‘Shadow’ kan hakskene vir blitsige Jongi wys
J.J. Harmse
PretoriaTerwyl die son dreig om vinniger as ooit oor die Cheetahs se drome in die Curriebeker-reeks te sak, hoop die Blou Bulle om Vrydag op Vodacompark in Bloemfontein ’n verdere skaduwee daarop te gooi wanneer hulle teen die Vrystaat speel.
Dié skaduwee, oftewel Shadow, kom in die gedaante van ’n 20-jarige blits op regtervleuel, Gerhard van den Heever. Hy is nie net die voorste driedrukker in die Absa-Curriebekerreeks nie, maar sy aansprake om selfs vinniger as die Vrystaat se Jongi Nokwe te wees, blyk vol meriete te wees.
Sy bynaam kom van sy vaart, want dit is blykbaar al wat ’n mens van hom kan sien as hy op volspoed is.
Van den Heever het Vrydagaand die skare op Loftus verstom toe hy die Bolandse spoedvraat Deon Scholtz skuins van agter ingehardloop en ’n sekere drie gekeer het. Twee drieë deur hom gedurende dié wedstryd het sy drieëtal tot vyf opgestoot en hy mik om dit meer te maak.
Van den Heever het homself klaar as ’n Loftus-held bemind gemaak deur in sy Super14-debuutwedstryd vir die Bulls vroeër vanjaar teen die Stormers vir Luke Watson gras te laat proe.
Waar Van den Heever as 20-jarige dreig om die nuwe held te word, gaan ’n paar ou hande op die regte plekke die Bulle se aanslag help versterk.
Pedrie Wannenburg sal as agtsteman teen die Cheetahs uitdraf, terwyl Jacques Burger en Deon Stegmann sy losvoorspeler-maats behoort te wees.
Wannenburg en Stegmann het albei ná beserings as plaasvervangers teen die Boland gespeel en gewys hulle is weer fiks.
Francois Hougaard behoort ook reg te wees ná sy lies hom uit die wedstryde teen die Haaie en Boland gehou het.
Hy het nie gister se oefening voltooi nie, maar die spandokter, Org Strauss, is vol vertroue dat hy Donderdag saam op die vliegtuig sal klim.
Hougaard kan as skrumskakel speel as Heini Adams se rugspasma nie betyds opklaar nie.
“Mini (Adams) het ’n knie in die rug gekry en hy het nou ’n spierspasma. Ons sal kyk hoe hy op behandeling reageer,” sê Strauss.
Die Bulle se afrigter, Frans Ludeke, maak vandag sy span bekend. Hy het ’n paar moeilike keuses om te maak.
• Johánn Thormälen berig dat ondanks ’n middelmatige spelpeil wat geen oorwinnings kon oplewer nie, word die Vrystaat-Cheetahs se diepte boonop behoorlik weens beserings getoets.
Die Blitsbok Lionel Mapoe het Vrydag ’n knie in die wedstryd vir die Cheetahs se o.21-span teen die Haaie beseer en sal straks lank langs die kantlyn wees.
Hendro Scholtz (kaptein en flank) het teen die Haaie sy elmboog beseer en sal ook nie teen die Ligbloues speel nie.
Benewens dié beserings, is Tewis de Bruyn (skrumskakel, skoueroperasie) en Kobus Calldo (stut; ribbesering) ook langs die kantlyn.
Die Bulle se span kan só lyk: Tiger Mangweni, Gerhard van den Heever, Jaco Pretorius, Stefan Watermeyer, Marius Delport, Francois Brummer, Francois Hougaard, Pedrie Wannenburg, Deon Stegmann, Jacques Burger, Wilhelm Steenkamp, Flip van der Merwe, Werner Kruger, Derick Kuün, Gurthrö Steenkamp.
Janne met die tanne…
Ia daar n kans dat iemand op Loftus was Vrydag? Sou graag wou weet oor Gerhard.
Ek sien Tact se op keo brussouw gaan Bulle toe?
Dit gaan dan baie crowded raak daar op #6 in Pta.
Sien ook n Ozzie franchise het ontrek uit S15 en die Southern Kings het aansoek gedoen…
3 – Pieta,
Interessant…. stuur vir my die Artikel dat ons dit hier kan plaas !
3 Dink hy stir dalk net…
$# Nie n artikel nie, net n post van Tact.
Soos Supa se, hy stir dalk net weer die ou lotjie daai kant….
O, OK
ek sien die Bulle maak reg om met Cheetah weg te hol……
soos dit hoort, hehe
btw Pietman, ek hoor daar is weer typhoon oppad in die ooste….
#8 Is nogal bang vir die cheaters op hulle tuisveld, en hulle is nou regtig al desperaat…..bulle sal moet watch
9# Hoop daai typhoon kom hierlangs, ek wil afkoel n slag!
Maar n typhoon se reen is ook warm, voel soos lou kookolie wat uit die lug val
#11 hehe, laaste keer sin se fotos het gelyk soos Kaapse vlakte na lekker reen
sallie maaind vir lekker warm reen vir ‘n slag nie, nou al in amper 12 maande se winter
Hel, ek is bly ons is gespaar van Tifone en daai tipe kak hier in Brakkenjanpan-land !
In Brakkenjapan is nie tifone nie….net skurwe tone hehe
#13 dis mos nou die area wat genoem word die Bermuda triangle issit nie?
Benoni, Boksburg, Brakpan…..
15 – ps,
Die nuwe Metropolitaanse gebied van Boknaaipan…. Boksburg + Nigel + Brakkenjanpan
14 – K9,
My tone issie soooooooooo skurf nie….. hehehehe
17…hier in die woesrand is ons hakke skurf…nie ons tone nie.
hehe hier in CT is die tonge skurf, vra maar die bergies…..
ons loop ons skoene van binne af deur hierso.
ek weet nie eers wat om te se van petoorsdorp nie 😆
#21 behalwe…….BULLE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
snorcity? daar is die ouens se bolippe skurf….dis hoekom almal snorre het.
#23 Oooooo ok nou verstaan ek………………….yuk ek haat ‘n snor
24…ja dis baie lelik op ‘n girl…stem!!!!
Bwahahahaha
#25 😆 sien jy si weer flymskerp vandag, skurwe hakke en al!!!!
In die Woes-Rand blaf die honde so “Woef-woef ekse”
Ok….sien julle later!!!!
K9,
Tjorts !
Users Online
Total 189 users including 0 member, 189 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,840,283 Page Impressions
_