KingPaul,  WP korrespondent 

Die Westelike Provinsie se Curriebeker-rugbyspan het ’n groot terugslag beleef voor sy wedstryd vandag hier teen Griekwas.

Die Streeptruie se losskakel, Willem de Waal, is beseer en kan tot twee maande lank buite aksie wees. Peter Grant is vandag hier op GWK-park die losskakel vir die WP.

Die Streeptruie is een van die spanne wat die Noord-Kapenaars op hul tuisveld bloedneus kan gee, maar met De Waal se besering boet die besoekers heelwat taktiese skopvernuf in.

Met Grant die losskakel, sal Morgan Newman nou binnesenter speel.

Sarel Pretorius (skrumskakel), Naas Olivier (losskakel) en Riaan Viljoen (heelagter) sal Grant onder dieselfde soort druk wil plaas as wat vir “Generaal” De Waal beplan is.

Die WP het sy een weg-wedstryd tot dusver vanjaar verloor en is daarom onder druk om nou ’n weg-sege te behaal.

Die WP het Griekwas verlede seisoen met gemak op Nuweland geklop, maar die Diamantstad was op sy beurt ’n begraafplaas vir die Streeptruie.

Die voormalige WP-haker Charl Marais meen die besoekers sal opgewasse wees.

“Die WP behoort die knoop deur te hak. Dit is myns insiens een van Griekwas se groter toetse dié. Dit gaan ’n baie taai wedstryd wees. Griekwas sal hope selfvertroue hê. Sy gestruktureerde speelstyl maak van hom ’n gevaarlike teenstander,” het Marais gesê.

’n Fisieke voorspelerstryd word voorspel. WP het onder andere Chris Jack (slot), Brock Harris (stut) en Tiaan Liebenberg (haker) wat die pap voorlangs dik kan aanmaak. Griekwas kan hom ook voorberei vir ’n rolmaal-aanslag deur die Streeptruie en sal by die afbreekpunte beproef word deur Luke Watson, Duane Vermeulen en Francois Louw.

Jonathan Mokuena (agtsteman en kaptein) en sy flanke, Davon Raubenheimer en Rohan Kitshoff, het hulle reeds bewys en hul tweestryd met die WP-lostrio beloof om rugby vir die fynproewer op te lewer.

Edrich Lubbe, ’n voormalige senter van die Poubloues, meen Griekwas het ’n baie goeie kans om die WP te klop. “Hulle is goed op dreef en het wen-momentum; en die span het baie karakter en min swak punte.

“Hulle het twee sterk unies, die Vrystaat-Cheetahs en die Leeus, weg van die huis af geklop en is op die kruin van die golf,” het Lubbe gister gesê.

Die spanne is:
Griekwas: Riaan Viljoen, Egon Seconds, Jaco Bekker, Barry Geel, Bjorn Basson, Naas Olivier, Sarel Pretorius, Jonathan Mokuena (k), Davon Raubenheimer, Rohan Kitshoff, Jacques Lombaard, Brendon Snyman, Ruaan du Preez, Rayno Barnes, Albertus Buckle. PLAASVERVANGERS: Andries Kruger, Steph Roberts, Heinrich Stride, Sean Plaatjies, Hanno Coetzee, Gavin Passens, Dewald Pretorius.

Westelike Provinsie: Joe Pietersen, Tonderai Chavhanga, Juan de Jongh, Morgan Newman, Gio Aplon, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Puke Watson (k), Duane Vermeulen, Francois Louw, Anton van Zyl, Chris Jack, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw. PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, JD Möller, Adriaan Fondse, Conrad Hoffman, Paul Bosch, Frikkie Welsh.

Skeidsregter: Craig Joubert.
 

507 Responses to WP sonder Willem teen Griekwas

1 3 4 5 6 7 17
  • 121

    #117 Trupi

    Nie daai goed nodig nie.

  • 122

    120 – ag, post jy maar die highlights eerder

  • 123

    @115
    Goedgestel SAB
    Net omdat ‘n die oom wat die blitong verkoop ‘n bloubul keppie ophet gaan my nie daarvan weerhou om biltong by hom te koop nie…

  • 124

    #121 Ed — K9 se hy’s al 30 jaar uit die army en daai goed begin nou eers werk.

  • 125

    Luister ouens, gaan ons sommer hier aan vir die Griekwa/WP game, of wil julle he ek moet ‘n nuwe game garing oopmaak?

  • 126

    122……highlites van my valium?

  • 127

    K9

    Dit is al wat help!!

  • 128

    KP gaan sommer aan hier

  • 129

    115/118#

    Ek sal my kanse vat met Griekwas, of die Bulle…dankie.
    Ten minste weet ek waar ek staan met hulle.
    Hulle het nie Lukasse, Langbekke en Skeates met tattooss in hulle span nie, of manne wat rokke dra op troues met bruide wat in heksgewaad geklee is nie.

  • 130

    #124 Trupi

    Ek glo dit nie.

  • 131

    126…oooopsss….. vertel ons eerder as jy op acid is.

  • 132

    Hopelik het Griekwas by Hendro Scholtz afgekyk hoe om kotsgevreet te donner, en verbeter hulle daarop, dan kan ons lekker na die game kyk 🙂

  • 133

    #132 SAB

    😀

  • 134

    129
    hehehe
    My suster is met ‘n Skot getroud. Seun van Dokter Thompson daar van Swellendam. Hy boer nou melk da by Stormsvlei. Moet sê hy het nogal spoggerig is sy rokkie gelyk. Maar dan het hy ook soos ‘n Skotsmen gevloek op enige een wat hom gechirp het. Maar Puke en sy getatoode tjommies kan maar waai, nog net 14 games…..

  • 135

    Soek julle mense ‘n nuwe thread vir die WP/ Griekwas game? KP wil weet.

  • 136

    134# Dr Thompson is n Vrystater.
    Hy kom van Bloemfontein af.
    Was nog nooit in Skotland nie.
    Hy is my dokter op CCK.
    En ons twee stap saam, al lankal, tot op Kilamandjaro.
    Vra jou suster.
    Sy bynaam is ‘Next’.
    Woon in Van Oudtshoornweg.

  • 137

    129

    Pieta, elke huis het maar sy kruis

    WP het vir Watson – tydelik, en die haasbekke permanent
    Die Bulls het vir Joost en Steve

    Terloops, Joost het glo self ‘n pikante tattootjie na verneem word.

    Weet nie of die res van die Bulls ook tattoos het nie – ek het hulle nog nie kaalgat gesien nie, en beplan ook nie om nadere ondersoek in te stel nie 🙂

  • 138

    Daarsie fout met ‘n tatoo nie.

  • 139

    137# Hey broer, ek is n ou WP ondersteuner, baaaaaaaie langer as party van die laaities hier.
    Ek het in die GUB gespeel saam met party van hulle pappas, hulle kan my fckol vertel van WP-rugby nie.
    Glo my.
    Maar met die kuk wat nou daar aangaan staan ek ver weg van WP, uit protes.

    En julle wat WP ondersteun en die pawiljoene volpak as WP op Nuweland speel met Luke as kaptein, julle steun nie SA rugby nie, vergeet dit.
    Hy moet geboee word elke keer as hy op die veld draf.
    Hy moes nooit die groen en goud gedra het nie.
    Hy het WP se naam deur die modder gesleep.
    Vra vir Superbul wat ek hom gese het in Feb, met die eerste wedstryd, en hoekom ek nie daar was nie?
    Ek staan by my beginsels.

  • 140

    134/137#
    En julle kan dit maar nou erken hier op ons eie blog, julle twee was eintlik nog altyd Luke supporters.
    Moenie stry nie.
    Dis hoekom julle heeltyd se hy en Langbek is nie pelle nie, juille is aan Luke se kant…..

  • 141

    139 en 140

    Pietman, ek verag vir Watson en het dit konsekwent op elke forum waar ek blog dudielik gestel

    ‘n broederlike apologie aan my sal nou welkom wees en in goeie gees aanvaar word

  • 142

    Trples stuur die boodskap:

    “Groet asb as jy kan vir almal op die blog, ons internet het afgegaan, lekker naweek en GO BULLS en BOKKE wooooohooooooooo

    Praat dinsdag weer met julle….”

  • 143

    141# SAB
    Ok, ek vra om verskoning.
    Jy is onskuldig, jammer bru.
    Dis daai tjommoe Paul van jou dan, die klein Luke aanbidder!!!

  • 144

    140
    Ek is nie aan Luke se kant nie, maar wel aan Andries Bekekr se kant. En ook gatvol om elke keer jou reg te help, so ek los dit maar nou daar. Anders as SAB is ek hardegat genoeg om nie eers ‘n verskoning te vra vir daai blatante belediging nie. Ek sal maar ‘n dop skink en maak of ek dit nie gelees het nie. 😆
    GO WP

  • 145

    143 Pietman

    🙂 saak is reg bru

    hehehe ek dink KP stik nou aan sy dop !!

  • 146

    Net kort van Joe.

  • 147

    Griekwas het die oorhand.

  • 148

    right…ek gaan nou loop. cheers almal

  • 149

    144# KP
    Jy is Andries Bekker se kant?
    So jy reken hy is n toekomstige Springbokslot van formaat?
    Ek sal graag wil hoor hoekom jy so dink, regtig.

  • 150

    Go KWAS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

1 3 4 5 6 7 17

Users Online

Total 182 users including 0 member, 182 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm