KingPaul, WP korrespondent
Die Westelike Provinsie se Curriebeker-rugbyspan het ’n groot terugslag beleef voor sy wedstryd vandag hier teen Griekwas.
Die Streeptruie se losskakel, Willem de Waal, is beseer en kan tot twee maande lank buite aksie wees. Peter Grant is vandag hier op GWK-park die losskakel vir die WP.
Die Streeptruie is een van die spanne wat die Noord-Kapenaars op hul tuisveld bloedneus kan gee, maar met De Waal se besering boet die besoekers heelwat taktiese skopvernuf in.
Met Grant die losskakel, sal Morgan Newman nou binnesenter speel.
Sarel Pretorius (skrumskakel), Naas Olivier (losskakel) en Riaan Viljoen (heelagter) sal Grant onder dieselfde soort druk wil plaas as wat vir “Generaal” De Waal beplan is.
Die WP het sy een weg-wedstryd tot dusver vanjaar verloor en is daarom onder druk om nou ’n weg-sege te behaal.
Die WP het Griekwas verlede seisoen met gemak op Nuweland geklop, maar die Diamantstad was op sy beurt ’n begraafplaas vir die Streeptruie.
Die voormalige WP-haker Charl Marais meen die besoekers sal opgewasse wees.
“Die WP behoort die knoop deur te hak. Dit is myns insiens een van Griekwas se groter toetse dié. Dit gaan ’n baie taai wedstryd wees. Griekwas sal hope selfvertroue hê. Sy gestruktureerde speelstyl maak van hom ’n gevaarlike teenstander,” het Marais gesê.
’n Fisieke voorspelerstryd word voorspel. WP het onder andere Chris Jack (slot), Brock Harris (stut) en Tiaan Liebenberg (haker) wat die pap voorlangs dik kan aanmaak. Griekwas kan hom ook voorberei vir ’n rolmaal-aanslag deur die Streeptruie en sal by die afbreekpunte beproef word deur Luke Watson, Duane Vermeulen en Francois Louw.
Jonathan Mokuena (agtsteman en kaptein) en sy flanke, Davon Raubenheimer en Rohan Kitshoff, het hulle reeds bewys en hul tweestryd met die WP-lostrio beloof om rugby vir die fynproewer op te lewer.
Edrich Lubbe, ’n voormalige senter van die Poubloues, meen Griekwas het ’n baie goeie kans om die WP te klop. “Hulle is goed op dreef en het wen-momentum; en die span het baie karakter en min swak punte.
“Hulle het twee sterk unies, die Vrystaat-Cheetahs en die Leeus, weg van die huis af geklop en is op die kruin van die golf,” het Lubbe gister gesê.
Die spanne is:
Griekwas: Riaan Viljoen, Egon Seconds, Jaco Bekker, Barry Geel, Bjorn Basson, Naas Olivier, Sarel Pretorius, Jonathan Mokuena (k), Davon Raubenheimer, Rohan Kitshoff, Jacques Lombaard, Brendon Snyman, Ruaan du Preez, Rayno Barnes, Albertus Buckle. PLAASVERVANGERS: Andries Kruger, Steph Roberts, Heinrich Stride, Sean Plaatjies, Hanno Coetzee, Gavin Passens, Dewald Pretorius.
Westelike Provinsie: Joe Pietersen, Tonderai Chavhanga, Juan de Jongh, Morgan Newman, Gio Aplon, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Puke Watson (k), Duane Vermeulen, Francois Louw, Anton van Zyl, Chris Jack, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw. PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, JD Möller, Adriaan Fondse, Conrad Hoffman, Paul Bosch, Frikkie Welsh.
Skeidsregter: Craig Joubert.
Ed. 5 uur.
Ed
Jy kan ook nie op jou mat in die kamer na n koppie toe put en se dis 9 gate nie
#450 Ja jou ou Snothol,
Jy is nou lekker bebliksemd. Jy gaan more oggend vroeg opstaan en probeer 36 speel.
#451 K9
Dankie ou staatmaker!!
K9,
Gaan jyb uit vanaand of kyk jy maar ruggas by the house?
Dus, of Bulls of Sharks kan 2de lê na vanaand se wedstryde, as hulle wen.
Sjoe, GW is darem mooi los voor.
Vrystaat o/21 donner die bulle op. Lyk my daars nie diepte nie..
Cuzzy. Bly hom die hys!!
K9,
Nee ek loer hom so… Ek dink die Vrystaat o/21 sal die Leeus ook op donner 😆
Kan julle dink hoe vol is daai Spur waar Loffie musiek maak vanaand, en al die mullets en hulle cherries is daar! Kyk maar K9 gaan netnou wegraak!
#458 K9
Ek gaan saam so paar vriende vir ‘n paar girls gaan kuier by Revere Beach. Ek hoop die dames hou van cocktails!!
444 – BDB,
Het klaar ‘n Game Thread oopgemaak vir die BELANGRIKSTE game vandag !
458 telling ?
Score daai Van Zyl laaitie sommer so sonder sy trui hehehe
AB,
Whaahahahaha!!! Loffie en kie! Mulletman Deon is nou-nou daar dan sing hulle: Saaaaal ons die bulle nooit vergeet vir huuullle slapgatgeit…heheheehe!
Lyk my ons gaan vandag die eerste 500# oorskry hier op die nuwe blog.
Ek sal #500 n dop koop as dit gebeur.
Regtig, se net waar, watter kroeg, GBS sal betaal…..tot ek en hy weer by mekaar kom in SA…dan sal ek met hom regmaak.
Nommer 500 kan enige dop bestel en Piteman sal betaal, met GBS se geld….vir nou.
Ed,
is dit wat groot manne dit noem in USA??? Cocktails… 😆
25 – 0 na 25 mins.
Pietman,
Ek drink jack dankie broer!
Lyk my die vrystaters is kwaad, haal dit op die Bulle uit.
Ed waar is jy nou ou tinktinkie voorvel? Hehehe!
bdb,
Jaa hulle run ons van die park af…
Nou sit al die dose en wag todat Cuzzy post op 498, dan wil almal in spring en post!
#471 Hello Cuzzy
Ek is nog hier. Ek geniet net jou posts so baie, ek sukkel om self ‘n kansie te kry.
BB 0/21 het 17 punte op log, en Vrystaters 2 … g’n wonder hul is so desperaat nie, moet nou terugveg anders is dit ‘tickets’. Dalk ‘n goeie waarskuwing vir die BB se senior span !
Ed,
Hoekom het hoender hane nie hande nie??
bdb,
Presies!
GBS het die geel kepsie…sover, sien ek.
Pietman,
Het jy skype daar ?
Gaan hier bly tot 500, en dan oorskuif na die Bulle thread.
Users Online
Total 371 users including 0 member, 371 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,823,190 Page Impressions
_