Inhoud deur J.J. HARMSE
Met die Wallabies as teenstanders in die volgende drie wedstryde in die Drienasies-rugbyreeks, gaan die Springbokke van vandag af met ’n heeltemal nuwe aanslag begin voorberei.
Die Australiërs gaan ander eise aan die Suid-Afrikaners stel en hulle sal nie net takties hul spel moet aanpas nie. Peter de Villiers sal ook sy troepe sodanig moet rangskik dat ’n sege Saterdag op Nuweland in Kaapstad ’n gegewe word.
Die Bok-breier kan egter nie veel aan sy span verander nie. Ruan Pienaar sal waarskynlik beskikbaar wees vir die kragmeting in die Kaap, maar dit sal verregaande wees om hom weer losskakel te laat speel.
Morné Steyn se droomseisoen en sy uitstekende skopwerk in Saterdag se toets hier teen die All Blacks gaan dít vir De Villiers onmoontlik maak om die nommer 10-trui weer aan Pienaar toe te vertrou.
Steyn het nou die momentum aan sy kant en solank dit pap reën vir dié Bulls-speler, moet die Springbokke skep.
De Villiers het twee keuses. Hy kan Pienaar nog ’n week laat rus en seker maak hy is slaggereed vir die oorsese deel van die Drienasies-reeks, of hy kan dié Nataller as plaasvervanger kies. In só ’n geval behoort hy Ricky Januarie te vervang.
Met Pienaar op die bank, het De Villiers ook die luukse om vyf voorspelers te kies, sou hy dit só verkies.
Die Bokke se aanslag sal sekerlik by die Wallaby-skrum begin en die fokus sal op rolmaal-bewegings wees.
Die Bok-kaptein, John Smit, het ná die oorwinning van 31-19 oor Nieu-Seeland erken dat hulle glad nie die rolmaal wou gebruik nie, maar dit sal verander teen ’n teenstander wat nie so bekend is vir sy inklimspel voorlangs nie.
Die hoogskop-taktiek wat so uitstekend teen die All Blacks se agterste driehoek gewerk het, gaan ook nie dieselfde vrugte dra teen die Aussies nie.
Dié spelers is veel vaardiger wat die vang van balle uit die lug betref en hul skopwerk is ook aansienlik beter as wat die Nieu-Seelanders kon opdis.
Met Matt Giteau op losskakel het die besoekers ook ’n angel van wêreldgehalte, iets wat Graham Henry (All Black-afrigter) nie beskore was in Stephen Donald nie.
“Die Aussies gaan beslis ’n ander dier wees,” het De Villiers erken.
“Ons doen egter die regte dinge deurdat ons voorbereiding baie deeglik is en dit daarna ook op die veld uitgevoer word.”
De Villiers het weer die wenkbroue laat lig toe hy Jean de Villiers met Adi Jacobs vervang het. Jacobs se spel as binnesenter is nie van dieselfde gehalte as wanneer hy buitesenter speel nie.
Boonop is sy verdediging in daardie kanaal verdag.
Die All Blacks het met sukses in die middelveld aangeval, maar dinge lyk veel beter as teen die Britse en Ierse Leeus toe Jamie Roberts en Brian O’Driscoll groot bresse geslaan het.
Die Bokke se lakwerk oor die algemeen is steeds een van hul beste wapens. Altesame 82 suksesvolle duikslae is teen die Kiwi’s uitgevoer en 16 verbrou, maar dis die span se vermoë om vinnig te herorganiseer wat hom só suksesvol maak.
Die Bokke het vandag ’n afrigtingskliniek in Wellington en oefen môre in Groenpunt.
Histeries, jy moet die een hoor wat oor piercings gaan…..op ‘n stadium se hy vir sy dogter, ja gaan kry nog een en vat vir mamma saam sy lyk kuk
Hy se mos ook al hierdie “hi-jacking hotspots:” signs is die Govt se werksvoorsiening, nuwe poste…..
Kom staan hier, sien jy, hier by die bord, die karre gaan nou kom, hier is jou sprakplug, daars hy daar kom ‘n kar…….
Daar is ook ‘n skreeu snaakse stuk oor daai tranvestiet Nataniel en sy konfrontasie met ‘n reuse spinnekop. Ek sal dit soek en stuur
Lyk my 148 was skaakmat…………………………
🙂
Middag mense,
22 Nee man Isi, Xskreni is n nice ou – hy is welkom hier!
155
Jis Supa
Sy sosio-politiese standpunte is aanvaarbaar
Sy provinsiale hardlywigheid is egter rede tot kommer
🙂
156 hehe
Maar jy is presies reg. Ons kan ouens nie afkeur oor die span wat hulle ondersteun nie, maar daai erg linkses soos Robzim en sy tjommies kan ons!
156 Hoor jy was by Luke se troue? Sy best men het seker snaaks gelyk met die dat Bolla so kort is en Langbek so lank is?
158
Ek was by ‘n baie lekkerder plek as kotsgevreet se troue!!
Dink nie Andries Bekker sou strooijonker wou wees nie. Hy is in die Schalk kamp, nie die Kotskamp nie, al wil julle Bulls anders glo
159 Dink Pietman het laas gese Langbek is groot tjommies met Lulu. Hy gaan hom seker mis in Engeland.
Het Luke gesing by die troue? Hoe was die kos? hehehe
155# Supa
Ek sien hier op die nuus van moosa storms daar in die West Indies, jou vroutjie ok nog daar?
160
Vra vir Ross en KP as jy nie WIL glo dat ANDRIES nie ‘n kotsfan is nie
Hulle het eerstehandse kennis van wat in die WP kamp aangaan
161 Middag Pietepedia,
Ek hoop so my maat, gisteraand laas van haar gehoor – jy moet my nie kom bangmaak nie!
Nou eers 7uur die oggend daar, so hopelik hoor ek bietjie later van haar.
160# Hulle is dik tjommies, ek weet KP se nee dissie so nie, maar dis die waarheid.
Ek weet dit al lankal, by n vriend in Kuilsrivier gehoor wat die Bekkers goed ken.
Langbek, Ross Skeate (strooijonker) en Luke is maatjies.
En Schalla laaik hulle al drie fckol.
161 Het hulle gese presies waar die storms is?
162 Dis nou ex player met sy eerstehandse kennis wat gese het dat Luke reeds n kontrak met die Kings gesluit het? hehe
Ps. Pasop vir voorname SAB.
163# Miskien moet jy google en die weerberigte kyk in daai geweste, daar is n hengese hurricane op pad, skeepswaarskuwings en so aan.
Ek het hier in die kroeg op CNN weather pas gesien toevallig.
164
Ek kan nie met eerstehandse gesag daaroor debateer nie en verlaat my maar op wat ek via Ross en KP uit die Burgers se kamp hoor
164 Dankie.
162 en 164
Ag wat, die kotskoppie is amper oppad oorsee. Was so bly toe ek lees dis n TWEE jaar kontrak en nie net eenjaar nie – dit beteken 2011 wereldbeker is uit vir hom! Hopelik verleng hy dit tot die einde van sy loopbaan.
165# Sal die volgende weerberig kyk, en laat weet.
Hulle praat van verwoestings in Kingston, ek het net vinnig geloer so in die verbydraf ….
Jy’s reg supa – Sorry!
168# Moenie te veel staatmaak op daai kontrak om hom daar te hou nie…..
167 Pasop vir die voorname hier SAB. Glo nie Pieta sal so iets net opmaak nie maar kom ons agree to disagree.
Lees 168
166 Eish! Hoop nie dis naby die vrou nie!!
Ek beter aan die werk spring hier. Pieta en gbs se tille rol, maar ek is nog besig om my nuwe een te installeer en die bedrading klaar te maak sodat hy ook kan begin ting-ting
🙂
170 oor wat?
171. Pietman, ek hoop hulle teken hom so vas dat sy alie nie kan roer uit Bath uit nie!!!
Tjorts vir eers vrinne
173 Het jy al ex player se seisoenkaartjie teruggegee?
174
Oor 172
175 Cheers, praat weer.
177 o ok… tot later.
176
Hy wil dit eers na die naweek terug hê, maar ek sal dit maar in die week vir hom vat
🙂
Users Online
Total 230 users including 0 member, 230 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,447,808 Page Impressions
_