André Bester
n Springboklose Leeus-span is Donderdagoggend aangewys om die Blou Bulle Saterdag in die Cokeblik aan te durf nadat Earl Rose en Henno Mentz die trekpas gekry het.
Die Leeus het lanklaas (ten minste nie in die laaste sewe jaar nie) sonder ‘n Springbok in die 22-tal in ‘n Curriebeker op die veld draf. Pieter de Villiers se witbroodjie, Rose, word deur nog ‘n opwindende Earl, die UJ se heelagter Earl Lewis, in die laaste vesting vervang.
Johan Jackson, ‘n voormalige leerder van Rustenburg Hoër, vervang Mentz wat ook soos Rose nie ‘n plek in die 22-tal kon kry nie.
Die derde verandering in die agterlyn is op binnesenter waar Pieter Engelbrecht bo Doppies la Grange en Walter Venter gekies is.
In die agtal is die kaptein Baywatch Grobbelaar en die agtsteman Willem Alberts terug op hulle pos. Ironies is die Amerikaner Todd Clever op die bank – die enigste Leeu-speler met internasionale ervaring.
Lions vs Bulle: Earl Lewis; Dusty Noble, Alwyn Hollebach, Piete rEngelbrecht, Johan Jackson; Herkie Kruger, Jano Vermaak, Willem Alberts, Franco van der Merwe, Baywatch Grobbelaar, Willem Stoltz, Nico Luus, Gert Muller, Hans van Dyk, JC van Rensburg. Reserwes: Derek Harwood, Kevin Buys, Johan Snyman, Todd Clever, Derick Minnie, Doppies la Grange, Ruan Boshoff.
@Supa Die Bloubul –
Gereel – jy vra so mooi.
176@sharky_forever –
As long as we think that Im happy! 😆
@WilladieLeeu –
Dankie Willa, dan kan ek minstens saam julle in die vreugde deel!
@Supa Die Bloubul – 😆
@Supa Die Bloubul –
So skerp soos ‘n Opel se brieke!!!
Minora,
Jy was nie dalk in Drom nie? Ek het n pel met die bynaam Minora wat saam my in die koshuis was. Sy broer is Gilette.
@Minora –
Ek dog al ons Bulle ry 3L Ford’s? 😯
@Supa Die Bloubul – Minora kom ‘n lang pad. Dag Minora, welkom.
@bul-a-bhloo –
Hy is n Bul, so sy wysheid is altyd welkom hier.
Hyiena word hard deur Leeu gebliksem. Bo in die boom sit Bobbejaan en kyk wat gebeur.
Na n ruk kom Hyiena by en vra vir Bobbejaan: “Hoekom help jy nie?”
Bobbejaan antwoord: “Jy giggel so lekker ek dog jy wen.”
@WilladieLeeu –
😆 😆
@bul-a-bhloo – Vanwaar die verwysing na die langpad?
@Supa Die Bloubul – Nee Supa, nog nooit in Drum gewees nie – nie swart genoeg nie.
duif sit heel bo op n tak en sing … joumoerrrrrrrrrrrr joumoerrrrrrrrrrrrrrr
kat sit onder die boom en skreeu … komaaaaaaaaaaaffffffffff komaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaf ,
joumoeeeeeeeeeeerrrrrrrrrrrrrr joumoeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeer se die duif
aangestap kom a honder and bekyk die hele spillietjie 🙄
ky eers vir die kat and kyk toe vir die duif !!!………….
hoender skreeu aan die duif … BAKAAAAAAAAAAKHOM BAKAAAAAAAAAAAAAAAAAKHOM
n Man is in n kar ongeluk en verloor altwee sy bene.
Dr stap na hom toe en se: ” Ek het goeie en slegte nuus.”
“Slegte nuus eerste asseblief dokter” se die man.
“Ons moes altwee jou bene afsit a.g.v jou beserings”
“Wats die goeie nuus?” vra die man.
“Die ou langs jou wil jou pantoffels koop”
@WilladieLeeu –
BWahahahaahaah! Lag ek nou kliphard!
@sharky_forever –
Hahahahaha
@WilladieLeeu – LEEEEEEEEEEUUUUUUUUUUUUUUUUUUS
LEEEEEEEEEEEEUUUUUUUUUUUUUSSSSSSSS
Leeus 200
Leeus 200c
Supa – jy het nie iets met verf te doen nie?
@Minora – Minora, nee hy is net altyd vol thinners.
@Minora –
Nee, ek hou van kwas maar dis dit.
@Ed_the_Lion –
Brul ek nou die hele buurt wakker.
@Ed_the_Lion –
Geluk Ed. Vang jy my terwyl ek koffie maak jou blitsvinnige blogger.
@WilladieLeeu – Mooi man. Ek self het so lekker Brul gegooi nou net. Supa gaan nou vir ons Moo.
@Ed_the_Lion –
Mooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooo!
@Supa Die Bloubul – Baie dankie Supa, maar ek dink jy praat nonsens…Moenie vir my vertel perdedrolle is vye nie.
@Supa Die Bloubul – 😆
Cheers vir eers, tone nat gemaak – sal bietjie die kietsies (sic) uit die boom uit kyk. Kuier dalk annerdag langer.
Users Online
Total 292 users including 0 member, 292 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,846,497 Page Impressions
_