KingPaul, WP korrespondent
Die Westelike Provinsie se Curriebeker-rugbyspan het ’n groot terugslag beleef voor sy wedstryd vandag hier teen Griekwas.
Die Streeptruie se losskakel, Willem de Waal, is beseer en kan tot twee maande lank buite aksie wees. Peter Grant is vandag hier op GWK-park die losskakel vir die WP.
Die Streeptruie is een van die spanne wat die Noord-Kapenaars op hul tuisveld bloedneus kan gee, maar met De Waal se besering boet die besoekers heelwat taktiese skopvernuf in.
Met Grant die losskakel, sal Morgan Newman nou binnesenter speel.
Sarel Pretorius (skrumskakel), Naas Olivier (losskakel) en Riaan Viljoen (heelagter) sal Grant onder dieselfde soort druk wil plaas as wat vir “Generaal” De Waal beplan is.
Die WP het sy een weg-wedstryd tot dusver vanjaar verloor en is daarom onder druk om nou ’n weg-sege te behaal.
Die WP het Griekwas verlede seisoen met gemak op Nuweland geklop, maar die Diamantstad was op sy beurt ’n begraafplaas vir die Streeptruie.
Die voormalige WP-haker Charl Marais meen die besoekers sal opgewasse wees.
“Die WP behoort die knoop deur te hak. Dit is myns insiens een van Griekwas se groter toetse dié. Dit gaan ’n baie taai wedstryd wees. Griekwas sal hope selfvertroue hê. Sy gestruktureerde speelstyl maak van hom ’n gevaarlike teenstander,” het Marais gesê.
’n Fisieke voorspelerstryd word voorspel. WP het onder andere Chris Jack (slot), Brock Harris (stut) en Tiaan Liebenberg (haker) wat die pap voorlangs dik kan aanmaak. Griekwas kan hom ook voorberei vir ’n rolmaal-aanslag deur die Streeptruie en sal by die afbreekpunte beproef word deur Luke Watson, Duane Vermeulen en Francois Louw.
Jonathan Mokuena (agtsteman en kaptein) en sy flanke, Davon Raubenheimer en Rohan Kitshoff, het hulle reeds bewys en hul tweestryd met die WP-lostrio beloof om rugby vir die fynproewer op te lewer.
Edrich Lubbe, ’n voormalige senter van die Poubloues, meen Griekwas het ’n baie goeie kans om die WP te klop. “Hulle is goed op dreef en het wen-momentum; en die span het baie karakter en min swak punte.
“Hulle het twee sterk unies, die Vrystaat-Cheetahs en die Leeus, weg van die huis af geklop en is op die kruin van die golf,” het Lubbe gister gesê.
Die spanne is:
Griekwas: Riaan Viljoen, Egon Seconds, Jaco Bekker, Barry Geel, Bjorn Basson, Naas Olivier, Sarel Pretorius, Jonathan Mokuena (k), Davon Raubenheimer, Rohan Kitshoff, Jacques Lombaard, Brendon Snyman, Ruaan du Preez, Rayno Barnes, Albertus Buckle. PLAASVERVANGERS: Andries Kruger, Steph Roberts, Heinrich Stride, Sean Plaatjies, Hanno Coetzee, Gavin Passens, Dewald Pretorius.
Westelike Provinsie: Joe Pietersen, Tonderai Chavhanga, Juan de Jongh, Morgan Newman, Gio Aplon, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Puke Watson (k), Duane Vermeulen, Francois Louw, Anton van Zyl, Chris Jack, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw. PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, JD Möller, Adriaan Fondse, Conrad Hoffman, Paul Bosch, Frikkie Welsh.
Skeidsregter: Craig Joubert.
235 Ek dink dis baie close tussen hulle twee wie die beste in die land is.
235 So jy rate hom beter as Jano?
#241 K9
Ek stem, maar as ek sê Jano dan is ek weer eenooglik. Nou sê ek maar wat almal dink.
Hello GBS
Supa. Neem asb kennis van post 198 asb.
#242 Supa
Ek het presies gesê wat jy dink. Ek is nie lus vir konfrontasie vandag nie.
weer ‘n kuk aangee deur kotsgevreet – sub die bliksem nou
–comment under surveillance
244 Ek neem kennis. Darem is hulle altwee 100 maal beter as jou hero Earl! Selfs jou mede leeus dink earl is kuk…hehe
Jis gbs
As Supa kwaad raak bring hy vir Earl in die gesprek. Ontspan Supa.
Ed Ed Ed…gou….kyk asb post 246!!!!!! Gaan jy dit daar laat????
Ek kan nie verstaan dat PdV nie vir Luke n kans wil gee nie? Schalk Burger sal nooit uit sy skaduwee kan kom nie!
Daai grond in Kimberley is so hard, die bal hop hoër as wat jy hom geskop het !
243 Ek stem nog nie, Jano speel al lank goed. Sarel moet dit nog konstant bewys. Maar jy moet erken die outjie lyk goed. Hyt by die Valke destyds gespeel, toe was hy nie so great vir my nie
252 🙂
#250,
Ok ek kyk dit uit.
ai die kaapse kwotas…….
Sarel was al goed by die valke gewees.
K9, kyk nou nommer 246. Laat dit vir alle Wp ondersteuners ‘n fokken waarskuwing wees.
Yebo, yes boys…
Donner, ek het amper ‘n agtergeblewene gefoeter vanmiddag by een van my verskaffers… die ding kannie eers kleingeld tel nie… en ek was soooooooooo flippen haastig.
Terug in die kar het ek maar die MD van die maatskappy gebel en gesê, volgende keer breek ek counters en goed af daar as dit so gaan…
246 Ja, kotsie speel swak vandag.
250 bwaahahaha sorry as ek jou hero beledig!!
#253 Supa
Jy is reg. Jano is die beste.
Amper n goeie gap deur Grant. Net die paas
257 Sarel Seemonster se seun, goeie stoffasie !
Ooooooo foksterrier!! drie kwas
Oi, daar kak WP !!
Tryyyyyyyyyyyyy Basson vir KWAS !!
Nout WP kuk.
Daar skor die Kwas ‘n try.
30-17
Fok…….hulle verander nog die score met ‘n leer daar in Kimberley.
Users Online
Total 107 users including 0 member, 107 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,838,494 Page Impressions
_