André Bester
n Springboklose Leeus-span is Donderdagoggend aangewys om die Blou Bulle Saterdag in die Cokeblik aan te durf nadat Earl Rose en Henno Mentz die trekpas gekry het.
Die Leeus het lanklaas (ten minste nie in die laaste sewe jaar nie) sonder ‘n Springbok in die 22-tal in ‘n Curriebeker op die veld draf. Pieter de Villiers se witbroodjie, Rose, word deur nog ‘n opwindende Earl, die UJ se heelagter Earl Lewis, in die laaste vesting vervang.
Johan Jackson, ‘n voormalige leerder van Rustenburg Hoër, vervang Mentz wat ook soos Rose nie ‘n plek in die 22-tal kon kry nie.
Die derde verandering in die agterlyn is op binnesenter waar Pieter Engelbrecht bo Doppies la Grange en Walter Venter gekies is.
In die agtal is die kaptein Baywatch Grobbelaar en die agtsteman Willem Alberts terug op hulle pos. Ironies is die Amerikaner Todd Clever op die bank – die enigste Leeu-speler met internasionale ervaring.
Lions vs Bulle: Earl Lewis; Dusty Noble, Alwyn Hollebach, Piete rEngelbrecht, Johan Jackson; Herkie Kruger, Jano Vermaak, Willem Alberts, Franco van der Merwe, Baywatch Grobbelaar, Willem Stoltz, Nico Luus, Gert Muller, Hans van Dyk, JC van Rensburg. Reserwes: Derek Harwood, Kevin Buys, Johan Snyman, Todd Clever, Derick Minnie, Doppies la Grange, Ruan Boshoff.
@Ed_the_Lion –
Ja nee hel. Ek verloor eerder met 100 punte teen die Leeus…
@Ed_the_Lion –
Sorry Ed. MAar die naam Earl boesem nou nie juis vrees in nie.
@Supa Die Bloubul – bwahahaahaha, ek hoop nie KP is die Guest wat inloer nie, dan is ons altwee weer in die dogboks.
Al die Earls wat ek ken is useless. Earl Rose, daai ou van my name is Earl ens.
@Supa Die Bloubul – wat van Keith Earls en Sandor Earl.
@Ed_the_Lion –
Ek wonder wie is die guests wat so graag inloer…
@Ed_the_Lion -Wie de hel is Sandor Earl?
@Supa Die Bloubul – Ek het ‘n vermoede dit is iemand wat Ed_the_Lion vreeslik baie mis. Ek het mos altyd mense geinspireer.
Ag nee sies Ed!!!! Ek tik Sandor Earl by google in nou kry ek 4 fotos van WP supporters in hulle onnies???!! Dis af…
@Supa Die Bloubul – Hy speel in Australië rugby. Het jy dit nie geweet nie?
@Ed_the_Lion –
Ek dink dis keo en Rob. Hulle wil vir ons briefies los en dankie se vir ons tyd op keo.
39@Supa Die Bloubul – bwahahahahahahahaha..ex-player, KP, SAB en Dawn. 😆
@Ed_the_Lion –
Gaan tik bietjie sy naam by google in-dis n ou in sy flokken onderbroek!
@Supa Die Bloubul – Ek was forseer om daai mense se e-pos nou reguit SPAM toe te laat gaan. Hulle maak my moedeloos. Huil soos klein babatjies.
42@Ed_the_Lion –
hehehee. Sien dis n ou wat rugby league speel, nie union nie. Ek volg nie league. Ek is nou bly, want die ou is oral in onnies. Dis baie af.
@Supa Die Bloubul – bwahahahahha, ek het net gesearch op Earl +RUGBY toe sien ek net die naam. bwahahaha, hy speel nou vir WP.
@Ed_the_Lion –
As Rassie daai speedo fotos sien koop hy Earl dadelik!
Ek is nou lekker honger
Leeus 50
Leeus 50 c
50!
@Ed_the_Lion –
Maak die ouens in speedos jou honger?????
@Supa Die Bloubul – nee flok. stryk werk maak my honger.
Sê jy nie geluk nie.
@Ed_the_Lion –
Magtig, hoe post jy drie keer terwyl ek een in kry…dis net omdat jy webmaster is…geluk Ed.
55@Supa Die Bloubul – Ag baie dankie Supa, jy weet, As jy te oopkop is kan jou brein uitval.
@Ed_the_Lion –
Janee, hou asb jou kop toe.
@Supa Die Bloubul – hehehehe 😆
Ed, daai google mail van someone stole my car is snaaks ne? Ek het dit ook vandag gekry.
@Supa Die Bloubul – Dit is mur snaaks. Ek het seker vir 20 minute gelag. Google is baie slim.
Users Online
Total 84 users including 0 member, 84 guests, 0 bot online
Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm
No Counter as from 31 October 2009: 41,846,740 Page Impressions
_