Inhoud deur J.J. HARMSE
Met die Wallabies as teenstanders in die volgende drie wedstryde in die Drienasies-rugbyreeks, gaan die Springbokke van vandag af met ’n heeltemal nuwe aanslag begin voorberei.
Die Australiërs gaan ander eise aan die Suid-Afrikaners stel en hulle sal nie net takties hul spel moet aanpas nie. Peter de Villiers sal ook sy troepe sodanig moet rangskik dat ’n sege Saterdag op Nuweland in Kaapstad ’n gegewe word.
Die Bok-breier kan egter nie veel aan sy span verander nie. Ruan Pienaar sal waarskynlik beskikbaar wees vir die kragmeting in die Kaap, maar dit sal verregaande wees om hom weer losskakel te laat speel.
Morné Steyn se droomseisoen en sy uitstekende skopwerk in Saterdag se toets hier teen die All Blacks gaan dít vir De Villiers onmoontlik maak om die nommer 10-trui weer aan Pienaar toe te vertrou.
Steyn het nou die momentum aan sy kant en solank dit pap reën vir dié Bulls-speler, moet die Springbokke skep.
De Villiers het twee keuses. Hy kan Pienaar nog ’n week laat rus en seker maak hy is slaggereed vir die oorsese deel van die Drienasies-reeks, of hy kan dié Nataller as plaasvervanger kies. In só ’n geval behoort hy Ricky Januarie te vervang.
Met Pienaar op die bank, het De Villiers ook die luukse om vyf voorspelers te kies, sou hy dit só verkies.
Die Bokke se aanslag sal sekerlik by die Wallaby-skrum begin en die fokus sal op rolmaal-bewegings wees.
Die Bok-kaptein, John Smit, het ná die oorwinning van 31-19 oor Nieu-Seeland erken dat hulle glad nie die rolmaal wou gebruik nie, maar dit sal verander teen ’n teenstander wat nie so bekend is vir sy inklimspel voorlangs nie.
Die hoogskop-taktiek wat so uitstekend teen die All Blacks se agterste driehoek gewerk het, gaan ook nie dieselfde vrugte dra teen die Aussies nie.
Dié spelers is veel vaardiger wat die vang van balle uit die lug betref en hul skopwerk is ook aansienlik beter as wat die Nieu-Seelanders kon opdis.
Met Matt Giteau op losskakel het die besoekers ook ’n angel van wêreldgehalte, iets wat Graham Henry (All Black-afrigter) nie beskore was in Stephen Donald nie.
“Die Aussies gaan beslis ’n ander dier wees,” het De Villiers erken.
“Ons doen egter die regte dinge deurdat ons voorbereiding baie deeglik is en dit daarna ook op die veld uitgevoer word.”
De Villiers het weer die wenkbroue laat lig toe hy Jean de Villiers met Adi Jacobs vervang het. Jacobs se spel as binnesenter is nie van dieselfde gehalte as wanneer hy buitesenter speel nie.
Boonop is sy verdediging in daardie kanaal verdag.
Die All Blacks het met sukses in die middelveld aangeval, maar dinge lyk veel beter as teen die Britse en Ierse Leeus toe Jamie Roberts en Brian O’Driscoll groot bresse geslaan het.
Die Bokke se lakwerk oor die algemeen is steeds een van hul beste wapens. Altesame 82 suksesvolle duikslae is teen die Kiwi’s uitgevoer en 16 verbrou, maar dis die span se vermoë om vinnig te herorganiseer wat hom só suksesvol maak.
Die Bokke het vandag ’n afrigtingskliniek in Wellington en oefen môre in Groenpunt.
Pietman jy is skaars deesdae, in plaas van uittree en afskaal raak jy meer besig. Laat die jonges die werk doen ou maat netnou is jy gedaan as ons die wereld gaan verken.
#28 More Pietman….jy sal dat ISIGIDI kraam hier op ‘n maandag oggend 😆
Wat sê Kallie in Binnelanders…..”Feite” hehehehehe
Sal nie vir Steyn van heelagter afhaal nie, hy moet daar speel en settle, moenie hulle rondskuif nie, ek sal begin met JF en WO met JDV oppie bench…..en ek sal vir Ruan op die bench sit om scrum en losskakel te dek…..Ruan is awesome wanneer hy scrummie speel…
#29 hehehehe dankie vir al daai insider info…..mens weet nooit wanneer kan dit handig wees nie…
Pietman….Lekker om ‘n bul te wees huh?
Nevermind dit julle….LEKKER OM ‘n BOK SUPPORTER TE WEES
Wooooooooohoooooooooooo
30# Jy bedoel Springbok rugby Pieta. Onthou Snorre is van Boland, so dis seker reg om dan te sê hulle speel Boland rugby eerder, as jy die tipe rugby wil koppel aan ‘n provinsie.
32# Jisja Tripples.
Ek stem, FS is n klas heelagter, maar Pdev sal Zane terugbring vir die ‘getalle’, daarom sal ek Frans #12 toe skuif as dit gebeur.
Verder hoop ek net nie die Franse misbruik hom op #10 vanjaar nie, hy het mooi begin ontwikkel daar agter; daai twee lang skoppe van hom Saterdag het ons gered toe Bakkies af was (wet steeds niehoekom Bakkies afgestuur is nie, terloops).
Darem jammer Dick Muir het so met daai talentvolle spelers so rond gedons. Ruan het FdP goed gedruk vir die no 9 trui en Steytjie dis nou Frans het sommer uitgewyk Frankryk toe om weg te kom van die gerond donnery.
Kockott sal dalk n better no 10 wees.
#35 ja dit is een van daai mysteries…..hulle sien Bakkies se bakkies dan moet hy loop 😆
34# Isi
Bokke het presies gespeel soos die Bulle in die S14-finaal.
Ek pleit al lankal dat hulle daai plan moet volg.
21# Ek gaan X-kreni persoonlik nooi, trouens ek dink GBS het hom al gebel daar in Wildernis.
19# Bloues, welkom, lekker om jou hier te sien.
#36 dis waar Super……shame dan speel hulle hier en dan speel hulle daar, dieselfde met pocket rocket gedoen destyds…..
# 31 Hello ou bul.
Ja, dis kuk so, net vanoggend vir die vrou gese as ek einde Sept hiedie laaste ‘private joppies’ afgehandel het, dan waai ek, terug SA toe vir n paar maande elke jaar.
Sal maar moet aanpas daar weer…..net nie lus vir daai politiek en misdaad nonsens nie, maar wat kan mens doen.
Daar is darem baie ander positiewes, gelukkig…, ek sal maar daar in die Kaapse suidkus/Overberg skuil waar dit nog redelik veilig en die wyn goedkoop is.
39#
Die ergste is wat hulle met Monty Dumont doen, daai outjie is heel belowend maar enige jan rap en sy maat van oorsee wat Last outpost ponde will verdien word bo n Suid Afrikaner gekoop vir die Shark 10 trui. 😆
38# X-kreni is ‘n kukmaker en is uitlokkend. Geen objektiwitiet en neerhalend teen alles wat nie blou is nie.
As ek hierdie thread so lees, kan ek egter sien dat hy aanklank en ondersteuning hier sal vind…………….
Hellooooooooooooo Vrinne !!
42# Nee man isi, dis net daar op keo dat hy so is….hy is eintlik n moerse nice ou.
Jy wat daai wereld ken moet eendag aanry by hom, by ‘The Dunes’ gastehuis op Wildernis 9 ek dink dis die naam, net so n end in die pad af vanaf oorle oom PW se ‘De Anker’.)
42 – Isi & 44 – Pieta,
Janee, Xkreni is eintlik nice, al met die ou gemail en met hom oppie foon gepraat……. dis net daai moegoes op Keo wat sy moer koer…. anyway as hy hier registreer en dan kak aanjaag, dan gooi ons hom uit, dis al… maklik !
44# O moer. Ek dink ek het al daar gebly. Moet onthou om nie weer daai foutjie te maak nie. Ek en hy het nog net vasgesit op Keo.
46# 🙂
Sien jy nou, dit was toe nie so sleg nie!
Se jou mos hy is n orraait ou…
GBS stuur gou daai goed deur asb.
48 – Isi,
Ek lees nou eers mail, ek is so 65 Mails agter nog…. sal seker netnou by jou mail uitkom….
45# Daai moegoes op Keo koer enige ordentlike mens se moer, veral daai klomp moffies en haasbekke wat saam met Dawn uithang en suip… Saffa-Guy et al.
49# So nou is ek 65ste op jou prioriteits lys! 🙂
Maak spasie vir ‘n Bruvva!
#44 Pietman hy is moerse nice maar hy is uitlokkend hehehehe maar dis hoe ons hom ken
51# Sorry, moes 🙁 gewees het!
52# Ek dog jy moet werk!
Net toe ek dog die bulle raak minder op die thread, dop jy weer uit! 🙁
Mens kan ok nie wen nie 🙂
52# Ja, hy is rof, hy was n recce, ly nog seker bietjie aan bomskok, hehehehe!
51 – Isi,
Sorry man ek het net 2 hande en 2 oge…. en die oge is maar woes kak…….. ek het gisteraand die Sport Rapport probeer lees in die bed, maar toe gee ek dit maar op vir ‘n bad job…. kannie daai klein skrif lees met swak lig nie…
Ek sit toe maar die Notebook aan die gang en Lees Rapport se sport oppie Internet, toe kan ek sien… hehehe
#54 Issie lussie hehehehe, dis blerrie maandag, wil nie werk nie
#57 Ek was met ‘n poliesman wat in die koevoet en toe onluste eenheid was getroud!!!! Weet jy wat vat dit om so man vas te vat? As ek julle was sou ek my met baie meer respek behandel 😆
54 – Isi,
Ok, ek het aan jou Mail aandag gegee !!
Jou beurt !
Dis moer vervelig hier by my werk en nou spandeer ek gans te veel tyd met anner mense wat okki lus het vir werk nie.
Miskien orginise en delegeer ek te goed. Wag, dat ek gaan kyk wat maak die troepe.
Netnou is daar ‘n klomp EEE’s hier onder hulle! 🙂
Users Online
Total 60 users including 0 member, 60 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,846,645 Page Impressions
_