KingPaul, WP korrespondent
Die Westelike Provinsie se Curriebeker-rugbyspan het ’n groot terugslag beleef voor sy wedstryd vandag hier teen Griekwas.
Die Streeptruie se losskakel, Willem de Waal, is beseer en kan tot twee maande lank buite aksie wees. Peter Grant is vandag hier op GWK-park die losskakel vir die WP.
Die Streeptruie is een van die spanne wat die Noord-Kapenaars op hul tuisveld bloedneus kan gee, maar met De Waal se besering boet die besoekers heelwat taktiese skopvernuf in.
Met Grant die losskakel, sal Morgan Newman nou binnesenter speel.
Sarel Pretorius (skrumskakel), Naas Olivier (losskakel) en Riaan Viljoen (heelagter) sal Grant onder dieselfde soort druk wil plaas as wat vir “Generaal” De Waal beplan is.
Die WP het sy een weg-wedstryd tot dusver vanjaar verloor en is daarom onder druk om nou ’n weg-sege te behaal.
Die WP het Griekwas verlede seisoen met gemak op Nuweland geklop, maar die Diamantstad was op sy beurt ’n begraafplaas vir die Streeptruie.
Die voormalige WP-haker Charl Marais meen die besoekers sal opgewasse wees.
“Die WP behoort die knoop deur te hak. Dit is myns insiens een van Griekwas se groter toetse dié. Dit gaan ’n baie taai wedstryd wees. Griekwas sal hope selfvertroue hê. Sy gestruktureerde speelstyl maak van hom ’n gevaarlike teenstander,” het Marais gesê.
’n Fisieke voorspelerstryd word voorspel. WP het onder andere Chris Jack (slot), Brock Harris (stut) en Tiaan Liebenberg (haker) wat die pap voorlangs dik kan aanmaak. Griekwas kan hom ook voorberei vir ’n rolmaal-aanslag deur die Streeptruie en sal by die afbreekpunte beproef word deur Luke Watson, Duane Vermeulen en Francois Louw.
Jonathan Mokuena (agtsteman en kaptein) en sy flanke, Davon Raubenheimer en Rohan Kitshoff, het hulle reeds bewys en hul tweestryd met die WP-lostrio beloof om rugby vir die fynproewer op te lewer.
Edrich Lubbe, ’n voormalige senter van die Poubloues, meen Griekwas het ’n baie goeie kans om die WP te klop. “Hulle is goed op dreef en het wen-momentum; en die span het baie karakter en min swak punte.
“Hulle het twee sterk unies, die Vrystaat-Cheetahs en die Leeus, weg van die huis af geklop en is op die kruin van die golf,” het Lubbe gister gesê.
Die spanne is:
Griekwas: Riaan Viljoen, Egon Seconds, Jaco Bekker, Barry Geel, Bjorn Basson, Naas Olivier, Sarel Pretorius, Jonathan Mokuena (k), Davon Raubenheimer, Rohan Kitshoff, Jacques Lombaard, Brendon Snyman, Ruaan du Preez, Rayno Barnes, Albertus Buckle. PLAASVERVANGERS: Andries Kruger, Steph Roberts, Heinrich Stride, Sean Plaatjies, Hanno Coetzee, Gavin Passens, Dewald Pretorius.
Westelike Provinsie: Joe Pietersen, Tonderai Chavhanga, Juan de Jongh, Morgan Newman, Gio Aplon, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Puke Watson (k), Duane Vermeulen, Francois Louw, Anton van Zyl, Chris Jack, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw. PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, JD Möller, Adriaan Fondse, Conrad Hoffman, Paul Bosch, Frikkie Welsh.
Skeidsregter: Craig Joubert.
AB,
Hehehhehehehe!! AB toe die WP die Bulle op Loftus speel in die S14, het jy daai een banner gesien wat se: Jaaa Luke ek wil ook op my banner kots as ek jou sien…
K9,
Ek dog ou mense soos jy het al een…hehehe!
Skop Rose n penalty mis.
Nogsteeds 16-13
K9,
Is dit jy wat so hard skreeu daar uit die Weste uit? Ek hoor iets…
392…waar sien jy dit?
Supa/Cuzy
Nee, hy wou die wendrie druk.
Vanaf agter die pak, wat hom oordryf .
Maar toe was daar f’col pak en dryf nie, en geen armpie in die lug om nuwe vroutjie te wys en te beindruk nie.
Nou sit hy in Kimberley en chocolate milk shakes suip, op die tekkel bags, met sy selfoon af…..
394 Ek het goeie oe.
Faaaaark daai is nog n ou wat my maak kots…Earl Rose!
Sorry K9 ek weet dis julle beste speler… 😆
Lyk my die Boland is moeilike kalante daar op hul tuisveld … en volgende week moet die WP hul daar speel.
Cuzzy…..eks skree niks…….daai leeus so sukkel teen die Boland.
#397 Ja jou ou fokken sop drol.
397
Daai ou is verby useless…
Pietman,
Bwahahahaha!!! Lag ek nou so hard-op, die kleinding lag somme saam!
Cuzzy
Teen wie speel die Lions dat hulle voor is met 3 punte? Die All Blacks?
K9 Iemand op keo gee updates.
HHAAAALLLLLLOOOOOOO ED jou ou tietkop tief…
Ex player sms my die heeltyd.
#403
Jy kan amper so sê.
AB,
Nee broer, hulle speel die Bothaville pappegaaie, dis n te sterk span vir die Leeus… 😆
#405 Wat sê jy jou ou slymsloot?
Go Earl Rose Go 👿
K9 Daar is n ou op superbry ook wat updates gee.
Daar al n eindtelling?
Ed,
Nee soos n jakkals, le voor die gat en tjank…
Hoop die Vrystaat donner daai Nulle op…six/love!!!!
Daar score Boland!
Grap net. Lions nou 6 punte voor.
19 – 13 final.
19 – 13 lions Klaar.
K9
Sies man ou maat… Maak jy nou my hart seer! 😆
Supa,
sal dit nie verby hulle sit nie!!
19-13 Leeus. Verby
K9
Is die Boland n goeie aanduiding van julle dominasie in die Currie Cup?
Users Online
Total 489 users including 0 member, 489 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,828,108 Page Impressions
_