Inhoud deur J.J. HARMSE
Met die Wallabies as teenstanders in die volgende drie wedstryde in die Drienasies-rugbyreeks, gaan die Springbokke van vandag af met ’n heeltemal nuwe aanslag begin voorberei.
Die Australiërs gaan ander eise aan die Suid-Afrikaners stel en hulle sal nie net takties hul spel moet aanpas nie. Peter de Villiers sal ook sy troepe sodanig moet rangskik dat ’n sege Saterdag op Nuweland in Kaapstad ’n gegewe word.
Die Bok-breier kan egter nie veel aan sy span verander nie. Ruan Pienaar sal waarskynlik beskikbaar wees vir die kragmeting in die Kaap, maar dit sal verregaande wees om hom weer losskakel te laat speel.
Morné Steyn se droomseisoen en sy uitstekende skopwerk in Saterdag se toets hier teen die All Blacks gaan dít vir De Villiers onmoontlik maak om die nommer 10-trui weer aan Pienaar toe te vertrou.
Steyn het nou die momentum aan sy kant en solank dit pap reën vir dié Bulls-speler, moet die Springbokke skep.
De Villiers het twee keuses. Hy kan Pienaar nog ’n week laat rus en seker maak hy is slaggereed vir die oorsese deel van die Drienasies-reeks, of hy kan dié Nataller as plaasvervanger kies. In só ’n geval behoort hy Ricky Januarie te vervang.
Met Pienaar op die bank, het De Villiers ook die luukse om vyf voorspelers te kies, sou hy dit só verkies.
Die Bokke se aanslag sal sekerlik by die Wallaby-skrum begin en die fokus sal op rolmaal-bewegings wees.
Die Bok-kaptein, John Smit, het ná die oorwinning van 31-19 oor Nieu-Seeland erken dat hulle glad nie die rolmaal wou gebruik nie, maar dit sal verander teen ’n teenstander wat nie so bekend is vir sy inklimspel voorlangs nie.
Die hoogskop-taktiek wat so uitstekend teen die All Blacks se agterste driehoek gewerk het, gaan ook nie dieselfde vrugte dra teen die Aussies nie.
Dié spelers is veel vaardiger wat die vang van balle uit die lug betref en hul skopwerk is ook aansienlik beter as wat die Nieu-Seelanders kon opdis.
Met Matt Giteau op losskakel het die besoekers ook ’n angel van wêreldgehalte, iets wat Graham Henry (All Black-afrigter) nie beskore was in Stephen Donald nie.
“Die Aussies gaan beslis ’n ander dier wees,” het De Villiers erken.
“Ons doen egter die regte dinge deurdat ons voorbereiding baie deeglik is en dit daarna ook op die veld uitgevoer word.”
De Villiers het weer die wenkbroue laat lig toe hy Jean de Villiers met Adi Jacobs vervang het. Jacobs se spel as binnesenter is nie van dieselfde gehalte as wanneer hy buitesenter speel nie.
Boonop is sy verdediging in daardie kanaal verdag.
Die All Blacks het met sukses in die middelveld aangeval, maar dinge lyk veel beter as teen die Britse en Ierse Leeus toe Jamie Roberts en Brian O’Driscoll groot bresse geslaan het.
Die Bokke se lakwerk oor die algemeen is steeds een van hul beste wapens. Altesame 82 suksesvolle duikslae is teen die Kiwi’s uitgevoer en 16 verbrou, maar dis die span se vermoë om vinnig te herorganiseer wat hom só suksesvol maak.
Die Bokke het vandag ’n afrigtingskliniek in Wellington en oefen môre in Groenpunt.
89 Bwaaahahahahaha dis waar DIE TEEF!!!!
88 – EEE,
Nee, dit moet ek jou toegee… jy was nog altyd heel rasioneel….
86
Nee o moer, as ek nou soos Sheriff klink gaan ek nooooit weer soontoe nie!!
92
Net bietjie “upstairs” op skool gewees…….. hehehe
90
Ja, dis die plek
Hulle het ‘n paar nuwe huisies gebou. Ons s’n het sy eie jacuzzi en binne braai ook gehad. Ek het so in die bad gelê em kyk hoe brand my vuurtjie met my dop byderhand
#92 Nee man, jy jok, was nooit upstairs nie…..het nei rede gehad nie, onthou ek het van die onderdorp kant van menlo gekom, jy weet menlopark self, nie lynnwood etc nie…..hehehehe
Verskoon my vir ‘n wyle…. net gou pielbelasting oorbetaal en so aan !
#96 het vandat ek 14 was met my eerste man uitgegaan…….hehe kan nog die datum onthou 09-11-1979!!!!! Kan jy glo!!!! so ek het nie baie gejol nie
96 – EEE,
Jaaaaaa, maar die boyfriend was van Affies af…. ons wassie goed genoeg nie !!
Hehehe
Middag manne en vroue,
Hel wat ‘n lekker tyd by Kingspark. Ons het die All Blacke stukkend gespeel, die TV vertel nie die hele storie nie. Die enigst worrie was JDV wat die heeltyd probeer onderskep en dan die dekverdediging onder druk plaas.
O, en gepraat van tiete, ons was na die game by teazers, helfte van die bok supporters was ook daar. Maar teazers durban is nou vir jou ‘n kak plek. Ons het vir ‘n refund gevra na ‘n halfuur in die plek en dit gekry.
99 nee erger, John Vorster!!!! hehehehe en hy het st8 uit skool gegaan en poliesman geword!!!!!
95# You dirty old man you SAB. Ek was so maand terug daar gewees. Die lang naweek.
Ek gaan die naweek na ‘n spa-gedoente hier in Tamboerskloof êrens. Beplan self om mamma bietjie te bederf……wel, eintlik vir myself, maar sy glo ek doen dit vir haar hehehehe
Ja EEE, daar was toe so paar van jou tipe hier onder die mense. Hulle geite is nou uit, so ek kan nou weer tyd aan belangrike sake spandeer. 🙂
95# Sal beslis gaan loer daar weer, en n paar ou pelle gaan opsoek in die vallei en Namakwa brandewyn drink.
Lekker deel van die land daai.
100 Hi Snoek, kan net dink die atmosfeer moes awesome gewees het, GO BOKKE
100# Snoek, jy die foto’s gekry van die ‘dik manne’?
#102 Huh? My tipe? ek is bietjie stadig vermoed ek hehehehe
Wat stink so ??
O, hellooooooooo Snoek !!
Hehehe
#104 – Dit was bevange, en die gees was ongelooflik. En om teen die AB te wen en dit lewendig te sien is spesiaal.
#105 – Ja dankie, ‘n spul gesonde manne bymekaar. 😆
# 107 – Ek hoop nie julle ban ouens vir ‘n ou geurtjie nie. 😀
103
Baie mooi deel van die land daai. Die blomme staan al ruig langs die pad.
Ons tipe mense ook, ek het sommer lekker saam met die locals by die gholfklub gesels
Ken jy die Kardoesie padstal in die pas? Pragtige plek met mooi uitsig en lekker kos ook.
#109 Nee net as hulle vir ‘n kuk span skree 😆
110# Ek ken, behoort aan die Spangenbergs.
Jy nie vir Louis Rontgen daar by die golf raakgeloop nie, van Sederkem en die Toyota Garage?
Sy seun het die 4×4 besigheid.
109 – Snoek,
Solank jy nettie ‘n papsnoek issie !
106# Die tipe wat nie lus is vir werk op ‘n Maandag! Hehehehehe
110# Is daai hotel nog daar bo in Piekenierskloof, so n Switserse plek, oorkant Kardoesie?
109# As ‘n Shark fan sou Dorado of King Fish ‘n gepasste naam vir jou wees.
Ek het egter nie ‘n probleem met Snoek.
115
Het nie ‘n hotel gesien nie. Ons het net by Kardoesie gestop en iets ge-eet en tuisgemaakte lekkernye gekoop
114 hahahaha ok, ek gee toe…….en ek is nogsteeds nie lus om te werk nie,
Superbul, as jy die lees, ons moet gesels. Ek het familie daar in jou wereld, miskien ken jy hulle.
Kardoesie, laat my onwillekeurig aan ‘n grappie dink…
Toe ek in George gebly het, het ek gereeld opgery hier na die Transvaal… anyway, ek ry nog so deur die Vrystaat, alleen in die kar, met die Radio aan op die Vrystaatse radiostasie (was nog voor O-FM se tyd)
Dar’s toe ‘n geweldige bespreking aan die gang en een van die omroepers vra toe of die luisteraars weet wat ‘n KAPOESIE is (dis ‘n Wallabie se buitelsak, so by the way)…
Die eerste inbeller is toe ‘n man…
Hy se toe…. “Is dit nie daai ding wat mens in ‘n KA-PANTY kry nie!!”
Kyk man, ek gooi toe sommer ampertjies daai kar net daar en dan om van die lag…
Users Online
Total 232 users including 0 member, 232 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,448,201 Page Impressions
_