KingPaul,  WP korrespondent 

Die Westelike Provinsie se Curriebeker-rugbyspan het ’n groot terugslag beleef voor sy wedstryd vandag hier teen Griekwas.

Die Streeptruie se losskakel, Willem de Waal, is beseer en kan tot twee maande lank buite aksie wees. Peter Grant is vandag hier op GWK-park die losskakel vir die WP.

Die Streeptruie is een van die spanne wat die Noord-Kapenaars op hul tuisveld bloedneus kan gee, maar met De Waal se besering boet die besoekers heelwat taktiese skopvernuf in.

Met Grant die losskakel, sal Morgan Newman nou binnesenter speel.

Sarel Pretorius (skrumskakel), Naas Olivier (losskakel) en Riaan Viljoen (heelagter) sal Grant onder dieselfde soort druk wil plaas as wat vir “Generaal” De Waal beplan is.

Die WP het sy een weg-wedstryd tot dusver vanjaar verloor en is daarom onder druk om nou ’n weg-sege te behaal.

Die WP het Griekwas verlede seisoen met gemak op Nuweland geklop, maar die Diamantstad was op sy beurt ’n begraafplaas vir die Streeptruie.

Die voormalige WP-haker Charl Marais meen die besoekers sal opgewasse wees.

“Die WP behoort die knoop deur te hak. Dit is myns insiens een van Griekwas se groter toetse dié. Dit gaan ’n baie taai wedstryd wees. Griekwas sal hope selfvertroue hê. Sy gestruktureerde speelstyl maak van hom ’n gevaarlike teenstander,” het Marais gesê.

’n Fisieke voorspelerstryd word voorspel. WP het onder andere Chris Jack (slot), Brock Harris (stut) en Tiaan Liebenberg (haker) wat die pap voorlangs dik kan aanmaak. Griekwas kan hom ook voorberei vir ’n rolmaal-aanslag deur die Streeptruie en sal by die afbreekpunte beproef word deur Luke Watson, Duane Vermeulen en Francois Louw.

Jonathan Mokuena (agtsteman en kaptein) en sy flanke, Davon Raubenheimer en Rohan Kitshoff, het hulle reeds bewys en hul tweestryd met die WP-lostrio beloof om rugby vir die fynproewer op te lewer.

Edrich Lubbe, ’n voormalige senter van die Poubloues, meen Griekwas het ’n baie goeie kans om die WP te klop. “Hulle is goed op dreef en het wen-momentum; en die span het baie karakter en min swak punte.

“Hulle het twee sterk unies, die Vrystaat-Cheetahs en die Leeus, weg van die huis af geklop en is op die kruin van die golf,” het Lubbe gister gesê.

Die spanne is:
Griekwas: Riaan Viljoen, Egon Seconds, Jaco Bekker, Barry Geel, Bjorn Basson, Naas Olivier, Sarel Pretorius, Jonathan Mokuena (k), Davon Raubenheimer, Rohan Kitshoff, Jacques Lombaard, Brendon Snyman, Ruaan du Preez, Rayno Barnes, Albertus Buckle. PLAASVERVANGERS: Andries Kruger, Steph Roberts, Heinrich Stride, Sean Plaatjies, Hanno Coetzee, Gavin Passens, Dewald Pretorius.

Westelike Provinsie: Joe Pietersen, Tonderai Chavhanga, Juan de Jongh, Morgan Newman, Gio Aplon, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Puke Watson (k), Duane Vermeulen, Francois Louw, Anton van Zyl, Chris Jack, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw. PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, JD Möller, Adriaan Fondse, Conrad Hoffman, Paul Bosch, Frikkie Welsh.

Skeidsregter: Craig Joubert.
 

507 Responses to WP sonder Willem teen Griekwas

  • 91

    Ok my google werk ook ………………..Kevin de Klerk Elected GLRU President ……

    So friggin what heheheheh Bakkies sal hom knoop man!!!!

  • 92

    88 — moenie worry nie – hy sal blink wanneer ons hom weer vat in die finaal teen julle.

  • 93

    #82 AB

    Ons het die S10 titel, 3rd meeste Currie Bekers, die 1995 Wêreld beker gewen.
    Ons het in een jaar die LionCup, Currie Cup, Vodacom (gedeel met BB) gewen.
    Daar is meer sukses in daardie kamp as wat jy wil herken.

    In 1993 het ons die S10 gewen teen Auckland 20-17. Twee jaar later het ons in die finaal verloor teen Queensland 30-16. Waar was die bulle in die 90’s. Waar was wp in die 90’s.
    Nee man, gee ‘n span sy krediet.

  • 94

    Yes Pieta ek hoor die seerkry, maar dinge sal regkom daar onder, tot dan is jy in n baie suksesvolle familie hier by ons!

  • 95

    #91 Tripples.

    Jy ken nie vir Kevin nie. In sy dae sou Bakkies nie naby hom gekom het nie. So hard soos ‘n klip!!

  • 96

    89
    Nuweland is al rugby stadion in die land wat nog nie verkoop is nie. Geen ander rugby unie besit meer hul eie stadions nie, maar huur dit by die plaaslike munispaliteite. Maar soos jy sê, hulle sal nie sommer Nuweland verkoop nie. By Groenpunt is nie genoeg losies nie.

  • 97

    EEE

    Kevin is na Frik die beste slot wat SA nog ooit gehad het!

  • 98

    #93 Relax ED…….die leeutjies was awesome gewees veral in 1995……..en miskien nou dat dinge daar bietjei reggeruk word met die bestuur et al, sal dinge nou weer op pad kom vir julle

  • 99

    #87 Trupi

    Ja, julle sit met die beker.

  • 100

    #98 Tripples,

    Ek is baie relaxed.

  • 101

    #95 sal defintief hom gaan opswot….maar hy is nou oud en Bakkies sal hom buig hehehehe

  • 102

    89# Stem is een ding, betaal is n ander storie.
    Hulle trek Groenpunt toe.
    Danksy Koos Basson en Tobie Titus.

  • 103

    #93 Ed
    Dis goed en mooi so maar ek kan nie dieselfde feite hier plaas van die BULLE nie, hier is te min plek in die comments blok! 😉

  • 104

    #99 — hoekom vertel jy my? Ek WEET! hehehehe.

    Julle moet dalk weer vir LouisLuyt aanstel — dis hoe lank terug julle enige hoogtes bereik het.

    en dalk `n dubbel sitplek vir Jimmy Abbott….

  • 105

    #103 AB,

    Reg so!

  • 106

    Ok Cheers!!

  • 107

    Trupi

    Hoe lankal is jy al ‘n shark?

  • 108

    Ed – waar gaan jy?

  • 109

    94# En as julle Bulle my nie wil he nie, dan trek ek Griekwas toe 🙂 !
    Maar nie weer WP vir my nie, Griekwas of Bulle, totdat ek dooi…

  • 110

    107 — van seker so1987 af. Hoekom?

  • 111

    #110 Vra net.

  • 112

    K9 – OK 😎

  • 113

    Ok\, cheers almal. ek moet gaan tog vir die rugby en deep heat en wintergreen smeer op die spiere…sien julle na die game met n koue bier in my hand…
    Griekwaaaaaaaaaaas! 🙂

  • 114

    cheers Piet — onthou net — daai gel wat jy gekoop het moet jy eet — nie opvryf nie

  • 115

    My perspektief:-

    Dis nie lekker om (vir die res van die seisoen daai klein doos as kaptein te hê nie.
    Dis nie lekker om hom hoegenaamd in ‘n WP trui te sien nie
    Maar kotsgevreet is nie die wp nie. Hy is ‘n lelike vrat op die gesig van wp- en SA rugby wat binnekort verwyder word.

    As ek ‘n vergelyking mag tref

    Sekere politisie staan my nie aan nie. Maar hulle kan my nie weerhou om ‘n volbloed Suid Afrikaner te wees nie

    Watson en die haasbekke kan my dus ook nie weerhou daarvan om die WP te ondersteun nie

  • 116

    #108 terug, gou my prozac gedrink

  • 117

    116 – Ed — Prozac? Dog dis dalk bloufieterjoel…

  • 118

    @109
    Dis reg so Pietman. Hier is gelukkig oorgenoeg trotse WP supporters wat hul span deur dik en dun en tot die dood toe sal support. Pasop net dat jy in die toekoms nie baklei optel met die Bulls of Griekwa supporters nie. 😆

  • 119

    Daar is nou ‘n program op RSG waar mense kan inbel en hul sê sê oor Snorre vir die wat belangstel.

  • 120

    Ed

    Ek vat gewoonlik ‘n valium voor ek hier blog.

Users Online

Total 217 users including 0 member, 217 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm