weens die toestand van die veld en manier waarop hulle speel,” verduidelik die WP se kaptein, Puke Watson.
“Boland verdien baie krediet daarvoor. Hulle het die vermoë om jou te ontwrig, want hulle speel nie op die gewone gestruktureerde manier nie.
“Daar is in die wedstryde tussen die WP en Boland groter klem daarop omdat ons bure is en almal mekaar ken. Dis daarom meer mededingend.”
Verlede jaar het die Kavaliers die WP ’n kritieke bonuspuntdrie in Wellington ontsê.
In 2007 was dit ’n nederlaag in die Boland-stadion wat die afdanking van Kobus van der Merwe (Uncle Fester) as WP-breier tot gevolg gehad het.
So wat kan ons dan in 2009 verwag? Sekerlik ’n klinkende WP-sege as jy die spanne op papier opweeg.
Die WP het nou ’n pak wat kan oorheers en behoort daarom stelselmatig die lewe uit die Kavaliers te wurg.
Allister Coetzee, afrigter van die WP, moes vandeesweek ’n slotpaar uit Adriaan Fondse, Chris Jack en Anton van Zyl kies.
Boonop kon hy sy neus vir die Springbok-skrumskakel Ricky Januarie(aka The Mechanic) optrek omdat hy “eers Dinsdag” oor sy beskikbaarheid ingelig is.
Wat sou die Boland se breier, Deon Davids, nie doen om sulke probleme te hê nie?
Die veld lyk beter as verlede jaar se moeras, maar die winterweer het wel ’n effense tol geëis.
“Die veld gaan sag wees en dit beteken ons gaan baie goed in die vaste fasette en by die afbreekpunte moet wees. Dit sal later in die wedstryd moeilik raak om die bal met dieselfde spoed en intensiteit wyd te speel,” het Davids aan Marco Botha gesê.
“Janro van Niekerk en Jacobie Adriaanse is albei baie goeie stutte. Om die WP se pak aan te vat, gaan egter ’n poging van al agt voorspelers verg.
“Ons weet die WP is tot dusver baie gevaarlik in dié faset en daarom is dit nóg belangriker dat elke voorspeler vir die man langs hom speel.”
Daar is in die onlangse verlede al genoeg vasgeval om nie sulke foute te maak nie. En dis dan seker ’n goeie rede waarom die WP vandag die oorweldigende gunsteling is.
Die spanne is:
Boland: Justin Peach, Deon Scholtz, Hein Myburgh, Lionel Cornelius, Ernie Kruger, Elgar Watts, Marnus Hugo, Junior Bester, Carel Hoffman, Zolani Mofu, Rito Hlungwane, Nico Esterhuyse, Jacobie Adriaanse, Clemen Lewis (k), Janro van Niekerk. PLAASVERVANGERS: Harry Vermaas, Jané du Toit, Frikkie Spies, André du Toit, Danie van der Merwe, Mark Harris, Llewellyn Adonis.
Westelike Provinsie: Joe Pietersen, Tonderai Chavhanga, Juan de Jongh, Morgan Newman, Gio Aplon, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Puke Watson (k), Duane Vermeulen, Francois Louw, Adriaan Fondse, Chris Jack, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw. PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, JD Moller, Anton van Zyl, Pieter Louw, Bolla Conradie, Paul Bosch, J.J. Engelbrecht.
Skeidsregter: Marius Jonker.
Assistent-skeidsregters: Luke Burger, Reuben Rossouw.
TV-skeidsregter: JC Fortuin.
Verwagte toestande: Gedeeltelik bewolk, ligte suidooster, 20º C.
KingPaul
Mag mens al iets vat? Boing lyk dan oor hier by my?
28@ashley – Hehehehe, wil jy hê ek moet ou Snorre lewensgroot hier opsit…..Bwahahahaha
31@isigidi – Boeing is laaaaaaankal oor…. wel hier by my is al ‘n mooooooosa klomp oor…..
I see Miss Hong Kong 2005 is here also, on the background…. hello RP !
Dink net as die WeePee in die pomp k*k vandag.
Bliksem dit sal entertainment wees.
Is daar ‘n widget wat die manne aan hulle nic’s kan heg om te wys hulle rou?
35@bul-a-bhloo – Hehehehe, jaaaaa daar is, mens noum dit “Mood Icons”… hehehehe
@grootblousmile –
nie lewensgroot nie … maar darem!!
37@ashley – Geduld boetatjie, geduld…. ek sal daai ekstras nog inbou…. flok, ek voel al soos ‘n Blog myself…
Vandag wil ek net ‘n knertsie vat en russsssssssss… en rugby kyk……
Flok, kan julle nou glo, na die rugby vanaand moet ek na iemand se verlowingspaaarty gaan…. flokken jong kinders met beenkoppe….
Gonna, wens ek kon wysheid in botteltjies verkoop… sal ontsettend ryk word….
@grootblousmile – Goeie werk wat julle hier gedoen het, die ou site kan ek hom nie erf nie, hoe kan ek n blog bou vir my fotos en hoe kan ek n watermark op sit sodat die goed nie deur enigiemand gebruik word nie.
SuperBul, kom ons doen gou jou Wireless Network, voor die rugby beginne, wat seg jy ?
40@superBul – Die ou Blog lê op een van Ed se Domains…. hoekom stig jy nie net jou eie WordPress Blog nie ?
@grootblousmile – Right as jy wil wat moet ek doen jou bel?
43@superBul – Ja, bel my
@bul-a-bhloo –
Elke post van jou bewys jy my reg! Kom nou man, word groot, back jy die Bulls eerste of is jou haat vir die WP so groot dat jy nie eintlik omgee wat met jou eie span aangaan nie?
Wa praat julle?
@KingPaul – KP jou senuwees weer rou?
@KingPaul – Nou hoog tyd dat Tacitus hier aansluit sodat julle bietjie hard kan word.
So by the way ek sien nou die dag vir spaticus weer daar op Voldys, waar le sy lojaliteit, want hy het toe oor Bokke gepraat.
Users Online
Total 335 users including 0 member, 335 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,819,893 Page Impressions
_