Inhoud deur J.J. HARMSE

Met die Wallabies as teenstanders in die volgende drie wedstryde in die Drienasies-rugbyreeks, gaan die Springbokke van vandag af met ’n heeltemal nuwe aanslag begin voorberei.

Die Australiërs gaan ander eise aan die Suid-Afrikaners stel en hulle sal nie net takties hul spel moet aanpas nie. Peter de Villiers sal ook sy troepe sodanig moet rangskik dat ’n sege Saterdag op Nuweland in Kaapstad ’n gegewe word.

Die Bok-breier kan egter nie veel aan sy span verander nie. Ruan Pienaar sal waarskynlik beskikbaar wees vir die kragmeting in die Kaap, maar dit sal verregaande wees om hom weer losskakel te laat speel.

Morné Steyn se droomseisoen en sy uitstekende skopwerk in Saterdag se toets hier teen die All Blacks gaan dít vir De Villiers onmoontlik maak om die nommer 10-trui weer aan Pienaar toe te vertrou.

Steyn het nou die momentum aan sy kant en solank dit pap reën vir dié Bulls-speler, moet die Springbokke skep.

De Villiers het twee keuses. Hy kan Pienaar nog ’n week laat rus en seker maak hy is slaggereed vir die oorsese deel van die Drienasies-reeks, of hy kan dié Nataller as plaasvervanger kies. In só ’n geval behoort hy Ricky Januarie te vervang.

Met Pienaar op die bank, het De Villiers ook die luukse om vyf voorspelers te kies, sou hy dit só verkies.

Die Bokke se aanslag sal sekerlik by die Wallaby-skrum begin en die fokus sal op rolmaal-bewegings wees.

Die Bok-kaptein, John Smit, het ná die oorwinning van 31-19 oor Nieu-Seeland erken dat hulle glad nie die rolmaal wou gebruik nie, maar dit sal verander teen ’n teenstander wat nie so bekend is vir sy inklimspel voorlangs nie.

Die hoogskop-taktiek wat so uitstekend teen die All Blacks se agterste driehoek gewerk het, gaan ook nie dieselfde vrugte dra teen die Aussies nie.

Dié spelers is veel vaardiger wat die vang van balle uit die lug betref en hul skopwerk is ook aansienlik beter as wat die Nieu-Seelanders kon opdis.

Met Matt Giteau op losskakel het die besoekers ook ’n angel van wêreldgehalte, iets wat Graham Henry (All Black-afrigter) nie beskore was in Stephen Donald nie.

“Die Aussies gaan beslis ’n ander dier wees,” het De Villiers erken.

“Ons doen egter die regte dinge deurdat ons voorbereiding baie deeglik is en dit daarna ook op die veld uitgevoer word.”

De Villiers het weer die wenkbroue laat lig toe hy Jean de Villiers met Adi Jacobs vervang het. Jacobs se spel as binnesenter is nie van dieselfde gehalte as wanneer hy buitesenter speel nie.

Boonop is sy verdediging in daardie kanaal verdag.

Die All Blacks het met sukses in die middelveld aangeval, maar dinge lyk veel beter as teen die Britse en Ierse Leeus toe Jamie Roberts en Brian O’Driscoll groot bresse geslaan het.

Die Bokke se lakwerk oor die algemeen is steeds een van hul beste wapens. Altesame 82 suksesvolle duikslae is teen die Kiwi’s uitgevoer en 16 verbrou, maar dis die span se vermoë om vinnig te herorganiseer wat hom só suksesvol maak.

Die Bokke het vandag ’n afrigtingskliniek in Wellington en oefen môre in Groenpunt.

331 Responses to Nou vir operasie Wallaby: Bokke sal visier anders stel in Kaap

  • 61

    Van die os oppie jas, wat was die grootste oorwinning wat ons al teen die AB’s behaal het?
    Ek verbeel my ons het in die onlangse verlede op Loftus iets soos 60 punte teen hulle aangeteken, of praat ek nou nonsens?

  • 62

    58 – EEE,

    Ek was met ‘n mal Ingelse ePos getroud !! Weet jy wat vat dit om so WYF vas te vat ? As ek jy was sou ek my met baie meer respek behandel 😀

    Bwahahaha

  • 63

    GBS, hoekom is die posts skielik so op mekaar gedruk, lees moeilik so…

  • 64

    63# O, ok, nou reg weer, met spasies tusenin.

  • 65

    Refresh net Pieta (F5)… of gaan uit en dan weer in….

  • 66

    62# Ek ook.
    Die malgeit kon ek hanteer, net die geldmorsery en onverantwoordelikheid wat my ondergekry het, toe los ek maar…..anders was ek laaaaankal finansieel in my moer in, soos die twee nuwe mans daarna.

  • 67

    #62 Ja maar jy moes skei om haar vas te vat…..myne is begrawe!!!!! hehehehehe

  • 68

    #67 Shit dit klink nie goed nie………sorry julle en sorry my ou mannetjie

  • 69

    66 – Pieta,

    Selfde hier… as die Draak nie ‘n Boutique wou koop nie, wou sy oorsee gaan kuier….. of aan die tieties laat werk (2 keer)…. ensovoorts

    Sy het my hope geld gekos… haar blerrie besigheid se Overdraft moertoe gejaag… en ek moes uithaal en wys………. fokkkkkkkkkkk haar !

    Daai mal Ex van my is al deur 3 mans…. en het nou die volgende drol in tou…. sy het fokkollllll in die lewe… net skuld waar jy kyk….

    Flok, daai boob-jobs is ‘n ander ding…. geen man moet sy vrou toelaat om vir dit te gaan nie…. daai goed speel nooooit weer dieselfde nie……. hehehe

  • 70

    Ai al wat ek wou doen is wys hoe taai ek is hehehe en nou beplan julle al die ondergang van die “first Wives Club” 😆

  • 71

    67 – EEE,

    Ook maar goed ek het haar verjaag !

    Flok, ek moes klippe in my kop gehad het om met haar deurmekaar te raak…. enigste goeie ding wat daar uitgekom het was BonzaiGBS….

  • 72

    69# Man moet die eerste keer reg trou, of glad nie, dis geheim.
    Leer vir Bonzai daai truuk sommer vroeg-vroeg.
    “Kort trane of lang verdriet’, soos my oorle ouma altyd gese het….
    Ek was te katools en te verlief, plaas ek maar eerder vinnig gehuil het en haar onder haar bleddie blaker geskop het, dan was ek vandag n welaf man.

  • 73

    70 – EEE,

    Ek en Pieta…. en jy… het al so klompie waardevolle myle oppie klok…. hehehe

  • 74

    71….Wanneer de volen ruizen dalen de verstand beneden de poepol!!!!

  • 75

    More peesters en peesterinne.

    Dis net boob jobs, bedorwe speelgoed, boutiques en bulle waar mens kyk hier vandag!

  • 76

    75. jy moet ge-eerd voel!!!!! nou moet ons net die manne van die boob jobs afkry

  • 77

    72 – Pieta,

    Ek het ‘n STELLING geformuleer na my “Ondervindings”…. ‘n man kry eers Emosionele verstand na ouderdom 30 !!

    Hehehe

  • 78

    77…ek sou se eers na 40, vanaf 28 tot 40 jaar kry alle mans mental pause!!!!

  • 79

    76

    Stem saam, boobs voel nooit weer dieselfde na ‘n job nie 🙂

  • 80

    75 – SAB,

    Hellooooooooo tjom, hoop jou “Dirty Weekend” was lekwarrrrrrrrr !!

  • 81

    74# ‘Hou jou Bybel oop en jou gulp toe’, met ander woorde!

    75# SAB, jisja.
    Jy se ‘Die Bron’ was lekker?
    Ek wil weer n slag daar gaan draai (n verlangse verlore neef van my was laas bestuurder daar, sy naam is Lionel, weet nie of hy nog daar is nie).
    En vandaar wil elk Boesmanskloof toe, naby Clanwilliam, vrou se dis moerse nice, onlangs as die beste hotel ter wereld geklassifiseer, kan jy glo!

  • 82

    Vrouens gebruik emosies soos wat Morne up and unders gebruik – hulle skop hom hoog en sit dan die pressure op en aas op die aanslane 🙂

    Die teenstrategie? Bly weg van emosies, en rolmaal met kliniese feite, dit maak hulle mal 🙂

  • 83

    78 – EEE,

    Ja, sommige mans wat nie stout genoeg was toe hulle jonk was nie, kry mos hier in hulle Dertigs motorfietse of so “Ietsie” op die sideline en allehande sulke twak….

    Gelukkig het ek al daai trieks gedoen toe ek jonk was….

  • 84

    77# Die ‘boonste’ kop se verstand word oorheers deur die ‘onderste’ kop, dis die kuk….

  • 85

    GBS en Pietman

    Die naweek was baie lekker dankie – het darem bietjie gholf ook gespeel.

    Pieta ons was by “The Baths” naby Citrusdal. Baie lekker plek, skoon en nog onbesmet

  • 86

    82# Jy klink nou soos Sheriff :-)……na die naweek in die berge!

  • 87

    84 – Pieta,

    Eishhhhhhh…. dis waar….

  • 88

    #82 Nice try, ons laat julle maar net so dink…………hehehehe

    om eerlik te wees het ek nie tyd vir emosionele kuk nie, daar is niks wat my meer irriteer as hierdie emosionele mense nie…….se altyd hulle moet gaan tjank waar ek hulle nie kan sien nie….persoonlik dink ek my ‘tottie’ het afgeval voor geboorte 😆

  • 89

    Dis alles Eva se skuld sê ek…..

  • 90

    85# Dink dis dieselfde plek, suid van die dorp, in die kloof af?
    Jy draai regs soos jy die dorp nader….
    ‘Die baddens’, soos ons altyd gese het.

Users Online

Total 71 users including 0 member, 71 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm