KingPaul, WP korrespondent
Die Westelike Provinsie se Curriebeker-rugbyspan het ’n groot terugslag beleef voor sy wedstryd vandag hier teen Griekwas.
Die Streeptruie se losskakel, Willem de Waal, is beseer en kan tot twee maande lank buite aksie wees. Peter Grant is vandag hier op GWK-park die losskakel vir die WP.
Die Streeptruie is een van die spanne wat die Noord-Kapenaars op hul tuisveld bloedneus kan gee, maar met De Waal se besering boet die besoekers heelwat taktiese skopvernuf in.
Met Grant die losskakel, sal Morgan Newman nou binnesenter speel.
Sarel Pretorius (skrumskakel), Naas Olivier (losskakel) en Riaan Viljoen (heelagter) sal Grant onder dieselfde soort druk wil plaas as wat vir “Generaal” De Waal beplan is.
Die WP het sy een weg-wedstryd tot dusver vanjaar verloor en is daarom onder druk om nou ’n weg-sege te behaal.
Die WP het Griekwas verlede seisoen met gemak op Nuweland geklop, maar die Diamantstad was op sy beurt ’n begraafplaas vir die Streeptruie.
Die voormalige WP-haker Charl Marais meen die besoekers sal opgewasse wees.
“Die WP behoort die knoop deur te hak. Dit is myns insiens een van Griekwas se groter toetse dié. Dit gaan ’n baie taai wedstryd wees. Griekwas sal hope selfvertroue hê. Sy gestruktureerde speelstyl maak van hom ’n gevaarlike teenstander,” het Marais gesê.
’n Fisieke voorspelerstryd word voorspel. WP het onder andere Chris Jack (slot), Brock Harris (stut) en Tiaan Liebenberg (haker) wat die pap voorlangs dik kan aanmaak. Griekwas kan hom ook voorberei vir ’n rolmaal-aanslag deur die Streeptruie en sal by die afbreekpunte beproef word deur Luke Watson, Duane Vermeulen en Francois Louw.
Jonathan Mokuena (agtsteman en kaptein) en sy flanke, Davon Raubenheimer en Rohan Kitshoff, het hulle reeds bewys en hul tweestryd met die WP-lostrio beloof om rugby vir die fynproewer op te lewer.
Edrich Lubbe, ’n voormalige senter van die Poubloues, meen Griekwas het ’n baie goeie kans om die WP te klop. “Hulle is goed op dreef en het wen-momentum; en die span het baie karakter en min swak punte.
“Hulle het twee sterk unies, die Vrystaat-Cheetahs en die Leeus, weg van die huis af geklop en is op die kruin van die golf,” het Lubbe gister gesê.
Die spanne is:
Griekwas: Riaan Viljoen, Egon Seconds, Jaco Bekker, Barry Geel, Bjorn Basson, Naas Olivier, Sarel Pretorius, Jonathan Mokuena (k), Davon Raubenheimer, Rohan Kitshoff, Jacques Lombaard, Brendon Snyman, Ruaan du Preez, Rayno Barnes, Albertus Buckle. PLAASVERVANGERS: Andries Kruger, Steph Roberts, Heinrich Stride, Sean Plaatjies, Hanno Coetzee, Gavin Passens, Dewald Pretorius.
Westelike Provinsie: Joe Pietersen, Tonderai Chavhanga, Juan de Jongh, Morgan Newman, Gio Aplon, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Puke Watson (k), Duane Vermeulen, Francois Louw, Anton van Zyl, Chris Jack, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw. PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, JD Möller, Adriaan Fondse, Conrad Hoffman, Paul Bosch, Frikkie Welsh.
Skeidsregter: Craig Joubert.
Geluk Die Kwas en geluk Leeutjies.
WELL DONE LIONS VIR DIE WEN TEEN BOLAND…..
Heeeeee Haaaaaaaa
Flok, Leeus scrape home 19 / 13…
Dis maar kaksleg vannie Leeus, moet sê !
419 Ed, hoeveel kalmeerpille moes jy gebruik ? 😉
GBS,
Nee man laat die supporters goed voel!!!
Die Boland is sover die beste span in die CC….Bwaahahaha!!
Ek het Boland/Leeus game darem spot -on
As die Leeus so aanhou voortploeter, skree Ed een van die dae vir die Bulle …
Man dis alles deel van die leeus se groter plan 😉
Beeld Hoofopskrif more: “Lions down MIGHTY BOLAND WARRIORS”
Ed,
Fok Disprin is nie Kalmeer pille nie jou walviswang!
#427 Ek vloek jou nou verskriklik.
AB
Bwaahahahahaha!!! “Mighty Boland gou down to Lions…”
GOOOOOO Vrystaaaaat!!!!!!
Ed is al lank n Bulls supporter…
Go Cheetahs!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
K9,
Neeeeeeee wat jy kan mos nou beter as dit??
#434 Cuzzy
Jy moet eers leer golf speel voor jy mag praat. Woensdag ‘n 36 gespeel.
Down a Lion and feel satisfied!!!!! Vra maar die girls.
“Mighty Mouses: Oops ! we did it again”
Mense, ek het ‘n Game thread opgesit vir die Cheetahs / Bulls game… en sal netnou die CC Log behoorlik update….
Moet net gou eers my werkers in Pretoorsdorp betaal met ‘n oorplasingkie…
Log:
Griekwas 23
Leeus 15
WP 15
Bulle 14
Sharks 13
Boland 5
Cheetahs 1
Luiperds 0
Hoe laat speel die bokke môre K9?
Ed,
Op die eerste gaat jaaaaa. Wat het jy toe op die ander 17 gespeel???
GBS/Ed, gaan julle ‘n nuwe thread begin vir die hoofwedstryd vanaand, of gaan ons hier aanhou gesels ?
As ek n Leeu supporter was het ek vanaand al my grocery geld gevat en gaan PARTY!
#443 Cuzzy
Dit was 9 gate. Hier tel jy ook nie jou bal op nie. jy speel die gat klaar.
Ed 6h30 moreoggend, staan vroeg op vanaand ok…
440 Goed, dankie !
#444 Hoofwedstryd is verby. Ons praat maar hier.
Ed,
Fok jy kan nie n pitch en put 9 gate noem nie trilvelletjie…
Users Online
Total 309 users including 0 member, 309 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,822,809 Page Impressions
_