Inhoud deur J.J. HARMSE
Met die Wallabies as teenstanders in die volgende drie wedstryde in die Drienasies-rugbyreeks, gaan die Springbokke van vandag af met ’n heeltemal nuwe aanslag begin voorberei.
Die Australiërs gaan ander eise aan die Suid-Afrikaners stel en hulle sal nie net takties hul spel moet aanpas nie. Peter de Villiers sal ook sy troepe sodanig moet rangskik dat ’n sege Saterdag op Nuweland in Kaapstad ’n gegewe word.
Die Bok-breier kan egter nie veel aan sy span verander nie. Ruan Pienaar sal waarskynlik beskikbaar wees vir die kragmeting in die Kaap, maar dit sal verregaande wees om hom weer losskakel te laat speel.
Morné Steyn se droomseisoen en sy uitstekende skopwerk in Saterdag se toets hier teen die All Blacks gaan dít vir De Villiers onmoontlik maak om die nommer 10-trui weer aan Pienaar toe te vertrou.
Steyn het nou die momentum aan sy kant en solank dit pap reën vir dié Bulls-speler, moet die Springbokke skep.
De Villiers het twee keuses. Hy kan Pienaar nog ’n week laat rus en seker maak hy is slaggereed vir die oorsese deel van die Drienasies-reeks, of hy kan dié Nataller as plaasvervanger kies. In só ’n geval behoort hy Ricky Januarie te vervang.
Met Pienaar op die bank, het De Villiers ook die luukse om vyf voorspelers te kies, sou hy dit só verkies.
Die Bokke se aanslag sal sekerlik by die Wallaby-skrum begin en die fokus sal op rolmaal-bewegings wees.
Die Bok-kaptein, John Smit, het ná die oorwinning van 31-19 oor Nieu-Seeland erken dat hulle glad nie die rolmaal wou gebruik nie, maar dit sal verander teen ’n teenstander wat nie so bekend is vir sy inklimspel voorlangs nie.
Die hoogskop-taktiek wat so uitstekend teen die All Blacks se agterste driehoek gewerk het, gaan ook nie dieselfde vrugte dra teen die Aussies nie.
Dié spelers is veel vaardiger wat die vang van balle uit die lug betref en hul skopwerk is ook aansienlik beter as wat die Nieu-Seelanders kon opdis.
Met Matt Giteau op losskakel het die besoekers ook ’n angel van wêreldgehalte, iets wat Graham Henry (All Black-afrigter) nie beskore was in Stephen Donald nie.
“Die Aussies gaan beslis ’n ander dier wees,” het De Villiers erken.
“Ons doen egter die regte dinge deurdat ons voorbereiding baie deeglik is en dit daarna ook op die veld uitgevoer word.”
De Villiers het weer die wenkbroue laat lig toe hy Jean de Villiers met Adi Jacobs vervang het. Jacobs se spel as binnesenter is nie van dieselfde gehalte as wanneer hy buitesenter speel nie.
Boonop is sy verdediging in daardie kanaal verdag.
Die All Blacks het met sukses in die middelveld aangeval, maar dinge lyk veel beter as teen die Britse en Ierse Leeus toe Jamie Roberts en Brian O’Driscoll groot bresse geslaan het.
Die Bokke se lakwerk oor die algemeen is steeds een van hul beste wapens. Altesame 82 suksesvolle duikslae is teen die Kiwi’s uitgevoer en 16 verbrou, maar dis die span se vermoë om vinnig te herorganiseer wat hom só suksesvol maak.
Die Bokke het vandag ’n afrigtingskliniek in Wellington en oefen môre in Groenpunt.
180 Dodge hom tot die einde van die seisoen! 🙄
Pieta,
Praat nou met haar – sy is veilig.
18# Mooi man, bly om te hoor!
Wat se sy, is die storm daar ook en weet hulle iets daarvan?
Se hulle moet maar die nuus dophou.
Ek is nou besig om die afgelope Toets te digitise in high resolution, dan gaan ek hom DVD toe skrywe… so ook met die 1ste Toets (later) en ook al 10 B & I Lions games (heelwat later vandag en more)… o ja, en ook die Super 14 Final…
Dit gaan my dae neem, so ek doen dit maar op die rondfok PC… na ‘n External Hard Drive toe… dan na die onderskeie DVD’s toe….
Hehehe, my PVR is 87% vol recorded rugby…. Handbriekie het gevra ek moet nou spasie maak, daar’s nie meer spasie vir haar SOAPIES nie….
182# Supa
Hulle wys nou hier, vliegtuig moes noodlanding doen in San Juam, Dominikaanse Rep, weens die storm.
Die hele area daar rondom Barbados is rooi (‘eye of the storm’).
183 Sy se hulle het gekyk, Daar word egter net erg reen voorspel vir more en Woensdag waar hulle is.
186 – Pieta,
Sy issie in Barbados nie, sy lieg vir Supa…. sy het ‘n skelmpie beet….
Hehehe
187 – Supa,
Het jy Skype ??
186 Sover is sy darem ok. ek gaan nou weer met haar praat – vir haar se sy moet seker maak!
188 Al wat ek vir die skelmpie kan se is: Sterkte! hehe
189 Ja, maar nie nou hier by nie. Werk net met oorfone, en dis nie hier nie. Ek en Ed het jou probeer bel gister en eergister oggend 3uur!
191 – Supa,
Flok, daai tyd vannie oggend…….. neeeeeeeeeee man…. watse mense is julle ???
192 Vra vir Ed the Lion! Ek le lekker en slaap en 3uur hoor ek daai bleddie irriterend Skype liedjie hou aan en aan en toe ek “answer” druk toe pop n gekletterde Ed op! hehe
Ons het lekker gesels. Hyt gese jy was ook online en probeer toe n conference call.
193 – Supa,
Ek issie On-line daai tyd vannie oggend nie…. versteekseker nie !
Jis jis manne en manninne. Hoe lyk dinge vandag?
As GBS sy gat roer, is ek teen Vrydag ook Skype online. Sien uit daarna. Nuwegeitjie vir my, so julle sal maar ook moet verbykom.
Rugby
Ek is moer opgewonde oor ons span. Dinge jel lekka en die wen kultuur is gevestig. 2 areas van effe kommer steeds John Smit op voorry en dan Jean se nagmerrie op 12. Of liewer, areas waar nog kan beter dan. Jean sal eerste erken dat hy way onder par gespeel het. gelukkig weet ons hy is tot beter in staat, so ek hou duime vas daar.
Dink Skalla en Pienaar is moer bekommer. Daar is slegs plek op die bank vir hulle. Pienaar is ‘n super sub per extrodinair en serves ons beter om hom op bank te hê.
Ek worry oor die kwota hoeveelhede. Olivier/Pienaar is al wat ons nodig het vir ‘n 5/2 split, wat besste vir span is. Dink egter sal moet gaan vir 4/3 split om of ADI of Putco mechanic plek te maak. Chilli sal daar wees saam Jannie vir seker. Rossouw ook en Bekker.
Ek sou liewer vir Gurtie gaan en steeds 5/2 split hê.
195# Suiplap!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
#197 hehehehe,
Lekker gister ge recover. Nou weer rustig wees die week en die naweek weer vasvat as ons die Wallabies klop.
Wat is die “amptelike” hoeveelheid gekleurde spelers wat in moet wees? 4?
#199,
Nee, Ex Player en Trupi is genoeg.
200 Ex player tel as 3.
#201
So, dan is ons kwota systeem mooi in orde.
Hy is ons benchwarmer.
202 Stem, Hoop net nie daar is beserings nie, ander moet ons hom opbring.
#204
Nee flok. Speel met die besering of met 14 manne. Hy kom nie op die veld nie.
🙂
204 Dink jy maak die regte call cappie. n Gewone speler met n gebreekte been en n skouer uit potjie gaan n groter bydrae lewer as hy.
Ek dink Lilith sal ‘n groter bydrae lewer as ex-player.
206 Ja Lilith het darem daai “killer instinct” wat skort by Ex player. Ex player is soos Grantilina10.
#208
Ek wonder wie sal eerste begin huil as mens voor die 2 iets leliks sê van transie.
208 Weet jy hoe laat is GBS en Dawn se verlowings partytjie Saterdag?
Rom pom pom!!!!!
Users Online
Total 82 users including 0 member, 82 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,850,873 Page Impressions
_