KingPaul, WP korrespondent
Die Westelike Provinsie se Curriebeker-rugbyspan het ’n groot terugslag beleef voor sy wedstryd vandag hier teen Griekwas.
Die Streeptruie se losskakel, Willem de Waal, is beseer en kan tot twee maande lank buite aksie wees. Peter Grant is vandag hier op GWK-park die losskakel vir die WP.
Die Streeptruie is een van die spanne wat die Noord-Kapenaars op hul tuisveld bloedneus kan gee, maar met De Waal se besering boet die besoekers heelwat taktiese skopvernuf in.
Met Grant die losskakel, sal Morgan Newman nou binnesenter speel.
Sarel Pretorius (skrumskakel), Naas Olivier (losskakel) en Riaan Viljoen (heelagter) sal Grant onder dieselfde soort druk wil plaas as wat vir “Generaal” De Waal beplan is.
Die WP het sy een weg-wedstryd tot dusver vanjaar verloor en is daarom onder druk om nou ’n weg-sege te behaal.
Die WP het Griekwas verlede seisoen met gemak op Nuweland geklop, maar die Diamantstad was op sy beurt ’n begraafplaas vir die Streeptruie.
Die voormalige WP-haker Charl Marais meen die besoekers sal opgewasse wees.
“Die WP behoort die knoop deur te hak. Dit is myns insiens een van Griekwas se groter toetse dié. Dit gaan ’n baie taai wedstryd wees. Griekwas sal hope selfvertroue hê. Sy gestruktureerde speelstyl maak van hom ’n gevaarlike teenstander,” het Marais gesê.
’n Fisieke voorspelerstryd word voorspel. WP het onder andere Chris Jack (slot), Brock Harris (stut) en Tiaan Liebenberg (haker) wat die pap voorlangs dik kan aanmaak. Griekwas kan hom ook voorberei vir ’n rolmaal-aanslag deur die Streeptruie en sal by die afbreekpunte beproef word deur Luke Watson, Duane Vermeulen en Francois Louw.
Jonathan Mokuena (agtsteman en kaptein) en sy flanke, Davon Raubenheimer en Rohan Kitshoff, het hulle reeds bewys en hul tweestryd met die WP-lostrio beloof om rugby vir die fynproewer op te lewer.
Edrich Lubbe, ’n voormalige senter van die Poubloues, meen Griekwas het ’n baie goeie kans om die WP te klop. “Hulle is goed op dreef en het wen-momentum; en die span het baie karakter en min swak punte.
“Hulle het twee sterk unies, die Vrystaat-Cheetahs en die Leeus, weg van die huis af geklop en is op die kruin van die golf,” het Lubbe gister gesê.
Die spanne is:
Griekwas: Riaan Viljoen, Egon Seconds, Jaco Bekker, Barry Geel, Bjorn Basson, Naas Olivier, Sarel Pretorius, Jonathan Mokuena (k), Davon Raubenheimer, Rohan Kitshoff, Jacques Lombaard, Brendon Snyman, Ruaan du Preez, Rayno Barnes, Albertus Buckle. PLAASVERVANGERS: Andries Kruger, Steph Roberts, Heinrich Stride, Sean Plaatjies, Hanno Coetzee, Gavin Passens, Dewald Pretorius.
Westelike Provinsie: Joe Pietersen, Tonderai Chavhanga, Juan de Jongh, Morgan Newman, Gio Aplon, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Puke Watson (k), Duane Vermeulen, Francois Louw, Anton van Zyl, Chris Jack, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw. PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, JD Möller, Adriaan Fondse, Conrad Hoffman, Paul Bosch, Frikkie Welsh.
Skeidsregter: Craig Joubert.
Olivier gee ‘n doellose skop en van Rensburg se hy dikteer!!! bwaaahahaha
Daai heelagter drop darem bliksems ver!!
Waar is die moderaTOR van hierdie blog?????
Ek het nou mooi gekyk vir 5 minute. Jano is beter as Sarel.
#213 Hier is ek. Wie maak jou kwaad?
213
wil jy die kommentators laat modereer?
@213
Ek kan ook moder eet….
Brock the Rock skrum hulle moer toe
Ed….die WP ouens vloek vreeslik hier. Dis erg!!!
219
wie vloek so lelik?
kwas alweer onkant
220 Almal.
Fark!!! Jano sou daai een gevat het en gescore het!!!!
#219
Ek gaan julle Wp ouens opfok as julle aanhou om sulke lelike fokken taal hier op ons donnerse blog te bebruik. Hier is blerrie dames soos Nipples en Carolus wat hier wil kom fokken gesellig raak. Stop asseblief julle kak nou dadelik.
Ed_die_bebliksemde_Leeu
foksterrier!!
As Kwas eers begin vorentoe gaan is hulle verwoestend!
Sarel speel goed.
Dankie K9. Ek het na die boonste threads gekyk toe dog ek hier is niemand.
kwas 23-17
Chips Chips hier is Supa10.
#223
Dankie Ed. Dit was nodig. Sal hulle onder beheer hou tot 5 uur.
Kpaul. Ek sien wat julle bedoel Die klein Sarel kan Jano maklik lug
#230 K9
Geen probleem nie. Jy weet daai papsakke in die Kaap het weer goed verkoop vandag. Ek verstaan hoekom hulle so lelik praat.
229 Earl the Lion! Ek kom net check dat julle nie twak praat nie…
#227 Plesier. Help maar waar ek kan.
#231 Supa
Baie maklik. Hy is by verre die beste skrummie in die land. Kan nie verstaan dat hy nie vir die bokke speel nie. Sarel moet speel met Jano op die bench.
hierdie dunbeen Joubert is weer in sy element vandag
Vermeulen en Louw speel goed. Luke sukkel. Tiaan se lynstane nie lekker nie.
Klink my opgooi het sy beste game vir die seisoen so ver.
Helloooooooooo,
Sluit ek nou eers hier by julle aan…. flokken verkeer !
Go Kwas !!
WP kort ‘n goeie kaptein.
Users Online
Total 245 users including 0 member, 245 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,843,067 Page Impressions
_