Inhoud deur J.J. HARMSE

Met die Wallabies as teenstanders in die volgende drie wedstryde in die Drienasies-rugbyreeks, gaan die Springbokke van vandag af met ’n heeltemal nuwe aanslag begin voorberei.

Die Australiërs gaan ander eise aan die Suid-Afrikaners stel en hulle sal nie net takties hul spel moet aanpas nie. Peter de Villiers sal ook sy troepe sodanig moet rangskik dat ’n sege Saterdag op Nuweland in Kaapstad ’n gegewe word.

Die Bok-breier kan egter nie veel aan sy span verander nie. Ruan Pienaar sal waarskynlik beskikbaar wees vir die kragmeting in die Kaap, maar dit sal verregaande wees om hom weer losskakel te laat speel.

Morné Steyn se droomseisoen en sy uitstekende skopwerk in Saterdag se toets hier teen die All Blacks gaan dít vir De Villiers onmoontlik maak om die nommer 10-trui weer aan Pienaar toe te vertrou.

Steyn het nou die momentum aan sy kant en solank dit pap reën vir dié Bulls-speler, moet die Springbokke skep.

De Villiers het twee keuses. Hy kan Pienaar nog ’n week laat rus en seker maak hy is slaggereed vir die oorsese deel van die Drienasies-reeks, of hy kan dié Nataller as plaasvervanger kies. In só ’n geval behoort hy Ricky Januarie te vervang.

Met Pienaar op die bank, het De Villiers ook die luukse om vyf voorspelers te kies, sou hy dit só verkies.

Die Bokke se aanslag sal sekerlik by die Wallaby-skrum begin en die fokus sal op rolmaal-bewegings wees.

Die Bok-kaptein, John Smit, het ná die oorwinning van 31-19 oor Nieu-Seeland erken dat hulle glad nie die rolmaal wou gebruik nie, maar dit sal verander teen ’n teenstander wat nie so bekend is vir sy inklimspel voorlangs nie.

Die hoogskop-taktiek wat so uitstekend teen die All Blacks se agterste driehoek gewerk het, gaan ook nie dieselfde vrugte dra teen die Aussies nie.

Dié spelers is veel vaardiger wat die vang van balle uit die lug betref en hul skopwerk is ook aansienlik beter as wat die Nieu-Seelanders kon opdis.

Met Matt Giteau op losskakel het die besoekers ook ’n angel van wêreldgehalte, iets wat Graham Henry (All Black-afrigter) nie beskore was in Stephen Donald nie.

“Die Aussies gaan beslis ’n ander dier wees,” het De Villiers erken.

“Ons doen egter die regte dinge deurdat ons voorbereiding baie deeglik is en dit daarna ook op die veld uitgevoer word.”

De Villiers het weer die wenkbroue laat lig toe hy Jean de Villiers met Adi Jacobs vervang het. Jacobs se spel as binnesenter is nie van dieselfde gehalte as wanneer hy buitesenter speel nie.

Boonop is sy verdediging in daardie kanaal verdag.

Die All Blacks het met sukses in die middelveld aangeval, maar dinge lyk veel beter as teen die Britse en Ierse Leeus toe Jamie Roberts en Brian O’Driscoll groot bresse geslaan het.

Die Bokke se lakwerk oor die algemeen is steeds een van hul beste wapens. Altesame 82 suksesvolle duikslae is teen die Kiwi’s uitgevoer en 16 verbrou, maar dis die span se vermoë om vinnig te herorganiseer wat hom só suksesvol maak.

Die Bokke het vandag ’n afrigtingskliniek in Wellington en oefen môre in Groenpunt.

331 Responses to Nou vir operasie Wallaby: Bokke sal visier anders stel in Kaap

1 3 4 5 6 7 12
  • 121

    116

    of Moonsamy

  • 122

    120

    bwaahahahaha

    dis nou toe panties nog in gebruik was 🙂

  • 123

    122 – SAB,

    Dit was chaos in daai radiostudio….

  • 124

    #116 – Isigidi

    Niks lekkerder as ‘n Snoek oor die kole nie. Die besluit om my nic snoek te maak was absoluut gedoen uit ‘n kos persepsie en nie rugby nie.

  • 125

    #120 – 😆

  • 126

    124 – Snoek,
    Jinne, as jy hier bo in Gautengeleng is eendag, moet ek vir jou ‘n Snoek braai… ek het daai kuns vervolmaak toe ek in die Suid-Kaap gebly het….

  • 127

    Ok, sien julle later.
    Moet gou bietjie aandag gee aan my ‘bar-bedryfie’ hier, die tilletjies moet darem tingeling ook so tussenin…..
    Tjeers, gaan n dop gooi vir my eerste, voor die ander drinkers opdaag!

  • 128

    126 – GBS

    Ek sal die hanepoot bring, of my nuwe favourite, “Ouma se wyn”

  • 129

    127 – Pieta,

    Cheers vir eers !

  • 130

    128 – Snoek,

    Nou praaaa jy !!

  • 131

    Nog ‘n rede om dankie te sê vir hierdie site…………

    204. WezwpReply to this comment Goto comment :
    August 3rd, 2009 at 12:25 pm

    pdv lets them think for themselves im the field of play instead of playing that dom boere rugby that got us nailed year in and year out.

  • 132

    131…maar hy skree dan vir die WP, ek se mos 😆 al die mense wat ook moeilikheid gemaak het het van die Kaap gekom….hehehehe

  • 133

    Een van my pelle wat saam sou gaan rugby kyk het sy nuwe bakkie saterdag gerol. Praat van ‘n kak naweek, eers mis hy die rugby trip (werk verpligtinge), en dan rol hy sy bakkie.

    Gelukkig is hy okay fisies, nie so seker oor sy mental state nie.

  • 134

    133 – Snoek,

    Jinne dis erg om die rugby te mis !!

    Flok !!

  • 135

    #131 – Ek probeer werklik KEO vermy, nie goed vir die gesondheid nie.

  • 136

    #134 – :mrgreen:

  • 137

    135 – Snoek,

    Keo WIE ????????????

  • 138

    132

    Maar julle Gautengers kom ook mos van hier af, of het julle met valskerms in Tswane geland? 🙂

  • 139

    137 – GBS

    Presies……………

  • 140

    Ek gaan nog net een keer op keo post.

    Dis wanneer die big bang “fok julle groet” gaan plaasvind

    Kan nie wag nie!!!

  • 141

    138 Wat het Casper gesê……die voortrekker vrouens het kaalvoet oor die dragensberge gehardloop om weg te kom van hulle zolbegolde mans……..

  • 142

    141 – Drakensberge

  • 143

    138 – SAB,

    Jaaaaa, is seker so… maar ons het eers hier bo beskaafd geraak !!

    Hehehe

  • 144

    Hoop Ruan is die naweek reg, ons het maar gesukkel met Morne daar in Durban.

    🙄

  • 145

    #143 Yip ons het ons wiepie maniere daar gelos

  • 146

    144

    Flok

  • 147

    141

    Dit was ‘n moerse ompad wat hulle gehardloop het 🙂

    Is jy seker hulle het nie van die D’Urban settlers af weg gehardloop nie?

  • 148

    145

    Oooooo SO!!!!

    Dis dus JULLE wat die haasbek All Black ondersteuners in die Kaap sulke kuk maniere en gewoontes geleer het???!!!

    Nou maak alles sin

    🙂

  • 149

    147 moet vir julle daai clip kan stuur maar is te groot, het so gelag toe ek dit hoor

    hy se hulle het zol gerook – is nou die voortrekker man wat praat

    “Kyk mamma daars ‘n berg, kyk mamma, sien jy dit lyk soos ‘n draak, kan jy dit nie sien nie? vat nog ‘n trek….’n Grooot trek”

  • 150

    149

    Daai moffie kan skreeu snaaks wees
    🙂

1 3 4 5 6 7 12

Users Online

Total 83 users including 0 member, 83 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm