KingPaul,  WP korrespondent 

Die Westelike Provinsie se Curriebeker-rugbyspan het ’n groot terugslag beleef voor sy wedstryd vandag hier teen Griekwas.

Die Streeptruie se losskakel, Willem de Waal, is beseer en kan tot twee maande lank buite aksie wees. Peter Grant is vandag hier op GWK-park die losskakel vir die WP.

Die Streeptruie is een van die spanne wat die Noord-Kapenaars op hul tuisveld bloedneus kan gee, maar met De Waal se besering boet die besoekers heelwat taktiese skopvernuf in.

Met Grant die losskakel, sal Morgan Newman nou binnesenter speel.

Sarel Pretorius (skrumskakel), Naas Olivier (losskakel) en Riaan Viljoen (heelagter) sal Grant onder dieselfde soort druk wil plaas as wat vir “Generaal” De Waal beplan is.

Die WP het sy een weg-wedstryd tot dusver vanjaar verloor en is daarom onder druk om nou ’n weg-sege te behaal.

Die WP het Griekwas verlede seisoen met gemak op Nuweland geklop, maar die Diamantstad was op sy beurt ’n begraafplaas vir die Streeptruie.

Die voormalige WP-haker Charl Marais meen die besoekers sal opgewasse wees.

“Die WP behoort die knoop deur te hak. Dit is myns insiens een van Griekwas se groter toetse dié. Dit gaan ’n baie taai wedstryd wees. Griekwas sal hope selfvertroue hê. Sy gestruktureerde speelstyl maak van hom ’n gevaarlike teenstander,” het Marais gesê.

’n Fisieke voorspelerstryd word voorspel. WP het onder andere Chris Jack (slot), Brock Harris (stut) en Tiaan Liebenberg (haker) wat die pap voorlangs dik kan aanmaak. Griekwas kan hom ook voorberei vir ’n rolmaal-aanslag deur die Streeptruie en sal by die afbreekpunte beproef word deur Luke Watson, Duane Vermeulen en Francois Louw.

Jonathan Mokuena (agtsteman en kaptein) en sy flanke, Davon Raubenheimer en Rohan Kitshoff, het hulle reeds bewys en hul tweestryd met die WP-lostrio beloof om rugby vir die fynproewer op te lewer.

Edrich Lubbe, ’n voormalige senter van die Poubloues, meen Griekwas het ’n baie goeie kans om die WP te klop. “Hulle is goed op dreef en het wen-momentum; en die span het baie karakter en min swak punte.

“Hulle het twee sterk unies, die Vrystaat-Cheetahs en die Leeus, weg van die huis af geklop en is op die kruin van die golf,” het Lubbe gister gesê.

Die spanne is:
Griekwas: Riaan Viljoen, Egon Seconds, Jaco Bekker, Barry Geel, Bjorn Basson, Naas Olivier, Sarel Pretorius, Jonathan Mokuena (k), Davon Raubenheimer, Rohan Kitshoff, Jacques Lombaard, Brendon Snyman, Ruaan du Preez, Rayno Barnes, Albertus Buckle. PLAASVERVANGERS: Andries Kruger, Steph Roberts, Heinrich Stride, Sean Plaatjies, Hanno Coetzee, Gavin Passens, Dewald Pretorius.

Westelike Provinsie: Joe Pietersen, Tonderai Chavhanga, Juan de Jongh, Morgan Newman, Gio Aplon, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Puke Watson (k), Duane Vermeulen, Francois Louw, Anton van Zyl, Chris Jack, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw. PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, JD Möller, Adriaan Fondse, Conrad Hoffman, Paul Bosch, Frikkie Welsh.

Skeidsregter: Craig Joubert.
 

507 Responses to WP sonder Willem teen Griekwas

1 5 6 7 8 9 17
  • 181

    Rustyd 20-17

  • 182

    As Puke nie op die veld was nie was ons 31-20 voor!!

  • 183

    So spel n slot.
    Lombaard van die Kwas.

  • 184

    182

    Stem saam

    Vermeulen speel weer moer goed

  • 185

    Vermeulen moet die bokke se no8 wees.

  • 186

    183
    Daai Pretorius skrumhalf is beslis die 2de beste 9 in die land!!

  • 187

    Derde beste no9

  • 188

    Vermaak dan FdP dan hy.

  • 189

    185
    Jy gaat nou weer allerhande honde uit die bos lok met daai aanmerking!! hehehee

    Hoeveel spelers die Bokke gewoonlik saam as hulle oorsee toer vir die 3N?

  • 190

    188

    🙂

  • 191

    Middag manne, watse komentaar luister julle daai spokerige ou Brosnihann of daai WP gatkruiper op Afrikaans?

  • 192

    WP was saam met die wind.
    Nou laat ons sien hoe doen hulle teen die westewind in Kimberley…..met die omdraaislag.
    De Jongh van die WP lyk goed….Luke ook (se dit maar ter wille van my ou vriend KP….)
    Watch as Luke dalk n drie druk na die oorstoot, daai arm in die lug, met die tattoo….dan gaan die WP-mense mal!

  • 193

    188
    Jy is erger oor Vermaak as wat Supa oor Morne is! hehehe, of is dit nou as wat Supa oor Spies is??

  • 194

    189

    De Jong lyk weer lus vir speel – goeie talent daai outjie

  • 195

    Luister daai farken Brosnihan….en wie is die aap saam hom? Hulle saai so kak uit. SS behoort ‘n nota op die skerm te sit…’ons vra om verskoning vir die swak kommentaar. Ons werk daaraan” !!!!!

  • 196

    191

    John van Rensburg is Quintes van Blouen se kloon

    Irriterende doos

  • 197

    192
    Nee man, jy raak deurmekaar met Luke en Vermeulen?

  • 198

    193…….Supa gaan op die oomblik deur ‘n gewetenswroeging. Hyt ‘n passie vir Morne…maar hy voel of hy Spies verneuk 🙂

  • 199

    195

    stem 100% saam – Afr en Eng ewe kuk

  • 200

    K9 het julle toe bietjie RSG geluister?

  • 201

    Nou ja, hoe gaan dit met die bulletjie rugby, wie is voor ?

  • 202

    #198 bwaghahahahahaha.

  • 203

    strafskop goed so, kwas speel baie negatief

  • 204

    Gewoonlik like ek in n game soos die waar ek nie een span like nie dan back ek die underdog, maar o hel ek kry swaar om die WP te back.
    Maar ek dink julle gaan dit maak, kyk as jy na my sukses op superbru kyk Moet julle dit maak

  • 205

    197# Nee KP, Luke speel ok hoor….en daar is nie baie mense wat hom boo nie.
    So, ek dink jou spannetjie kan dalk net-net die ding doen in Kimberley….
    Nee fokkit……..gooooo Kwas!

  • 206

    SuperBull……..nee ek kon nie inkom nie….

  • 207

    Vat die donnerse punte kotsgefokkenvreet!!

  • 208

    Verloor watson die bal die 3de keer!!! doos!!!

  • 209

    Verloor Luke Doos weer die bal!! 5fokken meter van die doelyn af, en WP is terug in hul eie kwartgebied!!

  • 210

    Daai Viljoen heelagter van die kwas is nogal giftig.

1 5 6 7 8 9 17

Users Online

Total 62 users including 0 member, 62 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm